Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Die reuk van sop: ’n huldeblyk aan my ma
2022-11-23"Ek het as kind goed kon verstaan hoekom Esau sy eersgeboortereg in die Bybel aan Jakob verkoop het vir ’n pot lensiesop. Die transaksie het op die oog af baie redelik vir my gelyk. Dis nou natuurlik op die aanname dat dit ’n pot lensiesop soortgelyk was aan my ma s’n."
Die erwe van die vaders: ’n Blik op HF Schoon en sy kleinseun, Marius Schoon
2022-11-23"In Elizabeth Conradie (1903–39) se ondergewaardeerde akademiese werk oor vroeë Nederlandse skrywers in Suid-Afrika, Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 2 (1875–1905) (1949), lees ’n mens vir Herman Frederik Schoon raak, wat in 1851 in die Nederlandse hawestad Rotterdam gebore is." (Foto van die moderne stad Rotterdam vertoon hierby.)
Musiekindaba: ’n fees vir musiekliefhebbers, ’n móét vir rolspelers in die bedryf
2022-11-22"Of jy ’n amateurkunstenaar is wat met ’n blikkitaar jou voete probeer vind, en of jy tuis is op die troon van sukses, Musiekindaba is ’n noodsaaklike geleentheid vir mense in die Afrikaanse musiekwêreld om hul vaardighede en loopbane op te skerp en om te netwerk." – Melt Myburgh bekyk die eerste Musiekindaba-program, van 30 November tot 3 Desember 2022 op Stellenbosch.
Oor Charlize: Afrikaners is plesierig, of is hulle?
2022-11-21"Speel die bal, mense, en los die persoon uit. Speel die bal op so ’n manier dat mense na afloop van als nog respek vir die taal en sy sprekers kan hê."
FilosofieKafee-gesprek: "Onthou, vergeet en nostalgie in die Suid-Afrikaanse samelewing" deur Jo-Ansie van Wyk
2022-11-18Wat moet onthou word? Wie besluit dit? Hoe moet ons onthou? Jo-Ansie van Wyk, hoogleraar in internasionale politiek verbonde aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), was die FilosofieKafee-spreker op 11 November 2022 in Pretoria. Sy deel haar volledige voordrag by die geleentheid.
David Attwell, translator Henrietta Rose-Innes and Etienne van Heerden discuss A library to flee
2022-11-18Listen to a podcast of the discussion, see photos of the launch and read the text of David Attwell’s introduction at the Exclusive Books launch of A library to flee at the Cape Town Waterfront on 9 November 2022.
Kompetisie: My gebeurtenis van die jaar 2022
2022-11-18Hoe het jou 2022 gelyk? Wat staan vir jou uit wanneer jy terugkyk oor die jaar wat verby is? Wat was jou gebeurtenis van die jaar? Lesers kon ons laat weet en in aanmerking kom vir ’n kontantprys van R2 500. Die kompetisie het reeds gesluit.
Onderwyshulp en leesbegripstrategieë 3: Metakognisie en agtergrondkennis
2022-11-18"Dit is ook beklemtoon dat die leser ’n groot bydrae kan en moet lewer om op sy manier en met sy agtergrond betekenis te skep uit en met die inligting wat in die teks verskaf word. Al die betekenis staan nie sommer net direk daar nie. Dit is dus ’n kommunikasie wat tussen die leser/hoorder en die teks moet plaasvind."
Universiteitseminaar: Die US, rassisme en die toekoms
2022-11-18"Waarom was dit nodig vir nóg ’n rassisme-skandaal en ’n kommissie van ondersoek vir ons om kennis te neem van die meedoënlose aard van rassisme aan die US en in Stellenbosch? Nie net van die 'nuuswaardige' gevalle van blatante rassisme, soos 2022 se urineringsvoorvalle nie, maar die honderde daaglikse voorbeelde van geringskatting en klein vernederings wat swart studente en personeel rapporteer, en wat die US en veral die dorp Stellenbosch vir baie van hulle so ’n onthutsende ruimte maak."
Meer as vier-en-veertig, Charlize
2022-11-17"In plaas van doer van ver af wilde stellings maak, kom check wat ons doen."
