Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

As dinge verstop raak: ’n Kersstorie

Mercy Kannemeyer Menings 2022-12-22

"Al hierdie Kersfeesflieks het my laat wonder hoe my jaar sou lyk as iemand ’n movie daarvan sou maak. Hier volg my beskeie poging."

ANC: Verwond, maar tans nog onoorwonne

Jan-Jan Joubert Menings 2022-12-22

"Dit is die eerste keer in 110 jaar dat ’n ANC-konferensie nie sy werk afhandel nie."

LitNet Akademies Weerdink: Aflandige, konvensionele gaseksplorasie en die omgewing

Willemien du Plessis, Carmen Franco Seminare en essays 2022-12-22

"Die kragkrisis in die land gaan Suid-Afrika dwing om vinniger na hernubare energie te beweeg en indringende besluite sal in hierdie verband geneem moet word. In die hele debat sal die publiek wel rekening moet hou dat Suid-Afrika nog vir ’n geruime tyd afhanklik gaan wees van steenkoolkragopwekking of selfs aardgas- en oliebronne." Watter moontlikhede word ondersoek en wat sê die Reg?

’n Dekoloniale toekoms? Musiek, ras en taal aan die Universiteit Stellenbosch

Carina Venter Universiteitseminaar | University Seminar 2022-12-21

"Om musiek en taal as vertrekpunte te neem vir ’n besinning oor die onlangse Khampepe-verslag en die dekoloniale projek by die Universiteit Stellenbosch mag voorkom as ongewoon. Histories is die verhouding tussen musiek en taal een van nabootsing, skeiding, hereniging en kultuurnasionale fantasieë. Of so het die verhaal verloop in die koloniale Verligtingstydperk."

ANC-kieskonferensie: En nou?

Freek Robinson, Jan-Jan Joubert Onderhoude 2022-12-21

Politieke joernalis Jan-Jan Joubert het al agt ANC-konferensies gedek. Hoe het die 2022-konferensie, wat weer op 5 Januarie 2023 hervat word, verloop? Hoe sien die politiek tans daar uit? Wat lê voor?

Moontlikheid en werklikheid: Repliek op Bernard Lategan se LitNet Akademies-artikel

John van Breda Seminare en essays 2022-12-21

John van Breda lewer repliek op Bernard Lategan se navorsingsartikel in LitNet Akademies: "Die gevaar met hierdie argument is dat dit ’n mens in ’n soortgelyke – omgekeerde – binêre slaggat kan laat vasval deur moontlikheid meer ontologiese status te gee teenoor die werklikheid."

Sy naam was Bennie

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-12-21

"Daar is min dinge so hartverskeurend as wanneer ’n Facebook-vriend die dood van ’n geliefde troeteldier aankondig."

Opvoedkundige tegnologie: Ekperimenteer, leer en transformeer

Christina Johanna (Christa) van Staden Seminare en essays 2022-12-21

Christa van Staden lewer verslag oor Ronel Callaghan se lesing, "Opvoedkundige tegnologie: eksperimenteer, leer, transformeer", wat onlangs deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied is.

Season’s greetings (and some outrageous predictions) for 2023

David Willers Opinion 2022-12-21

"This is the traditional end of the seasonal (and astrological) cycle when we take stock of what lies ahead. New Year’s resolutions are wheeled out, and everyone has a crystal ball."

Die rol van die Russiese paramilitêre groep Wagner in Afrika

Fanie Herman Seminare en essays 2022-12-20

Fanie Herman plaas die kollig op die omstrede Russiese paramilitêre groep Wagner in Afrikalande: "Wagner se ontplooiing van soldate gaan gepaard met die ondermyning van wettige regerings, die aanhitsing van sosiale polarisasie deur middel van disinformasieveldtogte en ongrondwetlike aansprake op mag."

Ek het mixed feelings, uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-12-20

"Soe, congratulations, uncle. Maa ek moet sê, it voel ie soes toe Argentina die sokke gewen het ie. Toe kon mens voluit bly wies en saam met Messi cheer. Maa uncle, it voel soe al uncle het gewen maa die land hettie sam met uncle gewen ie. Wan wat betieken it nou eintlik lat uncle gewen het? In practical terms, mien ek nou. Betieken it lat ôsse ligte nou gan brand en ôs maa die Krismis-gammon kan gan koep?"

