Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
KZN-vloedramp
2022-04-21Begin aardverwarming sy tol eis? Of het ander faktore bygedra? Freek Robinson gesels met Dewald van Niekerk en Roelof Burger, albei verbonde aan Noordwes-Universiteit (NWU) se Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur.
Johan van Wyk was elusive, mercurial
2022-04-21"What I found so wonderful about Johan was his mixture of innocence and, to quote John Nankin, his Wikipedia brain. Working with him taught me not only to trust my instincts, but to work with precision and always remain open to chance. Playfulness."
Having lost control of the escalatory ladder
2022-04-21"Putin fears NATO expansion and the loss of his throne. EU countries are scared that Russia will invade them again. Ukraine understandably fears dismemberment. America fears the end of its hegemony. And China is afraid that its rise to great power status will be thwarted. Fear underlies all the guns, bombs and sanctions. It is what lies behind the bellicose statements and absurd propaganda."
Vurige gesprekke verwag by Suidoosterfees se Jakes Gerwel-reeks
2022-04-20Theo Kemp, samesteller van die Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gespreksreeks, laat die aap uit die mou oor die vurige sprekers en onderwerpe wat van 27 April af by Kunstekaap op die tafel geplaas gaan word.
Oo jack hammers, hummingbirds ennie woo’d “passion” onner ’n microscope
2022-04-20"Ek is baie proud oo my achievements, maa in hierrie stage van my liewe wil ek net my liewe enjoy en my achievements enjoy sonner om exhausted te wies deur my passions, sonner om onner pressure te liewe. Ek wil net oukei wees mettie feit dat ek ’n dag of drie kan af vat om nie op my passions te focus en oukei wees daa’mee."
Bokdrolle issie rosyntjies nie, Uncle Cyril
2022-04-19"Nomme een, djy kan maa climate change blame soeveel djy wil virrie balls-up innie Natal in. Maa as die paaie gefix en gemaintain was, dan het die rubbish wat nou angan, nie gebeu nie."
Awie Badenhorst, die eksentrieke wetenskaplike
2022-04-19"Hy kon die meeste groenes se swak wetenskaplike kennis nie verduur nie, maar hy het baie deeglik verstaan dat ons besig is om die aarde op neuk met die manier waarop ons gasse in die lug stoot wat die atmosfeer verhit. Vir die ontkenners, soos Donald Trump en ander wat nie eens die wetenskap probeer verstaan nie, was sy geduld nog minder as vir die groenes."
Swerfjaar vir seniors: Op soek na ou bene
2022-04-19"Dis dalk onvermydelik, as jy ná ’n lang afwesigheid terugkeer na jou geboortegrond, dat jy jou soos ’n hond gaan gedra. Grawe-grawe op soek na ou bene om weer bietjie aan te knaag. Dis nie dat jy honger ly nie. Dis net dat niks so lekker smaak soos lank gelede se bene wat jy self begrawe het nie."
Rhoda Kadalie, ’n dapper vrou
2022-04-19"Sy was ’n intellektuele reus en was diep bekommerd oor alle Suid-Afrikaners en het nooit haar komvandaan ontken nie. Sy het ’n passie vir die onderwys gehad en was teleurgesteld dat die ANC-regering gefaal het om ’n werkbare en volhoubare onderwyssisteem daar te stel wat met die res van die wêreld kan meeding."
Obskure digter word stil
2022-04-19"De Waal Venter se oeuvre strek oor vele terreine van produksie, in verskillende genres van dig-, prosa- en skryfkuns (onder andere romans, wetenskapfiksie, jeugverhale en radiodramas) oor lang periodes, onder etlike heteronieme; en dan veral as vertaler uit verskeie literêre tradisies."
Sprokie
2022-04-19"’n Sprokiesmooi troue. ’n Bruid se grootste dag. Oral in die media word hierdie idee – of mite – aangeblaas."
De Waal Venter in beeld
2022-04-19’n Akademieprys vir vertaalde werk is in 2020 aan De Waal Venter toegeken vir Vandag is boordensvol, sy vertaling van die poësie van Pablo Neruda. Johan Kotze deel sy foto’s van die bekendstelling as ’n huldeblyk.
‘Imagine Africa’. Gorée-instituut voor democratie, ontwikkeling en cultuur in Afrika (1992-2022)
2022-04-14"Nu het instituut dertig jaar actief is, is het tijd voor een nieuw élan. Gesprekken zijn momenteel gaande, niet toevallig is Breytenbach de aanstichter van initiatieven die voor een verfrissende dynamiek zullen zorgen. Namen worden genoemd, fondsen verzameld, er worden namen genoemd van representatieve deelnemers."
Eilandaantekeninge
2022-04-14"Terug in die paradys van soet verrottende tyd, opeens, skielik, asof niks intussen gebeur het nie. En tog – hoe lank? – drie jaar? Waar is dit heen? Wat het daarvan geword? Was dit dan net ’n breuk in bewuste syn?"
Terreur en bevryding: Die ANC/SAKP, die kommunisme en geweld (1961–1990) deur Leopold Scholtz: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2022-04-14"Op die keper beskou is hierdie boek ’n belangrike siening van die kommunistiese invloede op die ANC. Dit is ’n deeglik nagevorste stuk werk met tekortkominge. Enigeen wat in hierdie tipe geskiedenis belangstel, sal die aankoop van hierdie boek die moeite werd vind, en geen behoorlike toekomstige bespreking van die onderwerp sal Terreur en bevryding kan ignoreer nie."
"Do you remember still?"– some unknown juvenilia of Vincent Swart
2022-04-13"Piqued by his anonymity, by how well his poetry survived the passage of years, and by an error – which I learned only later was an error – I started looking for whatever I could lay my hands on concerning Vincent Swart, perhaps South Africa’s best forgotten poet."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Willie Hofmeyr
2022-04-13Ebrahim Patel, die minister van Handel en Nywerheid, het vir Willie Hofmeyr, die bekende korrupsiewaghond en voormalige hoof van die batebeslagleggingseenheid, aangestel om in die raad van die Nasionale Loterykommissie te dien. Freek Robinson vra hom uit oor wat hy daar aangetref het en wat hy beplan om daar te doen.
Lyriek van Stefan Hertmans in Afrikaans
2022-04-13Ter gelegenheid van Stefan Hertmans’ zeventigste verjaardag vertaalde Daniel Hugo in totaal acht gedichten in het Afrikaans. De vertaling is de introductie van Hertmans’ poëzie in Zuid-Afrika.
Liefde is ... oorlogskuns: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (12 April om 15:00)
2022-04-13In Oekraïne is beelde, wat gebaseer is op die strokiesprent Liefde is ..., op verskeie groot advertensieborde aangebring. Viktor gesels oor hierdie makabere kunswerke, en ook oor liefde, troues en die wisjiwanka, ’n tradisionele Oekraïense hemp met fyn borduurwerk op.
Laat die klokke beier met Tiffany Ng
2022-04-13"Wie kan die bekendste literêre beiaardier, die tragiese Qasimodo van Hunchback of Notre Dame, vergeet? Maar beiaardiers in die regte lewe? Voor Tiffany Ng, professor en musikoloog in die Skool vir Musiek, Teater en Dans aan die Universiteit van Michigan en amptelike universiteitsbeiaardier, het ek nooit vantevore een ontmoet nie."
