Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Die posisionering van Afrika in China se internasionale strategiese raamwerk

Fanie Herman Seminare en essays 2022-06-29

Fanie Herman, navorsingsgenoot in die Universiteit van die Vrystaat se Departement vir Politieke Studies en Regeerkunde, verduidelik hoe Afrika inpas in China se strategiese benadering tot internasionale sake.

Is Women's Month op steroids?

Tasneem Daniels Menings 2022-06-29

"Dis amper Women’s Month en ek prepare myself vi allie mass media galore waarie 'women’s empowerment' thread heeltemal uitgetrek sal wôd, en vi ’n maand vi ammal laat gloe dat ôs vroumense woon nie in ’n wereld wat vi ôs degrade’ie ... Ek refuse om getricked te wôd om te gloe dat my enigste anner option is innie wêreld te woon as ’n angry feminist."

Water: Wag daar ’n ramp op ons?

Freek Robinson, Abri Vermeulen, Charl van der Walt Onderhoude 2022-06-29

Is die waterkrisis so akuut soos die Eskom-krisis? Ingenieurs Abri Vermeulen en Charl van der Walt skets vir Freek Robinson die breë prentjie oor watersekerheid, vaardigheidstekort, veilige drinkwater, water-en-sanitasie-infrastruktuur, klimaatsverandering en vinnige verstedeliking.

Die "klein mannetjie" met die reusestem

Heindrich Wyngaard In memoriam 2022-06-24

"'Moenie my groter maak as wat ek is nie,' het James Bhemgee, wat hierdie week oorlede is, altyd gekeer wanneer ’n goeie vriend, Rif’at Bowers, hom op die verhoog voorstel. 'Ek is,' sou hy dan byvoeg, 'maar ’n klein mannetjie.' ... Maar die rykheid van James Bhemgee se stem sal onverdoofbaar bly deur die oorgawe waarmee hy die slotreël van 'Nessun Dorma' uitbasuin: 'Vincerò! Vin-ce-rò!' Dit was ongetwyfeld dié 'klein mannetjie' met die reusestem se persoonlike oorwinningskreet."

Die skielike heengaan van James Bhemgee

Danie van Wyk In memoriam 2022-06-24

"James Bhemgee was ’n bekende tenoor in die Kaap wat nooit die hoogtes bereik het waarvoor hy bestem was nie," sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk.

"Ons moet politiek uithaal uit die onderwys."

Freek Robinson, Wilna van Heerden Onderhoude 2022-06-22

Die onderwys moet fokus op die volgende: Wat is die beste vir leerders? Freek Robinson gesels met Wilna van Heerden, skoolhoof van die Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch.

USAN 2022 – ’n gesprek met Carmi Britz

Naomi Meyer, Carmi Britz Seminare en essays 2022-06-22

"Afrikaans is deel van ’n mens, dit is ’n identiteitsmerker. Dit is soms moeilik om die vakgebied van die individu of identiteit te skei of te onderskei. Wanneer iets negatiefs oor Afrikaans gesê word, voel dit dus amper asof daar iets negatiefs oor die Afrikaanssprekende gesê word."

Ysterhoudende geotermiese fonteinwater

Handré Brand Seminare en essays 2022-06-22

"Gedurende hierdie ondergrondse 'reise' van die verhitte water word verskeie chemiese bestanddele in die water opgelos wat terselfdertyd medisinale voordele kan inhou."

Gesprek: Multimodale reflektiewe leerdersportefeuljes (MRL) en selfgerigte lees

Ronel van Oort, Estelle Kruger Onderhoude 2022-06-22

"Hoe kan ek letterkunde en leesgeletterdheid kreatief onderrig en dit steeds met die KABV se vereistes integreer?" Ronel van Oort van Noordwes-Universiteit beantwoord hierdie en ander vrae waarmee opvoeders worstel aan Estelle Kruger.

Huldeblyk aan Matthys Strydom (1935 – 2022)

Amanda Botha In memoriam 2022-06-21

"Met openingsaande was daar ’n tou voor die deur van gaste wat gretig was om binne te kom. Geen voorskoue is gehou nie en dit het twee weke geduur om die werke te hang en te plaas. Baie van die kunstenaars het ook die openingsaand bygewoon en die wedywering van die gaste om die werk te sien en die eerste te wees om te kan koop, was aansteeklik."