Nederlands spreken met een app

ChatGPT, Izak de Vries, Natasja le Roux Onderhoude 2022-12-20

ChatGPT is een applicatie die bestaat uit kunstmatige intelligentie waarmee een persoon kan communiceren met een groot taalmodel. Het is getraind om in het Engels te communiceren, maar Izak de Vries voerde gesprekken in het Nederlands; met redactioneel commentaar van Natasja le Roux.

ASEM: ’n onderhoud met Elias P Nel

Naomi Meyer, Elias P Nel Onderhoude 2022-12-20

"ASEM wil ’n vars briesie vir die Afrikaanse skrywerskorps wees; nuwe lewe in publikasiegeleenthede vir skrywers, die byeenkomste van skrywers, en die groter Afrikaanse gemeenskap blaas. So ook ’n nuwe lewe (leeservaring) vir die lesers skep. ASEM wil hard en in geen onduidelike taal uitbasuin: ons haal asem, want ons lewe!"

LitNet-AfriKI-miniseminaar: Kunsmatige intelligensie as skrywer

Imke van Heerden Menings 2022-12-20

Wil jy deelneem en jou opinie gee? ChatGPT van OpenAI en die vermoëns van kunsmatige intelligensie het almal aan die gons. Kan ’n KI-romanskrywer die Hertzogprys ontvang? Waar gaan uitgewers hulself posisioneer? En skryf studente binnekort opstelle met KI-sagteware? Hoe gaan studieleiers weet of ’n verhandeling volledig of gedeeltelik deur ’n student geskryf is? Watter invloed gaan dit op geakkrediteerde akademiese tydskrifte hê? Hoe gaan die media daarmee omgaan? Wat wag op ons? Laat van jou hoor!

Ek onthou jou goed, Helen

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-12-19

"Ek neem hierdie boek The Sense of things telkens op om te onthou hoe Helen was. Dit voel elke keer asof ek weer by haar gaan kuier in haar sonnige woonstel in die skilderagtig-vervalle ou gebou op die lawaaierige Louis Bothalaan."

Eskom: Waarom word so baie herstelwerk benodig?

Freek Robinson, Josias van der Merwe Onderhoude 2022-12-15

André de Ruyter het gister bedank as Eskom se uitvoerende hoof. Hy sal aanbly as uitvoerende hoof tot 31 Maart 2023. In 1998 het ’n witskrif gewaarsku dat ’n elektrisiteitstekort teen 2007 in die land ervaar sou word. Deel van die probleem mbt die baie herstelwerk is dat Eskom laegraadse steenkool in van sy kragstasies gebruik. Hoe werk die proses om krag só op te wek? Freek Robinson gesels met ingenieur Josias van der Merwe, medeprofessor by die Universiteit van die Witwatersrand.

Berigte te velde: Eben Viktor oor Rusland se nuutste taktiek

Izak de Vries, Eben Viktor Onderhoude 2022-12-15

Dit is winter in Oekraïne en die Russe bombardeer die land se energienetwerk. Rusland se nuwe bevelvoerder in Oekraïne volg ’n taktiek wat herinner aan dié van die Engelse in die Boereoorlog – maak dit ondraaglik vir gewone burgers. Hoe oorleef die inwoners van Oekraïne hierdie aanslae?

Rabe versus Koorts: Wat staan ’n vrou nou te doen?

Crito (Kerneels Breytenbach) Boeke en skrywers 2022-12-14

"Twee dae nadat Rabe my bloed laat bruis het, kom Lindie Koorts in Rapport en krap my gedagtes heeltemal deurmekruis."

Suid-Afrika: een groot tuisland

Hans Pienaar Seminare en essays 2022-12-14

"Vandag word die verskuiwende identiteite wat apartheid genoodsaak het, deur die internet en sosiale media voorgeskryf; ’n mens kan redeneer dat dit ’n nuwe fase van Westerse kolonialisme is wat soortgelyke verwoesting weens die verdeling van gemeenskappe teweeg bring. In plaas daarvan dat SA ’n gelykmakende, oopgestelde republiek geword het, lyk dit asof verdeeldheid net groter is."

Slegs ’n politieke oplossing sal Afrikaans van ondergang red

Jason Lloyd Rubrieke 2022-12-14

"So hoekom kan UWK nie as politieke oplossing dien vir die oneindige polemiek oor die voortbestaan van Afrikaans op universiteitsvlak nie?"

Top