Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Ankerkaroo, groen lusern en klein liberale vrysinnige kerkies
2022-08-03"Sommige skape mag terugkyk deur die oop hekkie na die veld waarvandaan hulle kom en dit in vergelyking met die groen en pers lusernland onaantreklik vind. My pa se lusernkampie bestaan lankal nie meer nie."
LitNet Akademies Weerdink: ’n Perspektief op die Kairos Netwerk-NG Kerk-kontroversie
2022-08-03"Uit die berigte oor die byeenkoms word die groepering verenig in dit waarteen hulle beswaar maak. Hulle het dit teen besluite van die NG Kerk rakende selfdegeslagverhoudings en veral die Skrifbeskouing wat ten grondslag van die besluite lê."
Wydlopende kommentaar deur akademici op Van Coller-debat
2022-08-03Nadat Hennie van Coller as voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Letterkundekommissie bedank het, het prominente persone in die akademie op LitNet kommentaar gelewer oor die debat wat ontstaan het. Lees hier wat hulle sê, en sê ook jou sê.
Gesprek van Estelle Kruger met Fanie Viljoen en Daniël Hugo oor hulle grafiese roman Laaste lewe (2020)
2022-08-02"Strokiesprente kombineer die visuele en geskrewe wêreld op ’n unieke manier. As bonus is dit vermaaklik."
Kom ôs praat sake vannie hart, Uncle Cyril
2022-08-02"Ek worry oor Uncle se bloeddruk. Het dit darem al afgekom na daai lelike storie vannie geld innie matras? Sorry, ek mien innie sofa. Mens is al soe gewoon lat ammel hulle geld onnerie matras sit lat mens vegiet Uncle is meer sturvy as daai."
USAN 2022 – ’n onderhoud met Marishan Hendricks
2022-08-01"Afrikaans behoort aan enige persoon wat die taal magtig is. Ek dink nie Afrikaans is ’n eiendom wat aan een spesifieke groep behoort nie, en ek glo nie daar moet na Afrikaans op so ’n manier verwys word nie. Afrikaans is ’n kommunikasiemiddel, soos enige ander taal, maar ryker in sekere opsigte as gevolg van die taal se geskiedenis."
Herinneringe aan my onderwysloopbaan – op reis na akademiese uitmuntendheid en innovasie
2022-08-01"My verhouding met die leerders en studente het vir my toenemend belangrik geword. Ek het omgegee vir hul persoonlike ontwikkeling, die ontdekking en realisering van hul potensiaal en hul ervaring van gebrokenheid in hul wêreld, tesame met die soeke na kreatiewe oplossingsmoontlikhede binne hul bereik."
USAN 2022 – ’n onderhoud met Mart-Mari van der Merwe
2022-07-27"Vir my meestersgraad in Afrikaanse taalkunde is ek besig om prototipiese Afrikaanse taboewoorde te ondersoek."
Solidariteit: "Hoe kan ons help, Eskom?"
2022-07-26Eskom het ’n kritieke vaardigheidstekort. Freek Robinson gesels met Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond Solidariteit.
USAN 2022 – ’n onderhoud met Samantha Miller
2022-07-26"Ek is veral geïnteresseerd in die Afrikaanse uitgewersbedryf. Blootstelling van minderheidstale in die buiteland en die verkoop van neweregte is veral my passies."
Van Coller – storm in ’n espressokoppietjie
2022-07-25"Van Coller se artikel, op die oog af oor literatuur, het eintlik onbedoeld ’n belangrike ander gesprek oopgemaak, een oor wie gehoor word en wie mag kritiseer. Dis ook ’n belangrike les in hoe kritiek hanteer word."
Die Grondwet, nie kansellering nie, omsoom die openbare gesprek
2022-07-25"Die standpunt dat druk om ’n pos weens beskermde dog ongewilde stellings te ontruim geskei kan word van ’n persoon se reg om beskermde stellings te mag uiter, maak nie sin nie, want openbare bedankingsdruk kalwe juis weg aan daardie beskerming."
US se Afrikaans en Nederlands-departement rig ope brief aan Akademie: Onthef Van Coller van sy pligte
2022-07-25"Indien die SA Akademie met prof Van Coller se mening geassosieer word ... sal dit vir ons moeilik wees om beurse van die Akademie aan ons studente as opsie voor te hou, en ook om hulle aan te moedig om byvoorbeeld aan die jaarlikse studentesimposium deel te neem."
Hennie van Coller’s politicisation of children’s literature polemic
2022-07-25"So to Anne-Marie Beukes. Rather than distance yourself from Van Coller’s article, which is inconclusive on the allegations of homophobic tendencies, in my humble opinion, distance yourself from the Snow White storyline of the organisation you head up."
SASNEV-persverklaring: Van Coller moet verskoning vra
2022-07-24SASNEV-bestuursraad: "Dit is ons eenparige mening dat een individu se standpunte nie die pogings van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns om relevant in die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap te wees op hierdie manier in die wiele mag ry nie."
Dit sou inderdaad skokkend wees: ’n analise van Hennie van Coller se ope brief aan SJ Naudé
2022-07-24"Van Coller sê onomwonde dat, sou hy homoseksualiteit saam met verkragting en molestering gelys het, dít skokkend sou wees ... Van Coller doen ... twee keer presies wat voor sy deur gelê is: hy lys homoseksualiteit 'saam met verkragting en molestering' ... Om Van Coller se eie woorde aan te haal: Dit is skokkend."
Lede van SA Akademie se Letterkundekommissie bedank oor Hennie van Coller se omstrede rubriek
2022-07-22Marius Crous en Andries Visagie het as lede van die SA Akademie se Letterkundekommissie, onder voorsitterskap van Hennie van Coller, bedank weens die onaangenaamheid rondom menings wat Van Coller in ’n rubriek oor randfigure in kinder- en jeugverhale gelug het.
SJ Naudé se toespraak by ontvangs van die Hertzogprys
2022-07-22"’n Seker manier om mense ontuis te laat voel in Afrikaans en om die taal in haar weerlose posisie skade aan te doen, is om onsensitiewe sentimente uit te druk rondom wie normaal of gewoon sou wees al dan nie, wie in die hoofstroom mag swem en wie in die systrome, wie in die kern hoort en wie maar op die rande moet bly beweeg. Dit is ’n gesindheid wat die huis van Afrikaans kan laat leegloop."
Wat beteken die eerste foto’s van die James Webb-ruimteteleskoop?
2022-07-20"Ons is die sterre en hulle is ons."
Ons moes in die gang slaap: Eben Viktor berig uit Oekraïne (19 Julie om 14:00)
2022-07-20Liza met haar pienk popwaentjie is een van drie kinders wat gedood is deur ’n missiel uit ’n Russiese duikboot. Twintig ander het ook in die voorval omgekom. Twee dae later tref missiele, vanaf een of meer bomwerpers afgevuur, ’n fabriek ongeveer ’n kilometer van Eben Viktor se huis in Dnipro af. Die fabriek word verbind word met Elon Musk se ruimteprogram. Drie mense is dood. Eben en sy vrou slaap in die gang vir die res van die nag. Hoe oorleef die inwoners van Oekraïne?
