Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Oor die stemme in die woestyn in die Afrikaanse media

Heindrich Wyngaard Menings 2022-10-17

"Totdat hulle dit besef en daarop aandring dat hulle alle reg het om na geluister te word en dat hul stories ernstig opgeneem moet word, sal die situasie nie sommer verander nie. Of gee hulle net eenvoudig nie (meer) om oor die afstand, soms so wyd soos Kaapstad vanaf Bloemfontein, wat tussen die verteenwoordiging en vernalating van hul stemme in die woestyn van die Afrikaanse nuusmedia lê nie?"

Neville Alexander-gedenklesing 2022: Afrikaanse establishment was gekant teen veeltaligheid

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2022-10-17

"Alexander se sentrale vertrekpunt was ten eerste politiek-teoreties, en nie uitsluitlik taalgerig nie. Sy sentrale vraag in dié opsig was: Hoe vorm ons ’n verenigde nasie? Sy uitgangspunt was dat Suid-Afrika op verskeie grondslae verdeel is, byvoorbeeld ras, etnisiteit, sosiale klas (die verdeling tussen ryk en arm), godsdiens, seksualiteit en maatskaplike posisie of status. Van al dié verdelings gee Alexander spesiale aandag aan die idee van ras en nierassigheid. Vir hom as historiese materialis was ras en etnisiteit ideologiese skeppings."

Elders gesien: Rus in vrede, Franci Swanepoel

Willem Botha (sanger) Elders gesien 2022-10-17

"Jy was my ma in die bedryf. My lekkerste lag. My mentor."

Om die onsigbare raak te sien

Crito (Kerneels Breytenbach) Boeke en skrywers 2022-10-14

"Kyk, as Hambidge diep gaan, dan raak jy intiem bewus van jou tekortkominge as logiese negativis."

SteedsDink met LitNet Akademies: Johan Fourie

Johan Fourie Akademies en skole 2022-10-14

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel jong Afrikaanse akademici wat opgang maak, van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. Eerste aan die beurt is Johan Fourie, professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, wat gesels oor die fassinerende bevindings wat die veld van ekonomiese geskiedenis oplewer.

My pa se verbintenis met Matthew Goniwe

Freek Robinson Feeste 2022-10-13

Freek Robinson se pa was ’n mediese dokter op Cradock. Matthew Goniwe was sy pasiënt.

Reguit met Robinson: Politiek vs mynbou in Suid-Afrika?

Freek Robinson, Bernard Swanepoel Onderhoude 2022-10-13

“Ons as ’n land skiet onsself met ’n dubbelloophaelgeweer in beide voete,” sê Bernard Swanepoel aan Freek Robinson in ’n kaalkop gesprek.

Druk op navorsers om in Engels te publiseer neem wêreldwyd toe

Melt Myburgh, Hugo Lotriet Onderhoude 2022-10-11

"’n Beter oplossing sou wees dat die hoëprofiel- internasionale indekse (soos Web of Science en Scopus) hulle huidige vermoëns om artikels in ander tale te indekseer verbeter. Anders ontstaan daar te veel akademiese silo’s."

Caroline

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-10-11

"Sy het ons lewe vir ’n paar jaar gedeel, in ’n houthuis op pale teen die Magaliesberg. Daardie huis het later afgebrand en ons spore is toegewaai. Maar ons sal altyd na haar verlang."

Toyota US Woordfees 2022: Dan Sleigh roskam uitgewers oor verspreiding van pseudogeskiedenis

Jean Oosthuizen Menings 2022-10-11

"Sleigh, wat bekend is as ’n geskiedenisspeurhond, was in gesprek met die kultuurhistorikus Matilda Burden oor sy omvattende boek Retoervloot: Kaapstad en die VOC in 1713. Sleigh het dit onder meer gehad teen skrywers en uitgewers wat hulle skuldig maak aan die verspreiding van mites en verdraaiings wat ten duurste as geskiedenis aan lesers opgedis word."

