Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Boeke – verlies en toeverlaat

Jean Meiring Seminare en essays 2022-07-20

"Selfs in boeke en tussen woorde – wat in een sin tog ontsnapping bied – is verlies só dikwels voorop. Boeke verdwyn. Ook woorde, tongvalle, maniere van sê."

Reguit met Robinson: A conversation with John Simpson from BBC News

Freek Robinson, John Simpson Interviews 2022-07-20

What is Boris Johnson's legacy? What lies ahead for British politics, society and foreign policy? Freek Robinson interviews John Simpson, world affairs editor of BBC News.

Die sirenes loei, "Your Excellency"

Eben Viktor Menings 2022-07-20

"Your Excellency. Hoe kan dít, komend van ’n Afrika-leier, anders klink of geïnterpreteer word as met die ondertoon van ’n slaafse mentaliteit? Hoe hét dit gebeur dat ons so kort ná die bevryding van een koloniale bewind, gereed is om ’n volgende brutale een te omhels?"

Tienerswangerskappe: Ons dogters brand in COVID-19-spervuur en nóg gloei die kole …

Marietjie Warrington Menings 2022-07-20

"Luidens die Departement van Gesondheid het die aantal babas van tienermoeders in Suid-Afrika se mees bevolkte provinsie, Gauteng, sedert die begin van die COVID-19-pandemie met 60% gestyg."

When we want success for ourselves, we must want success for others

Zubayr Charles Opinion 2022-07-19

"Izzart removed the laces of the sneakers and washed them separately. He tapped lukewarm water into a transparent bowl and generously sprayed TopShelf Sneaker Cleaner product on various targeted areas – everything done with precision."

USAN 2022 – ’n onderhoud met Ancheri Götze

Naomi Meyer, Ancheri Götze Onderhoude 2022-07-19

"My navorsing val binne die veld van Afrikaanstaalverwerwing. Ek het vir my MA-verhandeling ses taakgebaseerde lesse ontwerp waar Instagram as ’n digitale hulpmiddel gebruik word om Afrikaanse woordeskat aan te leer, te oefen en ook aan nuwe woorde blootgestel te word."

USAN 2022 – ’n onderhoud met Danie Stander

Naomi Meyer, Danie Stander Onderhoude 2022-07-19

"Sien ek ’n toekoms vir Afrikaans en Afrikaanse navorsing en navorsing in Afrikaans? Ongetwyfeld, ja."

Die metaversum: Web 3.0 en die opkoms van digitale leefwêrelde

Burgert A Senekal Menings 2022-07-19

Wat behels virtuele werklikheid? Werknemers kan in ’n virtuele kantoor werk waar hulle steeds gesprekke met kollegas kan voer. Mediese studente sal virtuele operasies kan uitvoer. Virtuele werklikheid kan afstandsleer meer interaktief maak deur studente se avatars in ’n klas te plaas waar hulle vrae kan vra en met ander studente kan saamwerk. Dit is ook in beginsel moontlik om ’n student in Wene in 1683 te plaas sodat hy of sy groot geskiedkundige gebeure kan ervaar. Taalstudente sal ook met moedertaalsprekers in gesprek kan tree en daardeur hul taalvaardighede opskerp. Burgert Senekal vertel meer.

Smaak my ôs is in ’n abusive relationship, uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-07-18

"In elke mens se liewe kô daa sieke maa ’n dag lat jy realise jou hero het voete van klei. Ek hettie gedink daai dag sal vi ôs twie aanbriek ie, maa smaak my dis nou sukke tyd."

Jakes Gerwel: die wording van ’n legende

Heindrich Wyngaard Seminare en essays 2022-07-18

"'In honour of a legend,' lui die uitnodiging na ’n besonderse geleentheid wat hierdie week by die Universiteit van Wes-Kaapland gehou word. Hiertydens sal die universiteit se Hoofsaal hernoem word na ’n eertydse visekanselier en rektor, prof Jakes Gerwel, wat ’n mens onwillekeurig laat wonder hoe 'Prof' op dié eerbewys sou gereageer het."

