Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Die feite, flaters en hoop rondom menopousale vet, dieet en oefening
2022-08-19"Nadat Susan begin het met die nuwe oefenprogram en dieet wat uitgewerk is om by haar behoeftes, bou en gene te pas, het haar lewe verander." Petra van Tonder het ’n onderwerp ondersoek wat baie mense terneergedruk stem. Lees ook nog ander LitNet-artikels oor dieet, oefen en algemene leefstyl en welstand wat onderaan hierdie artikel geskakel is.
Elders gesien: Hulde aan Piet Egbert Westra
2022-08-18"Hy het ook binnelands die Veiligheidspolisie so ver gekry om hom toe te laat dat sogenaamde verbode literatuur oor die land bestel en opgeneem kon word. Hiervoor is die Albie Sachs Prys in 2010 aan hom toegeken."
Reguit met Robinson: Kroonstad neem eienaarskap
2022-08-18Die gemeenskap van Kroonstad, Kwêla se Dorp van die Jaar 2022, ruk self hul dorp reg, onder die vaandel van die organisasie Ignite & revive. Freek Robinson gesels met die sakeman André van Pletzen, ’n stigterslid van hierdie niewinsgewende inisiatief.
Wat beteken die woord hoop in ons huidige klimaat?
2022-08-18"Hoop is magteloos, kragteloos as dit nie op dade en aksie gebou is nie, nie ’n werkwoord is nie. ’n Vierletterkragwoord is nie. Dade is soos sade en hoop is die lote. Werp jou brood op die water en die hoop beskaam nie."
USAN-kongres 2022 – 'n terugblik: Jerome Coetzee
2022-08-18"Ek wou aanvanklik iets doen oor die magiese in die letterkunde – ek is gefassineer met hoe Afrika se magiese verteenwoordig word in die letterkunde. Ek het Afrofuturisme as invalshoek gevind met die lees van magiese tekste en die fliek Black Panther. Na dit kon ek nie ophou daaroor lees nie."
Die aandrang op slegs Engelse onderrig op universiteit is selfvernietigend
2022-08-17"Die anti-Afrikaanse gemoedsuitinge by Unisa en ander historiese Afrikaanse universiteite om polities korrek te wil wees dra dan onbedoelend by tot dié frustrasie van swart studente. Trouens, op die duur word hulle vernietig deur hul slegs-Engels-benadering wat hulle onnadenkend en slaafs navolg."
Die "armoede" van ’n ryk taal
2022-08-15"Wat het ek, moet Afrikaanssprekendes hulself gedurig afvra, wat ons taalgenote kan nuttig?"
Salman Rushdie-aanval: watter reg is eintlik onder beleg?
2022-08-15"Salman Rushdie, die bekende en bekroonde Brits-Indiese skrywer, is Vrydag in New York-staat aangeval net voordat hy ’n lesing sou lewer oor die belangrikheid daarvan dat skrywers wat weens politieke en/of ander vervolging bannelinge is, veilige vesting behoort te ontvang, en die belangrike rol wat die VSA in dié verband speel."
Om jou ’n ander se jeug te verbeel
2022-08-11"My pa is in 1926 in Pretoria gebore, die derde van ses kinders. Sy pa is dood toe hy ses, amper sewe was. Hy het ’n hart met ’n swaeltjie daarin uit klip gekerf en saamgestuur hospitaal toe, waar sy pa met breinvliesontsteking gelê het. Sy pa is dood voor hy die swaeltjie kon kry. Dis nou in my besit."
LitNet Akademies Weerdink: Die mens is sy liggaam – ’n semi-outobiografiese herwaardering van Johan Degenaar se filosofiese mensbeskouing
2022-08-11"Ek voel byna daagliks Lina Spies se ontswagteling uit die grafdoeke van leed en verlies aan my lyf. Dáármee moet ek saamleef, om in die lig van die hiermaals daagliks op te staan totdat die einde aanbreek. Al wéét ek dat, soos vir my medediere, die Vergetelheid, die Niksheid op ons wag."
Oekraïens – familie, maar nié ’n variant van Russies nie!
2022-08-11"Oekraïens en Russies is deel van die Slawiese taalfamilie, wat ook Pools, Tsjeggies en Bulgaars insluit."
Reguit met Robinson: Beplan jy om te emigreer?
2022-08-10Freek Robinson gesels met Andrew Rissik van Sable International oor emigrasie na byvoorbeeld Portugal, en met Dawid Swart oor sy en sy familie se nuwe tuiste in Panama.
Swerfjaar: Leef om die storie te vertel
2022-08-10"Intussen moet ek hierdie rubriekskrywery staak om aan ’n boek te werk. Ek troos myself daaraan dat die einde van iets, enigiets, altyd die begin van iets anders beteken. En ek hou die kring oop, want wie weet, dalk het ek binnekort ’n onweerstaanbare storie oor Korsika wat dadelik vertel moet word."
Girls just wanna walk home, Uncle Cyril
2022-08-10"’n Sangeres het daai song 'Girls just wanna have fun' se woode gechange, en sy sing 'Girls just wanna walk home'. Al wat ôs ammel vra, is om hys toe te kan loep sonne hartkloppings en nervous rondkyk en bang wies vi elke shadow. Is mossie te veel gevra lat ôs ie vi elke man moet wonne of hy getrust kan wôd en of hy ’n rapist inne mooi suit issie."
Mooi Annie – die spieël in my raaisel
2022-08-08"Ek verlang na pannekoek wat jy vir ons gebak het op sulke reëndae, ’n tradisie wat ek weer vir my kinders voortgesit het. Maar nou het ek niemand vir wie ek kan pannekoek bak nie en ’n mens doen dit nie net vir jouself as jy alleen is nie."
Allien, maa niks bangie
2022-08-08"’n Vrou ken van allien wies, maa bang is sy nie, cause sy is ou gewoond dinge vi haaself doen. Mag jy jou Vrouedag geniet en somewhat, somewhere tyd maak om jou voete te voel en asem yt te blaas."
USAN 2022: ’n onderhoud met Kanja van der Merwe
2022-08-08"Afrikaans is ’n nuutskeppende, kreatiewe, bruikbare en wetenskaplik ontwikkelde taal, en so moet dit en sal dit voortleef."
Nuwe redaksielid by LitNet se Nuwe Skryfwerk: ’n onderhoud met Didi Potgieter
2022-08-04"Ek het tydens my studies geleer dat kritiek (of in dié geval ’n afkeuring) my beste leermeester is."
Reguit met Robinson: Geweld, kinders en jongmense
2022-08-04Freek Robinson gesels met Danie Janse van Rensburg en Ronel Aylward van die kinderbeskermingsorganisasie Christelik Maatskaplike Raad Noord oor geweld teenoor veral jongmense in Suid-Afrika. Sensitiewe onderwerpe met betrekking tot geweld teenoor kinders en jongmense word in hierdie onderhoud bespreek. Hierdie inhoud is nie geskik vir kinders onder die ouderdom van 18 nie.
Die vrou in die hek
2022-08-03"Ek het ’n probleem met die woord beurtkrag. Dit het so ’n gemoedelike ubuntu-klankie. Ons, as liefdevolle Suid-Afrikaners, deel ons krag met mekaar. Nee! Die woord is ’n semantiese wanvoorstelling. Loadshedding se vertaling, ladingstorting, gaan ook nie werk nie; dit klink soos iets uit ’n pornografiese grufilm."
