In die eerste aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks, praat Johann Rossouw met Louise Cilliers oor Van Alexandrië na Ithaka, gedigte uit Grieks vertaal. Die video is professioneel deur Chris Vorster en sy assistent van die dramadepartement by die Universiteit van die Vrystaat opgeneem en geredigeer.
Lees ook:
Roman North Africa: Environment, society and medical contribution deur Louise Cilliers: ’n resensie


Kommentaar
Ek hoop darem ten minste 2 765 mense gaan hierna kyk. So kosbaar! En vars in Afrikaans.
A, baie dankie Johann Rossouw dat jy met Louise Cilliers oor haar vertaling in Afrikaans van Cavafy se moderne Griekse gedigte gepraat het, en hartlik dank aan Naledi vir die uitgee daarvan. Baie aangename gesprek, baie geleer! En dankie vir jou deurdruk met die vertalings, Louise!
'n Baie interessante gesprek tussen Louise Cilliers en Johann Rossouw.