Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Leon Schreiber oor US en Afrikaans

Freek Robinson, Leon Schreiber Onderhoude 2022-05-05

Leon Schreiber, DA-LP, is onlangs tot die Universiteit Stellenbosch (US) se raad verkies. Freek Robinson gesels met hom oor die debat wat nie wil gaan lê nie.

Fury (1936) wys waarom Malema se vigilantewaarskuwing veroordeel moet word

Izak de Vries Menings 2022-05-05

"Julius Malema het die grens van welvoeglikheid oorgesteek toe hy na bewering gedreig het dat die EFF moontlik die reg in eie hande kan neem as hulle die moordenaars opspoor voor die polisie dit kan regkry. Dalk kan ’n baie ou film help om die gevaar van sulke uitsprake te verduidelik."

Op soek na regsekerheid in die warboel van abduksie, menseroof en mensehandel: ’n onderhoud met Beatri Kruger

Naomi Meyer, Beatri Kruger Onderhoude 2022-05-04

"Die regsonsekerheid tussen abduksie, menseroof en mensehandel bestaan dikwels omdat die regsdefinisies van hierdie misdade soms nie korrek en konsekwent toegepas is in regspraak nie en omdat sekere wetgewing ook onduidelikhede bevat. Hierdie probleme kan en moet uitgewys en aangespreek word – dit is wat die artikel wil uitlig."

China se visie vir ’n nuwe wêreldorde

Fanie Herman Seminare en essays 2022-05-04

"China gaan ook doelgerig te werk om Amerikaanse invloed in die Asies-Pasifiese streek te beperk en die oorheersende moondheid in die streek te word." – Fanie Herman van die Universiteit van die Vrystaat se Departement vir Politieke Studies en Regeerkunde bespreek die Chinese se visie vir ’n nuwe wêreldorde.

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – en my pad met die onderrig van Afrikaans

Estelle Kruger SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-05-03

"Dit was ’n aangrypende ervaring om voor (opstandige) hoërskoolseuns in die klas te staan terwyl die 1976-onluste rondom Afrikaans as onderrigmedium in Soweto plaasgevind het. Hoe verduidelik en regverdig ’n mens dit dat leerders gedwing word om in die 'landstaal' onderrig te ontvang, terwyl jou eie politieke oortuigings nog aan die ontwikkel is."

Teerpad, eikebome en Good’s Motel

Elise Bishop Rubrieke 2022-05-03

"Die Town Council wou niks weet van ’n bypass soos happened by Middelburg nie – die national road moet dwarsdeur die dorp loop otherwise gaan die winkels niks commercial growth hê en bigger income kry nie. Die dorp sou skade ly nes Middelburg."

Is dit die laaste sien van die blikkantien vir Roe v Wade?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-05-03

"Om beëindiging van swangerskappe te verbied, gaan veel verder. Dis die begin van vele inperkinge op ’n vrou se regte. Daar is geen voorsiening vir sosiale dienste om die kind wat nou teen wil en dank in die lewe gebring gaan word, te versorg nie. Dit beteken dat vroue nou potensieel verder in armoede gedompel gaan word."

Daar is nog hoop: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (2 Mei om 15:00)

Eben Viktor, Izak de Vries Onderhoude 2022-05-03

Daar is nog hoop, sê Eben Viktor, maar alles is nie rooskleurig nie. Hy praat oor die positiewe dinge wat steeds gebeur, maar ook oor die verontmensliking van die oorlog. Luister ook hoekom ’n Afrikaanse gedig wat op LitNet verskyn het, nou op PEN Oekraïne se webblad verskyn – in Oekraïens, en in Engels.

Jakes Gerwel-gespreksreeks (Suidoosterfees): Oekraïne kan tot kernoorlog lei

Jean Oosthuizen Suidoosterfees 2022-04-29

"Die ANC se onwilligheid om ’n sterk standpunt teen die oorlog in Oekraïne in te neem, het hierdie boekgesprek oorheers. Die oud-ANC-politikus Ronnie Kasrils is ’n marxistiese revolusionêr wat sy militêre opleiding in die 1960’s tydens die ou Sowjetunie se bewind in Oekraïne ontvang het. Tydens sy opleiding in Odessa was Oekraïne nog deel van die USSR."

