Die Suid-Afrikaanse vredesmissiefiasko en Oekraïense reaksie

  • 5

Prent deur Ralph Klein van Pixabay.

...
Kyk mens na Ramaphosa se optrede en luister mens na sy toespraak in Kijif, wil jy ineenkrimp, terwyl jy ook jammer voel vir hom.
...

Die Suid-Afrikaanse regering het verlede week op veral twee gebiede regtig uitgeblink: met skiet-jouself-in-die-voet-onbekwaamheid, en met asemrowende naïwiteit en onkunde. En soos dit dikwels met kategorieë gaan, is daar ook in hierdie geval oorvleueling tussen die twee.

Met ’n groot opgeblaaste “plan” (deur die Suid-Afrikaanse media ten minste) in die agtersak om vrede tussen Rusland en Oekraïne te gaan bewerkstellig, land die Afrika-span, bestaande uit afgevaardigdes van Egipte, Senegal, Uganda, Zambië en die Comore, en gelei deur Suid-Afrika, in Pole. Met twee vliegtuie. Die tweede vliegtuig bevat Ramaphosa se veiligheidspersoneel, 113 lede, en mediapersoonlikhede, altesaam 120 mense. Dis hier waar die moeilikheid begin.

Skiet jouself in die voet

Die Poolse owerhede weier om die tweede vliegtuig se reisigers van boord te laat gaan. Volgens hulle is daar onveilige “voorwerpe” in die vliegtuig, en nie al die persone aan boord is op die lys wat vooraf verskaf is nie. Later word dit duidelik dat swaar wapens aan boord was wat nie vooraf verklaar is nie. Volgens die Poolse nuusagentskap Rzeczpospolita het Ramaphosa se sekuriteitspan glo 12 kratte met swaar wapens in Pole probeer aflaai. (Lees volle berig hier.)

The Ministry of Foreign Affairs stated in a statement that the situation was the result of failure to comply with the standard entry procedures required by the Polish side. ”On board the aircraft were hazardous materials that South African officials were not permitted to bring in,” the statement said. In addition, as the ministry points out, there were people on the plane who had not been previously notified to the Polish side.

The Ministry assures that it has made every effort to prepare President Ramaphosa’s visit to Poland well. Three consultation meetings were held, and the South African side was informed about all the formalities necessary for the delegation to enter the territory of the Republic of Poland.

Border Guard post

The Border Guard also referred to the case. The formation informed that “the members of the South African delegation had weapons for which they did not have permission to import them into Poland.”

Lees ook meer hier.

Wat is die Suid-Afrikaanse afvaardiging se reaksie? “Rassisme!” skree majoor-generaal Wally Rhoode, hoof van sekuriteit, en mens moet ’n baie sterk verbeelding hê om die logika van sy redenasie te volg: “I want you guys to see this, how racist they are. When we started to open our packages, they wanted to confiscate our firearms, which is why we had to put them back.” (Lees berig hier.)

Rhoode beweer ook, en tereg, dat Pole se optrede die veiligheid van die Suid-Afrikaanse president in gevaar gestel het, aangesien hy toe verder moes reis sonder sy sterk sekuriteitskontingent. Maar is dit nie iets wat vooraf aan gedink moes gewees het toe die papierwerk gedoen is nie? 

Pole sê die rassisme aanklag is onsin (lees meer):

Warsaw Chopin airport spokesman Piotr Rudzki told the BBC the South African security guards did not have the necessary permits for their weapons. “We cannot let passengers with illegal firearms into the EU,” he said. Mr Rudzki added that they were told they could disembark if they left their weapons on the plane but they refused. “The firearms ... were not going to be confiscated as some reports in South Africa have said,” he added.

Intussen bereik Ramaphosa en sy afvaardiging Kijif op 16 Junie. Skaars het hulle daar aangeland, of die hoofstad word met missiele uit Rusland aangeval. Dit terwyl die hoof van sekuriteit vooraf gespot het dat hulle met Poetin gereël het dat daar nie aanvalle sal wees tydens die Afrika-afvaardiging se besoek nie. Sommige ontleders het voorspel dat Rusland júis op dié dag Kijif sou aanval om vrees by die Afrika-afvaardiging in te boesem sodat hulle dringender onderhandelings sou versoek.