Liewe professor Grompot
2022-11-17"Ek het nooit die foto’s gesien nie en ek wonder of hy dit ontwikkel het. Dis nou nie juis iets wat ’n mens by die apteek kon gaan ingee nie."
Reguit met Robinson: Die ware rol van ’n diversiteitskonsultant
2022-11-16Word jongmense as rassiste gebore, of word hulle rassiste danksy ouers en vriende? Wat doen ’n diversiteitskonsultant? Kan ’n diversiteitskonsultant hoegenaamd ’n verskil maak by ’n plek soos die Universiteit Stellenbosch? Wat het skeefgeloop toe ’n diversiteitskonsultant daardie hoërskool in Vishoek so verkeerd opgevryf het?
Universiteitseminaar: Jan Heunis SC beskou die Khampepe-verslag
2022-11-15"Waar is die deursigtigheid? En hoe beoordeel ’n mens die Kommissie se verslag in die lig van getuienis waarvan die enigste bron die Kommissie se opsomming en vertolking daarvan is? Voeg hierby dat die Kommissie se prokureur, wat deur die oudregter aangestel is, verantwoordelik was om die getuienis van getuies voor die Kommissie aan te bied, onderhewig aan die oudregter se direktiewe."
Waar staan menseregte in die Midde-Ooste?
2022-11-15"Qatar het na berig word in die omgewing van $200 biljoen bestee om die gasheer te kan wees vir die Beker. Dis onseker hoeveel van daai geld aan lone bestee is, maar in ’n land waar arbeiders nie veel regte het nie sou dit ’n minimale bedrag wees."
Putting De Aar on the Map, or Thoroughly Modern Olive
2022-11-11"For present purposes, what stands out is Schreiner’s modernity. Schreiner, residing in dusty De Aar, was an equal, a comrade in arms, a thinker in her own right on matters that even in the metropolitan centre still elicited considerable opposition."
Groepsportret met heer: In gesprek met Willem Otterspeer
2022-11-11Moet ’n standbeeld opgerig word vir afwykende menings? Wat is die verband tussen estetika en geskiedenis? Vertoon lees en skrywerskap totalitêre trekke? Wat is die impak van krom Engels en studentemassas by Nederlandse universiteite? En wat is die rol van humor ook in oorlogstyd? Hierdie kwessies en vele ander behandel Willem Otterspeer in ’n vraesessie met Heinrich Matthee. Otterspeer is emeritus hoogleraar universiteitsgeskiedenis aan die Universiteit van Leiden, die oudste universiteit van Nederland wat in 1575 opgerig is. Vir sy werk, wat etlike biografieë van skrywers en denkers insluit, het Otterspeer etlike skrywerspryse gekry.
’n Nuwe asemteug vir Afrikaanse beginnerskrywers
2022-11-11"Dit is deur sy toedoen dat Saterdag se geleentheid by SASNEV plaasgevind het, in ’n volgepakte vertrek, waar ’n nuutste bundel – in dié geval nie verhale nie, maar gedigte – bekend gestel is. Die titel is Woordenaars, ’n bundel wat Nancy H Kleinbaum (Dead Poets Society) se stelling vergestalt dat mense nie poësie lees en skryf omdat dit 'oulik' is nie: 'We read and write poetry because we are members of the human race'."
Universiteitseminaar: Guerrillas en die universiteit wat moet kom
2022-11-10"Maar nou ja, 'Stellies' het sy bed opgemaak, die koeël daar is deur die kerk – sowel vir ware uitnemendheid as vir Afrikaans – en dit sal nie help om krokodiltrane te stort oor wat alles daar kon wees nie. Dis veel sinvoller om te dink oor wat vandag nog oor die algemeen binne die eietydse Suid-Afrikaanse universiteitswese gedoen kan word om ware uitnemendheid, akademiese integriteit, skeppendheid, nuwe bondgenootskappe en die bou van studente se karakters te bevorder."
Miniseminaar: Sterretjie gedenk aan my
2022-11-10Jean Meiring oor Stella Blakemore in LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era": "Al die aanklagte ten spyt dat sy die patriargie en die Afrikanernasionalisme ter wille was, het Stella se stellingname oor ras en dies meer ná dekades in die buiteland in baie opsigte in skrille kontras gestaan met wat mense plaaslik gedink en gevoel het."