Jeugboeke se storm en drang: Onstuimige gesprekke en versugtings na tienerreekse wat die ouers onthou

Naomi Meyer, Anke Theron Onderhoude 2022-07-14

"Ja, ek dink dit is juis die nostalgie en emosionele waarde wat ouers en veral ’n spesifieke generasie aan so ’n boekreeks heg wat boeke help verkoop. Mens moet darem ook nie vandag se tieners en jong lesers onderskat nie. As ’n jong leser een boek uit ’n reeks optel en begin lees, dan is dit gewoonlik neusie verby."

Die ekonomie van welstand en lewenskwaliteit

Freek Robinson, Talita Greyling Onderhoude 2022-07-14

Hoe voel Suid-Afrikaners tans? Wat is geluk? Hoe kan dit gemeet word? Freek Robinson gesels met ekonoom Talita Greyling oor Suid-Afrika se Gelukkigheidsindeks.

Trompie ’n chauvinis?

Estelle Kruger, Corene de Wet, Dewald Koen Onderhoude 2022-07-14

Corene de Wet se navorsingsartikel in LitNet Akademies oor genderstereotipes in Topsy Smith se Trompie-boeke het groot verontwaardiging op LitNet se Facebook-blad ontlok. Hier gesels Corene en Dewald Koen met Estelle Kruger oor die artikel.

Barry Ronge (1947–2022)

Shaun de Waal In memoriam 2022-07-14

Barry Ronge passed away on Sunday 3 July 2022. Shaun de Waal remembers him.

Swerfjaar vir seniors: Op soek na ’n holte vir swerwersvoete

Marita van der Vyver Rubrieke 2022-07-14

"Maar ek kan nie aftree nie, ek moet aanhou skryf, en hoewel my voete altyd sal aanhou kriewel om verder te reis, begin my vingers ook teen dié tyd jeuk om weer ’n slag ’n boek te skryf."

Centenary of the 1922 Bondelswarts Uprising

Rodney Warwick Opinion 2022-07-13

"This year marks the centenary of the Bondelswarts Uprising in Namibia – then South West Africa – between late May and early June 1922, and its prompt crushing, which resulted in Jan Smuts’s British Empire-supporting South African Party government attracting significant national and international criticism. What drew attention was the manner of this historically Nama group’s suppression ... This tragic episode followed a long history of fierce Bondelswart resistance against intrusion into their independence."

USAN 2022 – ’n onderhoud met Marthie de Waal

Naomi Meyer, Marthie de Waal Onderhoude 2022-07-13

"My hart is in gestremdheidstudies. As ek vir een aanleerder of opvoeder die proses kan vergemaklik, sal my hart bly wees. My doel is om voort te gaan in taalverwerwing en gestremdheidstudies en mettertyd verskeie navorsingstukke te produseer wat aan opvoeders riglyne bied (wat ek nie noodwendig gehad het nie)."

Boris: Hero to zero in three years

David Willers Opinion 2022-07-13

"So, what went wrong? A number of unfortunate coincidences, probably. Most notably, being a man whose reputation as a true libertarian in the John Stuart Mill mould was established, he himself fell foul of too much libertarianism when it entered the sphere of his own life, which, when he became prime minister, made his private behaviour a public spectacle."

Die energiekrisis na 11 jaar herbesoek

Koos Holtzhausen Seminare en essays 2022-07-12

"Eskom is in die posisie van ’n trekboer met te min osse om die hele vrag te trek. Daarom word van die vrag afgegooi ('loadshedding'). As hy dit nie doen nie, sal hy die hele span ooreis en sal die hele span inmekaarsak. In die geval van ’n kragstelsel raak dit onstabiel en skakel af."

USAN 2022 – ’n onderhoud met Lobke Minter

Naomi Meyer, Lobke Minter Onderhoude 2022-07-12

"In my meestersverhandeling het ek op Frankenstein gefokus, en die 'creature' het ek besonders interessant gevind. Hy is uit verskeie liggaamsdele saamgestik en dit het my laat dink aan hibriditeit en die manier waarop littekens dikwels gebruik word om karakters te stereotipeer, al is die litteken self ’n fenomenale manier waarop die liggaam homself genees."

Top