Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

In memoriam: Derick van der Walt

Henriëtte Loubser In memoriam 2022-03-29

"Derick is hopeloos te vroeg weg. Op 63 het hierdie skrywer van aangrypende tekste soos Lien se lankstaanskoene (2008) en Torings van Jasmyn (2019) nog soveel gehad om vir sy aanhangers te bied; soveel stories wat ons aan sy lippe sou laat hang."

In memoriam: Ronel Nel

Nadine Petrick In memoriam 2022-03-29

"As ek oor jou praat, Ronel, kan ek tog nie anders as om oor foto’s te praat nie. Want my foto’s van jou, maar ook jou bundel met die onvergeetlike titel* slaan vandag ’n blerrie bliksemstraal regdeur my hart en baie ander harte. Nie nét oor Vanderbijlpark is dit grys en troebel nie."

COVID-19 pluk stigma-angel uit geestesongesteldheid

Marietjie Warrington Seminare en essays 2022-03-29

"Zamo Mbele, ’n kliniese sielkundige, het tydens die webinaar gesê dis verblydend dat veral mans nou meer openlike gesprekke voer rondom geestesongesteldheid en dat geestesgesondheid eintlik almal se probleem is."

Elna se Boekstories by KKNK beloof diep genot vir boekwurms

Melt Myburgh, Elna van der Merwe Onderhoude 2022-03-28

Elna van der Merwe, samesteller van die KKNK se Boekstories tydens die fees wat van 29 Maart tot 3 April 2022 op Oudtshoorn plaasvind, vertel vir Melt Myburgh van hoogtepunte op vanjaar se program.

Hoe sê ’n mens totsiens aan ons geliefde prof Jacques?

Wannie Carstens In memoriam 2022-03-28

"Wie gaan nou die sagte woord spreek om grimmigheid te laat bedaar? Wie gaan nou die stem van redelikheid wees in hete debatte oor Afrikaans?" – Wannie Carstens bring hulde aan Jacques van der Elst wat op 25 Maart 2022 oorlede is.

Die nuwe Covid-maatreëls: sinvol, of dalk heel sinloos?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-03-25

"En wie is dan die groter sheeples – die persone wat die regering se instruksies blindelings navolg, of die persone wat besluite neem onafhanklik van wat die regering mag besluit?"

Sonkrag: Kan Suid-Afrikaners wegkom van die Eskom-netwerk?

Freek Robinson, Ben Janse van Rensburg Onderhoude 2022-03-24

Is die son se hitte gratis? En as dit nie ’n sonnige dag is nie, of dit hael, wat gebeur? Freek Robinson gesels met Ben Janse van Rensburg, bestuurshoof van die sonkragmaatskappy Affordable Power Solutions.

Tuis of ontuis – die woonbuurte en stede van ons toekoms

Melt Myburgh, Tarina Jordaan Menings 2022-03-24

Hoe gaan Suid-Afrikaanse stede in ’n post-COVID wêreld lyk? Wat hou die grootste bedreiging vir ons woongebiede in? Wat doen mens as ontwikkelaars jou rustige straat omskep in ’n oorbevolkte studentenes? Tarina Jordaan, LitNet Akademies-navorser, gesels oor die uitdagings en veranderinge in die plekke en ruimtes waar ons woon.

’n Onderhoud met Jerzy Koch oor Pole, Rusland en Oekraïne

Jerzy Koch, Naomi Meyer, Izak de Vries Onderhoude 2022-03-23

"Ons het op 12 Maart agt oorlogsvlugtelinge uit Oekraïne ontvang: vyf volwassenes en drie kinders. Hulle is gehuisves in ons ou woning (wat die ouer seun verhuur het om sy lening af te betaal en waar daar toevallig sedert die vorige maand geen huurders was nie). Hulle is tweetalig Oekraïens-Russies; een praat ook Engels, die ander Frans, opgeleide mense – twee aptekers, een hidrogeoloog en een dermatoloog."

Swerfjaar vir seniors, aflewering sewe: Oor ons ver verlate vlaktes

Marita van der Vyver Rubrieke 2022-03-23

"Dis ’n ander vasteland dié. Dit lyk anders, dit ruik anders, dit vóél anders. Ek voel tuis hier, op ’n manier wat nêrens anders moontlik is nie."

Watse menseregte?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-03-22

"Daar is niks om te vier nie. Menseregtedag het ’n dag geword wanneer ons rou oor die sterfte van die reënboognasie."

Taal van my hart

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-03-22

"Lawe my met rosyne, want ek is flou van liefde. Ek kan rinkink in my taal."

Humor in die oorlogsone: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (21 Maart 2022 om 15:00)

Eben Viktor, Izak de Vries Onderhoude 2022-03-21

Hoe saboteer jy ’n hommeltuig met ingelegde tamaties? Menslikheid, humor en sterk vroue sou ’n goeie opsomming wees van hierdie gesprek met Eben Viktor vanuit Dnipro in Oekraïne. Ook taal. Wat beteken die woord waterpas in Russies?

Antirassisme: Wat is dit en hoekom maak dit saak?

Lidia Rauch Menings 2022-03-21

"Vandag is dit Internasionale Dag vir die Uitwissing van Rassediskriminasie. En dit is nie per toeval op dieselfde dag as Menseregtedag nie. Hoekom word Internasionale Dag vir die Uitwissing van Rassediskriminasie gevier?"

Wat Hobhouse ons van Oekraïne kan leer

Elsabé Brits Seminare en essays 2022-03-18

"Uiteindelik is dit unieke mense en groepe wat in oorlog en in die lyding daarna ’n verskil maak in ander se lewe. Dis 'radikale mense' soos Hobhouse."

Godsdiens, oorlog en sneeuklokkies in die winter van Oekraïne

Pieter GR de Villiers Menings 2022-03-17

"Hoe sonder blaam, sonder geweld en hoe blootgestel en kwesbaar kan geloof tog wees." – Pieter GR de Villiers oor die politieke en kerklike situasie te midde van die oorlog in Oekraïne.

Colonel Hunger and Major Sickness

David Willers Opinion 2022-03-17

"But meanwhile, when Viktor was pressed to describe the essential difference between the bilingual Ukrainians and Russians, essentially speaking one another's language, he said the nearest analogy was that of Ireland and England."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Roelf Meyer

Freek Robinson, Roelf Meyer Onderhoude 2022-03-16

Roelf Meyer was betrokke by die suksesvolle onderhandelinge om ’n demokratiese Suid-Afrika te skep. Sedertdien is hy na tientalle konfliksones genooi om onderhandeling van stapel te stuur. Freek Robinson vra Meyer uit oor hoe onderhandeling plaasvind, wat die prosesse en slaggate is, en uiteindelik ook wat die kanse op vrede in Oekraïne is terwyl Poetin nog aan bewind is.

Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole deur Johan Burger en Aslam Fataar: ’n resensie

Michael le Cordeur Resensies 2022-03-16

"Al wat nodig is, is om nuut oor onderwys te dink."

Virtuele nasate

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-03-16

"By sy begrafnis het my ma vir die eerste keer haar halfsibbe ontmoet. Ek was toe 19. Na die diens het ek op my bed gaan lê en gehuil. Eers met my wang sywaarts op die kussing. Jy kan met een oog huil, soos ’n sikloop. Huil in reliëf, soos ’n sfinks. Huil met jou kop tussen jou hande terwyl die trane bidsnoere maak om jou polse."

Top