"Die toekoms is blink": ’n onderhoud met Kobus Burger, RSG se nuwe programbestuurder

Naomi Meyer, Kobus Burger Onderhoude 2022-10-10

"Klank is ’n besonderse kreatiewe medium. ’n Stilte kan byvoorbeeld sóveel dinge beteken."

Huldigingsrede: Antjie Krog, 7 Oktober 2022

Frieda van den Heever Menings 2022-10-08

"Ek sê dankie dat van die mees hartroerende woorde in Afrikaans vloei uit die rou materiaal van die lewe: vuil doeke droogmaak, etes voorberei, saam om ’n tafel sit, my seun groet …"

 

Blik na buite

Crito (Kerneels Breytenbach) Boeke en skrywers 2022-10-06

"Gedagtig aan literatore se wydse belangstellings en skunnige behoefte aan venting het ek besluit dat Crito se visie terstond meer katoliek word. Kroonwild, pappie. Ek hou my swepies byderhand vir die resensies."

Mamma, wat nou? Die impak van Covid en inperkings op puberteit

Marietjie Warrington Menings 2022-10-06

"Die pandemie het op vele terreine en wêreldwyd ’n amperse tasbare voetspoor gelaat. Onlangse navorsing toon COVID-19 het ook ’n hernude fokus op van die jongklomp se liggaamsontwikkeling geplaas."

Daa kom ’n SASSA-toyi, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-10-05

"Wanne laas het Uncle op ’n oumens-pay-dag while it loadshedding is en it reent in ’n lyn byrie winkel of ie post office gestaan? Wyl it nog skoolvakansie is oek, by the way, soe allie kinnertjies wat nowhere het om te gan, kô sam innie lyn staan."

Reguit met Robinson: Het Poetin sy hand oorspeel?

Freek Robinson, Christiaan Basson, Gerrit Olivier Onderhoude 2022-10-05

Watter faktore tel teen Poetin op hierdie stadium? Freek Robinson gesels met Christiaan Basson, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Oekraïne, en Gerrit Olivier, Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Rusland.

Die digitalisering van NALN se knipselversameling: jongste verslag

Burgert A Senekal Menings 2022-10-04

"Sedert Junie vanjaar is daar met befondsing vanaf LitNet begin om die versamelings te integreer terwyl die digitale versamelproses voortgaan. Deurgaans word gepoog om die beste moontlike kopie te versamel, maar dit is reeds duidelik dat die meerderheid knipsels in NALN se besit nie meer aanlyn verkrygbaar is nie, wat juis dui op die waarde wat NALN vir navorsers inhou deur materiaal te bewaar wat andersins verlore (sou kon) gaan."

Miniseminaar: Boeke vir alle kinders in Suid-Afrika

Anke Theron Seminare en essays 2022-10-04

"’n Vlugtige oorsig van Afrikaanse jeugboeke sal beslis toon dat daar ’n tendens was sedert die vroeë 1990’s om meer sogenaamde randfigure in jeugboeke uit te beeld." – Anke Theron in LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".

Onderwyshulp: Hoe wyd lê die betekenis van lees? Die toepassing van metakognisie en modellering

Johan Anker SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-10-04

"’n [M]ens kan ’n hele sin vlot en vloeiend lees, maar nog altyd niks daarvan verstaan nie." Is jy ’n onderwyser of opvoeder wat agterkom dat kinders sukkel om met begrip te lees? Johan Anker se artikel het raad.

When is an election free and fair?

David Willers Opinion 2022-09-29

"I was interested to read that several ANC Youth League officials have flown to Russia to monitor the controversial referendum being held to legitimise the 'annexation' of the Ukrainian territory that Putin’s army is occupying. The referendum has been discredited in advance by most of the world as a sham, but this hasn’t deterred the ANC’s intrepid task team from acting as 'international observers'."

Top