Tydens die aanvalle word ses Kinzhal- lugballistiese missiele en ses Kalibr-kruisermissiele geloods; almal word deur die lugafweerwapens vernietig, ook twee verkenningshommeltuie (lees hier).

Maar brokstukke val op huise in die buitewyke van Kijif. Vyftien huise is erg beskadig; sewe mense, onder wie twee kinders, word beseer (lees hier).

Verskeie nuusagentskappe berig dat die afvaardiging na ’n hotel geneem is om die bomskuiling daar te gebruik (lees meer): 

Air raid sirens erupted in Kyiv even as Ramaphosa stepped off the car 20 miles away and explosions were heard over the capital. By noon local time, the entire country was under an air raid alert. 

Reuters reported that one of its television crews “saw the leaders arriving in Kyiv in a convoy of cars and entering a hotel to use its air-raid shelter”.

Lees ook meer hier.

En toe kom daar hierdie verstommende twiet van die Suid-Afrikaanse regering se woordvoerder, Vincent Magwenya: “It’s very strange that we didn’t hear or see an explosion ... There’s obviously some deliberate misinformation being spread here. People are going on about their day.”

Kyiv Post, ’n Engelstalige Oekraïense dagblad, berig:

The spokesperson for South Africa’s president has drawn criticism for suggesting a Russian missile attack on Kyiv on Friday didn’t happen and was “deliberate misinformation”.

Vincent Magwenya arrived in the Ukrainian capital on Friday morning, June 16, as part of an African delegation attempting to broker a peace deal between Russia and Ukraine.

Shortly after they arrived, Kyiv was targeted by a Russian missile attack. Kyiv Post reporters – as well as every other media organisation present in the city – saw and heard the missiles in the skies over the capital, and witnessed several loud explosions as they were intercepted.

South African President Ramaphosa himself, during a press conference after meeting Ukrainian President Zelensky, acknowledged reports of missile strikes and expressed concern that such things hinder peace efforts.

Mens wonder: Beraadslaag die President dan nie met sy woordvoerder nie?

Magwenya twiet verder:

We were all perplexed when we were taken back to the hotel and passed streets where people were going on about their day as normal. It’s very strange and is, in a way, deliberate misinformation.

As we expected this mission was never going to be easy but some of the hurdles are deeply disturbing, like the treatment you all received and others outright amusing, like this so-called explosion.

Magwenya is intussen deur die Kyiv Post “the biggest liar in the world” genoem (sien berig hier).

Hier is van die kommentare op Magwenya se twiet:

@singlecellshort

African Peace Mission: Deny the fact that Russia is bombing Ukraine ...

@EHunterChristie

Be polite, say thank you to Ukrainian air defence crews for keeping you safe. And remember to make a formal protest to Moscow for attacking the city while you were there.

Daardie beseerde mense, en dié wie se huise vernietig is, sal dit alles dalk nie so “amusing” soos Magwenya vind nie. Maar daar is ’n, in Magwenya se taalgebruik, ’n “deeply disturbing” faset hier, en dis die arrogansie van ’n duidelik oningeligte persoon uit Suid-Afrika wat in Europa wil gaan oordeel oor wat waar is en oor wat aan die gang is daar en wat nie. Mens wonder of Magwenya enige kennis of begrip het van oorlogvoering, van lugafweeralarms en -stelsels byvoorbeeld, en watter hoop sy soort reaksie kan lewer vir ’n “vredesmissie” van die soort waarvan hy deel is.

Mens hoef egter nie baie te wonder nie. Magwenya was onlangs ten gunste daarvan dat ’n jag van ’n Russiese miljardêr met sterk Poetin-konneksies in Durban kon vasmeer. Hy het beweer dat die besoek nie geaffekteer word deur sanksies nie, omdat sanksies nie deur die VN nie, maar eensydig deur die VSA en Europa teen Rusland ingestel is. Dit is waar, maar ons lewe in ’n absurde wêreld waar die aggressorland vetoreg het op die VN Veiligheidsraad, en Rusland gaan homself tog seker nie sanksioneer nie? En verwag Magwenya dat Europa gaan toekyk hoe Rusland die kontinent in oorlog dompel? Die gevolg is dat hierdie soort ding mense soos Magwenya se lojaliteite blootlê, en toon hoe ongeloofwaardig hierdie sogenaamd onpartydige vredesending is.

