
Foto van Karatekas: https://www.litnet.co.za/nuut-by-lapa-karatekas-deur-anzil-kulsen/; foto van Anzil Kulsen: Izak de Vries
’n Onlangse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)-artikel, Ouderdoms- en inhoudsadvies vir Afrikaanse boeke vir kinders: resultate van ’n eerste kwalitatiewe en kwantitatiewe, ondersoek die moontlikheid van ouderdoms- en inhoudsadvies vir kinderboeke.
Anzil Kulsen praat met Naomi Meyer oor hierdie artikel en oor ook oor Anzil se jongste kinderboek, Karatekas – dorings en drake.
Anzil, jy is ’n skrywer van kinder- en jeugboeke. Wil jy dalk van jou agtergrond vertel en ook van die boeke wat jy gewoonlik skryf? Op watter ouderdomme is die boeke gemik, wie is jou ideale lesers en uit watter omgewings kom die kinders op wie jy jou boeke toespits?
Ek het as klein dogter altyd in die biblioteek uitgehang. Ek het nie aan skolesport deelgeneem nie, maar kultuur, koorsang, trompoppies en lees was my ding. Daar in die biblioteek het ek veilig gevoel en altyd gedink ek sal ook stories wil skryf, iets nader aan my eie realiteit, my eie omgewing. Op die stadium het ek al vir verskeie ouderdomsgroepe geskryf, my nuutste kinderboeke is geskik vir enigiemand tussen ses en ’n 100 jaar. Ek dink my boeke is ook ideaal vir ouers om aan hul kinders voor te lees, juis omdat ek dikwels moeiliker temas aanraak.
...........
Hoewel ek dan ook fokus op die taalvariëteit wat ons in die Noord-Kaap besig, kan my stories enige plek in die land afspeel.
.............
Hoewel ek dan ook fokus op die taalvariëteit wat ons in die Noord-Kaap besig, kan my stories enige plek in die land afspeel. Die taalgebruik is gemaklik met enkele van die spreektaal wat kinders eintlik maar oral in die land gebruik.
Waarom skryf jy gewoonlik boeke? Wat is vir jou die belangrikste aspek van ’n boek – spesifiek vir jong lesers?
Ek skryf omdat die karakters in my kop rondhang, my pla en my dwing om lewe aan hulle te gee. ’n Bietjie mal, ek weet! Maar net soos met my grootmensverhale, woed karakters soos Clint Fryer en Warren McKay in my Karatekas Dorings en Drake voortdurend by my. Elkeen van hierdie karakters het uitdagings wat hulle moet oorwin, en hul deursettingsvermoë en die humor wat ook hier en daar deurskemer, dat mens jouself nie te ernstig moet opneem nie, is my motivering. Ek skryf nie om die lessie oor te dra nie, maar tog om ’n karakter wat so effe afwyk van die gewone, ’n beurt te gee om sy lewe met die leser te deel. In my opinie wek stories empatie by die leser, dit vergroot jou wêreld.
...........
Ek skryf nie om die lessie oor te dra nie, maar tog om ’n karakter wat so effe afwyk van die gewone, ’n beurt te gee om sy lewe met die leser te deel. In my opinie wek stories empatie by die leser, dit vergroot jou wêreld.
............
Daar het onlangs ’n artikel in LitNet Akademies verskyn wat vra of daar aanduidings vir ouers of opvoeders moet wees rondom boeke se ouderdom- of inhoudsgepastheid. Kom ek vra jou, as skrywer: Hoe bepaal jy wat is gepas vir jou lesers?
Ek skryf bloot ’n storie volgens my karakters se agtergrond en die kwessie waarmee hy of sy gemoeid is. Die leser of uitgewers en bemarkers bepaal wie dit moet lees. Ek probeer om myself nie voortdurend te herinner wie my leser moet wees nie, dit kan nogal stremmend wees. My karakter tree op volgens sy eie ouderdom, kinders word deesdae op jong ouderdom met allerhande uitdagings gekonfronteer. En ek dink nie ons moet hulle onderskat nie.
..........
Ek probeer om myself nie voortdurend te herinner wie my leser moet wees nie, dit kan nogal stremmend wees. My karakter tree op volgens sy eie ouderdom, kinders word deesdae op jong ouderdom met allerhande uitdagings gekonfronteer. En ek dink nie ons moet hulle onderskat nie.
.............
Ons mense in hierdie land woon in totale borreltjies, en ons omstandighede verskil radikaal van mekaar s’n. Dink jy dat stories vir kinders wêrelde moet wys waarvan hulle nie weet nie, of wat hulle herken, waarin hulle kinders sien soos die kinders wat hulle self is, wat praat soos wat hulle praat, wat raakpunte uitwys en ook verskille? Moet ’n kind homsélf in ’n storieboek kan herken? Moet die leefwêreld waarbinne die storie afspeel, ’n omgewing wees wat aan die kind bekend voel? Hoe gemaak, in hierdie diverse land met kinders wat hul in uiteenlopende omstandighede bevind? Wat is jou eie gedagtes?
Kinders by ’n gegoede skool het my eenkeer daarop gewys dat sekere verhale hulle skuldig laat voel omdat hulle nie besef het hoeveel seer ander mense beleef nie. Al sou ’n karakter se omstandighede ver van die leser s’n verskil, kan die leser steeds identifiseer op ’n emosionele vlak. Jy sou dalk dieselfde emosies ervaar het as die karakter, jy kan identifiseer met die dapperheid van die karakter, die humor, die deursettingsvermoë. Ons skryf nie stories om iemand wat in ’n veilige borreltjie woon, skuldig te laat voel of te ontnugter nie, elke verhaal moet vertel word.
...........
Ons skryf nie stories om iemand wat in ’n veilige borreltjie woon, skuldig te laat voel of te ontnugter nie, elke verhaal moet vertel word.
...............
Kinderstories is vir seker daar om die verbeelding aan te wakker en moet veral lees aanmoedig omdat dit lekker is, maar ons as skrywers hoef ook nie met ons kop in die grond te leef nie.
Vertel sommer vir ons lesers van jou mees onlangse boek, Karatekas. Wat het jou die idees vir die storie gegee en wie is jou ideale leser?
Die Karatekas-boeke is gebore toe my kinders self karate as ’n sport beoefen het. Ek het besef daar is heelwat oor ander sportsoorte geskryf, maar nie veel oor karate nie. By Laerskool De Tyger het ’n oulike seun ook uitgewys dat ander Oosterse vegkuns nie veel aan die bod kom in kinderboeke nie. In Karatekas Dorings en Drake behoort seuns en meisies meegevoer te word deur die karatekas in die dojo, die streng sempai De Lange en sensei Fourie. Dan is daar Kyla Roberts wat die arme Warren McKay se hart laat warm klop, hoewel die storie absoluut op die avonture fokus.
Lees ook:
Oorsig: ’n hartverwarmende derde Suid-Afrikaanse kinderliteratuurfees
Kinderboeke: Rafiek Mammon se Faizel versamel sterre in Afrikaaps