Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Die digitalisering van NALN se knipselversameling: jongste verslag
2022-10-04"Sedert Junie vanjaar is daar met befondsing vanaf LitNet begin om die versamelings te integreer terwyl die digitale versamelproses voortgaan. Deurgaans word gepoog om die beste moontlike kopie te versamel, maar dit is reeds duidelik dat die meerderheid knipsels in NALN se besit nie meer aanlyn verkrygbaar is nie, wat juis dui op die waarde wat NALN vir navorsers inhou deur materiaal te bewaar wat andersins verlore (sou kon) gaan."
Miniseminaar: Boeke vir alle kinders in Suid-Afrika
2022-10-04"’n Vlugtige oorsig van Afrikaanse jeugboeke sal beslis toon dat daar ’n tendens was sedert die vroeë 1990’s om meer sogenaamde randfigure in jeugboeke uit te beeld." – Anke Theron in LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".
Onderwyshulp: Hoe wyd lê die betekenis van lees? Die toepassing van metakognisie en modellering
2022-10-04"’n [M]ens kan ’n hele sin vlot en vloeiend lees, maar nog altyd niks daarvan verstaan nie." Is jy ’n onderwyser of opvoeder wat agterkom dat kinders sukkel om met begrip te lees? Johan Anker se artikel het raad.
When is an election free and fair?
2022-09-29"I was interested to read that several ANC Youth League officials have flown to Russia to monitor the controversial referendum being held to legitimise the 'annexation' of the Ukrainian territory that Putin’s army is occupying. The referendum has been discredited in advance by most of the world as a sham, but this hasn’t deterred the ANC’s intrepid task team from acting as 'international observers'."
Hoe gaan dit met toerisme in Suid-Afrika?
2022-09-28Wat is die impak van beurtkrag op toerisme? Steur die buitelanders hulle aan ons misdaadsyfers? Pla die min binnelandse lugrederye enigsins? Hoe vergelyk ons toerisme tans met die tyd kort voor die pandemie?
Elders gesien: "Wel, Goothbaai, Salie"
2022-09-28Hennie van Deventer bring in sy LitNet-blog hulde aan Salie de Swardt: "Van Salie sou ek by sy skielike heengaan in ’n hotel in Londen hope anekdotes kon uitryg. Hy was by al sy gravitas iemand met ’n onblusbare humorsin. Waar hy was, was luimigheid nooit ver nie."
Erfenisdag is g’n braaidag nie
2022-09-28"Erfenisdag was bedoel om ’n dag te wees waar elke kultuurgroep dit wat hulle uniek en uitsonderlik maak, te vier. Dit was bedoel as ’n dag waar kultuurgroepe meer van mekaar se kultuur kon leer op ’n gestruktureerde manier. In stede daarvan is dit verwring in net nog ’n kommersiële foefie."
Suid-Afrikaanse samelewing weer eens by ’n kruispad: Gesprekke by die Etienne van Heerden Veldsoirée
2022-09-26"In die laat jare tagtig het Suid-Afrika gesteier. Ons land was finansieel in ’n gemors, en die samelewing was vasgevang in ’n brutale geweldsklimaat. Uit daardie dryfsand het leiers verrys wat ’n verskil sou maak."
Etienne van Heerden Veldsoirée: fotogalery van die sprekers
2022-09-26Die derde Etienne van Heerden Veldsoirée het van 23 tot 25 September 2022 op Cradock plaasgevind. Gesprekke deur skrywers, gemeenskapsleiers en -aktiviste, akademici, advokate, landdroste en joernaliste het vir behoorlike pitkos in die skaduwee van Karoo-koppies gesorg. Menán van Heerden het foto's van die sprekers geneem.
"Transition starts at home" – Ena Jansen se toespraak by CAANS 2022
2022-09-22Kyk hier na Ena Jansen se hooftoespraak (keynote address), getitel "Transition starts at home", via Zoom gelewer en opgeneem tydens die 91ste internasionale kongres vir lettere en wysbegeerte en sosiale wetenskappe (International Congress for the Humanities and Social Sciences) in Kanada.
