............
In Truth to power vertel De Ruyter die verhale agter die skerms. Hy vertel hoe hy privaat ondersoeke geloods het om agter die kap van die byl te kom. Met die boek neem hy Suid-Afrikaners in die binnekamers van Eskom se raadsale in en verduidelik hy hoekom hy meen herwinbare energie ’n oplossing vir Suid-Afrika se kragkrisis kan bied.
Marida Fitzpatrick was die redakteur van Truth to power. Sy praat met Naomi Meyer oor die boek.
..................
Titel: Truth to power – my three years inside Eskom
Skrywer: André de Ruyter
ISBN: 978 1 77639 062 5
Uitgewer: Penguin
Suid-Afrika gaan gebuk onder ongekende hoë fases van beurtkrag. Die vorige uitvoerende hoofbeampte van Eskom, André de Ruyter, het ’n boek geskryf om te vertel wat by Eskom gebeur het terwyl hy daar werksaam was.
Dit word bemark as “vanjaar se mees elektrifiserende boek” en volgens die persverklaring oor Truth to power het De Ruyter toe hy in Januarie 2020 as Eskom se HUB aangestel is, gou agtergekom dat dit die mees uitdagende werk in Suid-Afrika is.
Behalwe dat Eskom se toerusting verwaarloos was, die kragstasies verouderd was en vaardighede onder werknemers dikwels ontbreek het, was korrupsie by die instansie aan die orde van die dag. Daar is byvoorbeeld glo olie ter waarde van R100 miljoen by een kragstasie afgelewer – olie wat egter nooit bestaan het nie. Miljarde rande se toerusting was weg.
In Truth to power vertel De Ruyter die verhale agter die skerms. Hy vertel hoe hy privaat ondersoeke geloods het om agter die kap van die byl te kom. Met die boek neem hy Suid-Afrikaners in die binnekamers van Eskom se raadsale in en verduidelik hy hoekom hy meen herwinbare energie ’n oplossing vir Suid-Afrika se kragkrisis kan bied.
Marida Fitzpatrick was die redakteur van Truth to power. Sy praat met Naomi Meyer oor die boek.
Marida, jy was die redakteur van André de Ruyter se boek. Hy het tot dusver geswyg oor gebeure by Eskom, of het in elk geval nie openlik oor sekere komplekse kwessies gepraat nie. Hoe het jy dit reggekry dat hy die geheime in hierdie boek vertel?
Ek was die opdraggewende redakteur van die boek en die antwoord lê daarin om ’n skrywer se vertroue te wen. Dit gebeur nie oornag nie. ’n Vertrouensverhouding ontwikkel deur gesprekke, ontmoetings, vergaderings, onderhoude, onderhandelings. Eers dan sal ’n skrywer sê "Goed, ek vertrou jou met my boek."
Wat was vir jou, terwyl jy besig was met die manuskrip, een van die mees verbasende dinge wat jy van Eskom, of van die land, uitgevind het?
............
Wat my mond laat oophang het, was die skrikwekkende omvang van die korrupsie en hoe blatant en openlik dit gepleeg word. Die skaal daarvan is eenvoudig duiselingwekkend.
...............
Wat my mond laat oophang het, was die skrikwekkende omvang van die korrupsie en hoe blatant en openlik dit gepleeg word. Die skaal daarvan is eenvoudig duiselingwekkend.
André de Ruyter het kennis vanuit die binnekamers. Maar waarom is dit belangrik dat lesers dit moet lees?
Ons moet weet in hoeveel moeilikheid ons is. Ons kan nie meer bekostig om anderpad te kyk nie, om eerder nie te weet nie. In André se woorde: "Om mense te laat besef hoe ons hier gekom het en hoe groot die risiko vorentoe is."
Lees ook:
Press release: Truth to power – my three years inside Eskom by André de Ruyter
Press Release: Truth to power; PRH will take legal action against illegal distribution
Persverklaring: PEN Afrikaans oor die onregmatige verspreiding van Truth to power
Power crisis: Will Cape Town go completely off the Eskom grid?