Jakes Gerwel-gespreksreeks (Suidoosterfees): Krotoa – wat beteken sy vandag?

Jean Oosthuizen Suidoosterfees 2022-04-29

"Die vraag wat tydens die fees op Vryheidsdag aan die orde gestel is, was hoe betrek ons hierdie historiese figuur in ons siening van ras en identiteit vandag in ’n demokratiese, multikulturele Suid-Afrika?"

Fotogalery: Jakes Gerwel-gesprekke (Suidoosterfees 2022)

Menán van Heerden Suidoosterfees 2022-04-28

Die jaarlikse Suidoosterfees het op 27 April afgeskop. Menán van Heerden het drie Jakes Gerwel-gesprekke, aangebied deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV, op 27 April bygewoon. Hier volg ’n fotogalery van die sprekers en gesigte by die gesprekke oor Krotoa ("Wat beteken sy vandag?"), As die katjiepiering blom en ’n Baie lang brief aan my dogter.

Ramadaan on Dorp Street

Zubayr Charles Opinion 2022-04-28

"So, as I stand on my stoep, looking up at the two rows of houses, I make the niyyah to pop around to each home and ask my neighbours what makes Ramadaan so special here on our street."

Afrikaans se eerste KI-gedigte

Imke van Heerden Menings 2022-04-28

Die eerste KI-gedigte in Afrikaans is deur ’n navorsingspan in Istanboel in samewerking met die skrywer Etienne van Heerden geskep. AfriKI – Afrikaanse Kunsmatige Intelligensie – is hul taalmodel.

Dobbelary: Enkele gesigspunte

Handré Brand Seminare en essays 2022-04-26

"Ek het die geleentheid gehad om vroeg in die tagtigerjare ’n interessante gesprek te voer met ’n groep professionele dobbelaars (bekend as ’n junket-groep)  in Las Vegas, Nevada voordat dobbelary amptelik binne die grense van Suid-Afrika toegelaat is."

Oekraïne-Rusland-konflik: Wie gaan eerste ingee?

Freek Robinson, Theo Venter Onderhoude 2022-04-26

Tot watter mate kan die Weste met die onstabiliteit saamleef? Watter guns het Poetin onopsetlik aan Navo bewys? Watter prys betaal die Russiese ekonomie weens Westerse sanksies? Freek Robinson vind meer uit by Theo Venter, politieke en beleidspesialis. 

Replika: ’n Kunsmatige Intelligensie- (KI-) metgesel in ’n gebroke wêreld

Burgert A Senekal Menings 2022-04-26

"Op die gebied van die sielkunde bied gespreksagente wat deur middel van KI werk ’n nuwe en bruikbare hulpmiddel. KI-gespreksagente word gebruik vir selfdoodvoorkoming en kognitiewe gedragsintervensie, en hulle kan sielkundige hulp meer toeganklik maak vir mense wat huiwerig is om met ’n psigiater of sielkundige te praat of wat nie andersins toegang tot professionele hulp het nie."

Oupa en Ouma se kombuis

Elise Bishop Rubrieke 2022-04-26

"As Ouma se tafelklokkie dus gelui het, moes jou neus klaar geblaas wees, jou hande gewas wees en jy moes jou plek ingeneem het langers die tafel oppie tolletjiesstoele. Jy moes nie nog bodder om te krap waar dit jeuk nie – Ouma het geroep."

’n Boodskap oor Dawie de Villiers se heengaan

Roelf Meyer In memoriam 2022-04-26

"Dawie se lag was aansteeklik en sy humor sonder ophou. Maar ook sy energie en persoonlike gesondheidsbeoefening was voorbeeldig. Dawie was te alle tye ’n ware leier wat niks vir homself gevra het nie."

Hoort daar ’n sunset clause op apartheidskuld te wees?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-04-26

"Dan is genoeg genoeg."

Oekraïne en die kernopsie: van afskrikking na aanwending

Theo Venter Seminare en essays 2022-04-21

"Dit is om hierdie rede dat lande soos Kanada en Europese lande kernoorloë vrees, omdat die aanwending nie in die VSA of Rusland sal plaasvind nie, maar dat die doodsakkers eerder op hulle grondgebied sal wees. As oorlog egter ‘n vorm van onderhandeling is, waaroor word dan onderhandel?"

Top