Reguit met Robinson: Dissipline in die klaskamer
2022-09-22Te oordeel aan nuusberigte, word dissipline in die klaskamer ’n al hoe groter probleem. Daar is voorvalle van onderwysers wat geïntimideer, selfs aangerand word. Freek Robinson het gaan kers opsteek by twee mense wat daagliks hiermee te doen het. Santie van der Merwe is ’n kliniese sielkundige en Faeed Amardien is ’n onderwyser.
Wanneer inperkings gawes word
2022-09-21"Ongeag Paganini se presiese diagnose: Die verstommende buigsaamheid van sy vingers en polse het aan hom ’n besliste voorsprong gegee in die hantering van die strykstok."
Miniseminaar: Hoe maak ons kinder- en jeuglesers van ouers en onderwysers se vooroordele vry?
2022-09-21"Die leerders behoort die lees van verhale te geniet, en wanneer hulle met omstrede kwessies gekonfronteer word, moet hulle uiteindelik afsluiting van hulle eie probleme vind sodat die lig van hoop weer vir hulle aangesteek word." – Elize Vos in LitNet se miniseminaar "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".
A sterile vow: Die gelofte and the transformation of myth
2022-09-20"Thus while Die gelofte is not the innocuous romance it claims to be, as a reactionary manifesto it also fails. The script is too reluctant to stare into the void of its ideological roots. It retains only the aesthetics of old-time nationalism and a vague but passionately asserted sense of victimhood."
Rassisme in die fantasie-genre
2022-09-20"Kuns behoort kuns te wees, los van en verhewe bo politiekery. Maar in omstandighede waar dit nou blykbaar politieke aktivisme geword het om ’n fliek oor ’n swart meermin of reeks oor ’n swart Harfoot in ’n fiktiewe wêreld te gaan kyk, sal ek my deel vir sosiale geregtigheid doen. Ek sal die fliek ondersteun, selfs al voel ek eintlik vere vir meerminne van enige kleur."
Gesondheidswaarskuwings en alkoholiese produkte
2022-09-19"Een manier waarop die bewustheid van verbruikers bevorder word, is om gesondheidswaarskuwings op die etikette van alkoholiese produkte aan te bring. Grummon en Hall noem verder dat die verbruiker daarop geregtig is om ingelig te word rakende die moontlike skadelike effekte van die produkte wat hul koop, sodat ingeligte besluite in verband met die verbruik daarvan geneem kan word."
Persverklaring: StudentePlein oorweeg appèlopsies ná hofuitspraak in US-taalsaak
2022-09-16StudentePlein oorweeg verdere regstappe, insluitend appèl, na ’n uitspraak vandag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof waarin die hof bevind het dat die Universiteit Stellenbosch (US) nie onregmatig opgetree het toe daar in 2020 en 2021 met Afrikaanse leermateriaal weggedoen is nie.
Persverklaring: Universiteit Stellenbosch is verbind tot meertaligheid
2022-09-16Die Universiteit verwelkom die Hooggeregshof se uitspraak dat die Senaat (en sy komitees) nie die taalbeleid oortree het soos beweer is nie, en dat die verklarende versoek – wat ’n bevel aangevra het dat die Senaatsbesluit en veranderinge aan die fakulteite se Taalimplementeringsplanne as ongrondwetlik, onregmatig en ’n skending van die 2016-Taalbeleid verklaar word – van die hand gewys word.
Seksrobotte: Hoekom, en hoekom nie?
2022-09-16Hierdie artikel is vir ons hardebaard lesers. Dit bevat sensitiewe inligting. "Seksrobotte is ’n kontroversiële onderwerp, maar daar is navorsers wat aanvoer dat hierdie tegnologie oor die potensiaal beskik om ’n konstruktiewe bydrae tot die gemeenskap te lewer. Die doel van die huidige artikel is om hierdie terrein te verken en sommige van die argumente vir en teen hierdie tegnologie weer te gee, maar gegewe die hoogs persoonlike aard van die onderwerp en die kompleksiteit van die onderwerp kort daar nog baie gesprekvoering en navorsing voor ’n ingeligte standpunt hieroor ingeneem kan word."
Die koningin is dood: lank lewe ouma Kerliena
2022-09-15"Haar kerkhoed was haar kroon; haar paleis was die Here se huis."