Kô lat ôs praat oo food security, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-06-21

"Uncle is actively besag om, in ôs ammel se name, die kant vannie oppressor te vat en te try benefit uit hulle crimes. Dis worse dan Thabo se quiet diplomacy, worse dan Zuma se Bashirgate en firepool-gate. Djulle ammel vat ôs vi gatte, en somewhere gan dit djulle inhaal."

Swerfjaar vir seniors: ’n Vreemde, bekende wonderland

Marita van der Vyver Rubrieke 2022-06-21

"Ons ry deur die een skilderagtige dorpie na die ander, van die Savoie-streek naby die Switserse grens waar nog een van ons seuns woon, deur die Auvergne, Lozère, Corrèze, op pad na die Dordogne waar ons ’n paar weke in ’n geleende kliphuisie gaan vertoef."

Collaboration – the moral maze of the enemy within

David Willers Opinion 2022-06-20

"Painful choices had to be made, if Meyer was to save both his house and his delicate wife from the privations of the crowded concentration camps, rife with disease and primitive sanitation. In Meyer’s view, the war was taking too brutal a toll, and would be lost in any event. Honourable surrender was the best way forward."

"Afrika is nie vir sissies nie": Wat is die verband tussen witwees en manlikheid?

Christi van der Westhuizen, Theo Sonnekus Onderhoude 2022-06-20

Christi van der Westhuizen en Theo Sonnekus gesels oor hoe witwees en manlikheid histories ineenskakel aan die hand van sy hoofstuk in haar nuwe boek, die Routledge International handbook of critical studies in whiteness.

Reflections oppie launch vannie Dictionary of loanwords in the Cape Muslim vernacular (Mogamat Alexander)

Tasneem Daniels Menings 2022-06-17

"Ommie launch vannie Dictionary of loanwords in the Cape Muslim vernacular deur Mogamat Alexander te witness was actually ’n dream come true ... Ek was honoured om ’n LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program te doen met Robyn van de Rhede, en innie insetsel het ôs gepraat vannie Cape Muslim vernacular en Kaaps, hoe hulle dieselle is en hoe different dit kan wies, ennie feit dat elkien van hulle nie legal tale of dialects in Suid-Afrika is nie – legal innie boardroom, education, media en alle public en official spaces."

Jeugdag: Ons moet standpunt inneem vir toekoms

William Sezoe Menings 2022-06-15

"Wat is ons bereid om vandag op te offer ter wille van die toekoms van onsself, die generasies wat nog moet kom en die toekoms van ons land?"

Political irony

Veronique Jephtas Menings 2022-06-15

"Die youth is up to date. Die youth is wys. Die youth, more than ever, is armed met knowledge at their fingertips. Die government dink net ôs wietie."

Jeugdag – wat moet die jeug doen om gehoor te word?

Cliffordene Norton Menings 2022-06-15

"Die jeug en hul kwessies kry slegs aandag op Jeudag óf as hulle dood is. Natuurlik kan dieselfde gesê word van enige saak, maar wil ons nie beter hê vir ons jeug nie? ... Waarom moet hulle eers sterf en ly voor ons na hulle luister?"

Die supermassiewe gravitasiekolk in die middel van die Melkweg

Elsabé Brits Seminare en essays 2022-06-14

"Dit is die eerste regstreekse bewyse dat daar inderdaad ’n gravitasiekolk in die Melkweg is. Hoewel ’n mens nie die donker, digte kolk self kan sien nie, is die sentrale deel genaamd die skaduwee duidelik sigbaar. Dit is deur ’n helder ringstruktuur van warm gas omring."

USAN 2022 – ’n terugblik met Aletta Simpson

Naomi Meyer, Aletta Simpson Seminare en essays 2022-06-14

"Noudat ek dikwels dink oor humor en postkolonialisme, ontsluit dit vir my ’n heel nuwe aspek van Afrikaans. Dink Evita Bezuidenhout, David Kramer en Taliep Petersen, Adam Small, Nataniël, Schalk Bezuidenhout, Casper de Vries, Loukmaan en Emo Adams, Joe Barber, Vetkoekpaleis."

Top