Onkunde en naïwiteit

Gelukkig, of ongelukkig, word die personas van presidente altyd ingekleur met hulle hele geskiedenis, al hulle dade, goed en sleg, hulle suksesse en flaters. Kyk mens na Ramaphosa se optrede en luister mens na sy toespraak in Kijif, wil jy ineenkrimp, terwyl jy ook jammer voel vir hom. Langs Zelenski lyk hy soos ’n nogal treurige figuur met ’n groot FAILED-banier bo sy kop, terwyl hy desperaat probeer om innemend en imposant voor te kom, sonder om te besef die skip is lankal weg, en het hom met die leë retoriek, oor en oor herhaal, van “onderhandeling” en “deëskalasie” (aan albei kante, word met nadruk bygevoeg) alleen op die kaai agtergelaat.

Ramaphosa, altyd die koordloper, skielik met hoë respek vir VN-ooreengekome norme ingegooi om vir die Weste te wys hy’s aan hulle kant óók, na die debakel van wapenvoorsiening aan Rusland. VN-norme, wat Suid-Afrika keer op keer die rug toekeer deur neutraal te bly tydens stemming oor Rusland se brutale inval in Oekraïne. Ramaphosa op ’n “confidence-building” missie tussen Oekraïne en Rusland, met niks anders as ’n leë sjabloon en ’n gepleit vir die oorlog om te stop sodat Afrika weer kunsmis uit Rusland en graan uit Oekraïne kan invoer nie.

Die graaninisiatief, deur Türkiye geïnisieer, word gereeld deur Rusland gesaboteer wanneer hulle skepe met Oekraïense graan verhoed om die Swart See te bereik, en selfs die graan steel. Dis benewens Oekraïense graansilo’s wat aangeval word, graan- en koringlande wat afgebrand word en landbougrond wat vol myne geplant word. Om nie te praat van damme wat opgeblaas word nie.     

Zelenski se lyftaal en gesigsuitdrukking tydens Ramaphosa se toespraak spreek boekdele. Mens kan amper sy gedagtes lees: “Dit voel vir my asof ek dit alles lánk gelede, in ’n vorige leeftyd, gehoor het.” Die feit is dat Rusland, sonder ’n militêre teenvoeter in Oekraïne, die eskalasievoordeel het, en dit gebruik om sy doelwitte te bereik. Hierdie debat is al verlede jaar in November en Desember gevoer. Rusland se ware doelwitte is ook nie meer ’n geheim nie. Dit word openlik deur die Russiese media verkondig en behels niks minder as die vernietiging van Oekraïne en die Oekraïense nasie nie. Het niemand in die Suid-Afrikaanse regering nog hiervan kennis geneem nie? Of is dit “Westerse propaganda”?

Die Oekraïners, terloops, het volle “confidence” in Rusland – “confidence” dat Rusland nie gaan ophou om die bevolking met missiel- en hommeltuigaanvalle te terroriseer en duisende soldate na die besette gebiede te stuur tensy hulle daartoe gedwing word nie. Daarom dan Zelenski se reaksie (lees die berig hier):

Zelenskiy said he failed to understand what could be gained from the leaders meeting Russian President Vladimir Putin on Saturday in St Petersburg, Russia’s second city.

“... This is their decision; how logical it is, I don’t really understand,” he told reporters.

Zelenskiy’s comments signalled no change in Ukraine’s long-held stance on peace talks, despite the African delegation’s hopes of mediating an end to the war that has raged since Russia’s full-scale invasion in February 2022.

“To allow any negotiations with Russia now while the occupier is on our land is to freeze the war, to freeze everything: pain and suffering,” Zelenskiy told a joint press conference with the delegation.

Zelenski se amptelike verslag na samesprekings met die afvaardiging kan hier gelees word.

Reaksie in die Oekraïense media

Hier volg van die reaksie in die Oekraïense media.

Die TV-nuuskanaal 24Kanal:

What ideas did the president of South Africa voice?

While Russia is committing genocide of Ukrainians, Ramaphosa declared about “diplomatic ways”. Apparently, he still hasn’t understood that you can’t negotiate with someone who is trying to kill you right now.

“The main component that we brought here is that this war must be settled, there must be a negotiated peace through diplomatic means,” said the president of South Africa.

In addition, Ramaphosa spoke about the need to de-escalate the conflict “on both sides”. At the same time, the politician spoke about the need to respect the sovereignty of states and peoples in accordance with the UN Charter.

Other components of the “peace plan”:

    • security guarantees for all countries
    • both countries should ensure the export of grain and fertilisers
    • humanitarian issues
    • exchange of prisoners of war
    • post-war reconstruction and assistance to people affected by the war
    • the way forward and interaction with African countries.

Volodymyr Zelenskiy said on June 16 that any negotiations can be discussed only after Russia withdraws its troops from the entire territory of Ukraine. Otherwise, allowing negotiations means freezing the conflict. “Ukraine needs real peace.”

Op 24Kanal was daar ’n berig waarin melding gemaak word van Vincent Magwenya se bewering dat daar geen aanvalle was nie, en dat mense hulle gang gegaan het soos gewoonlik. Ter illustrasie wil ek net ’n paar stukkies reaksie daarop deur gewone Oekraïners uitlig. Die kommentare is vertaal en kan hier gesien word:

I wonder how we should behave during the (air raid) alarm? Cry? Fall to the ground and fight in hysterics? Can’t wait! In a year and a half, we got used to it, and we go about our business without panic. That’s African peacemakers for you. – Anna

They need grain, and we want to live! Different goals! – Olga

These well-fed uncles from FAR Africa insulted me personally and our citizens! It is strange for them, you see, that people during the war fulfill their civic duties: they go to work, raise children and live their lives. We are not going to get fed up and throw away everything we live for, and deal with these distant (Africa, it is) representatives of the state we are at war with! We have our dignity, and they – forward – to the station – to Russia! – Iryna

They should not have been taken to Kyiv, but to us in Kherson, and not hidden, but let them sit under the beds like we do at night. – Natalya

Why did you hide them in a shelter, you should have left them in the middle of the street so that they could hear the explosions. – Ivan

Let the Africans put their own house in order. – Miry Mir

If they didn’t hear or see anything, then we shouldn’t hear about requests for bread either. – Tatyana

I’m shocked! What “serious people” came here! – Oleksandr

They don’t look hungry, they lie about the famine in Africa, let them eat the roubles. – Gennadiy.

En so gaan dit voort. Daar is baie ander kanale met uittreksels uit die lede van die afvaardiging se toesprake, maar die strekking van die kommentare is min of meer dieselfde: woede oor Magwenya se onbesonne uitlatings, en oor sommige van die lande wat verteenwoordig is se voortgesette vriendskap met Rusland. Een ding is seker: Die “confidence building”-program wat hierdie vredesending aan die gang wou sit, het, hoofsaaklik te wyte aan die Suid-Afrikaanse regering se knoeiery op ’n noot afgeskop wat geen “confidence” in hulle missie ingeboesem het nie, ten minste nie van Oekraïne se kant nie.

  • 5

Kommentaar

  • Goeie kommentaar. Dit alles terwyl daar op SA se eie kontitent, in Soedan, 'n bloedige oorlog woed.
    Nog geen vredesending is soontoe gestuur nie!
    Terwyl Afrika se belange nou soveel weeg, wag ek vir die ANC om in Soedan, en sommer in Sirië ook, te gaan help vrede maak.

  • Dis verbysterend dat enige iemand gedink het dis 'n goeie idee ... of dalk is dit alles 'n plan om verdere verleentheid vir die President te skep en sodoende sekere faksies te baat. Onskuldige burgerlikes word gestraf en gedood om iemand se ego te streel. Mag dit spoedig tot 'n einde kom.

  • Eben, baie dankie vir 'n insiggewende artikel rakende hierdie sogenaamde vredesmissie. Hier word die sending meestal as suksesvol beskryf, met uitsondering van die debakel in Pole.

  • Hans Richardt

    Nee wat Eben Viktor, jul kan jul vergiftigde graan maar hou, Russiese Federasie gee verniet graan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top