Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Persverklaring: Prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting weer beskikbaar
2022-10-19Daar kan weer aansoek gedoen word vir die Van Ewijck-Stigting se Prestasie-prys van R75 000. Dit is ’n prys vir bewese prestasies wat reeds gelewer is en verband hou met die doelstellings van die Stigting wat kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland in die ruimste sin bevorder. Dit sluit alle vertakkinge van die kunste of wetenskap in.
Vlieg hoog, Franci
2022-10-19"Franci het toe nie uit die vliegtuig gespring nie, maar sy het gespring, en haar sprong was groter as wat sy ooit kon gedink het. Sy het gespring tot in die diepste plekke in ons harte en haar nalatenskap sal ons altyd koester."
FilosofieKafee-gesprek: "Waar is ons (nou)?" deur Breyten Breytenbach
2022-10-18"Die staat is nie 'ons' s’n nie. Ons kan onsself nie daarin herken of dink dat ons dit teenoor wie ook al sal regverdig of verdedig nie. Miskien is dit ’n natuurlike evolusie. Miskien is die konsep 'staat' verouderd, dien dit weinig nut. Baie van ons – dié wat dit kan bekostig of dié wat nooit gekwalifiseer het vir toelating tot die staat nie – lewe in ieder geval daaromheen."
My bôs is warm, Uncle Cyril
2022-10-18"Loadshedding maak lat ôse ekonomie nosedive. En om als te kroon gan ôs gegreylist raak, soe ôs sal dan sieke net met Poetin kan besagheid doen."
Oor die stemme in die woestyn in die Afrikaanse media
2022-10-17"Totdat hulle dit besef en daarop aandring dat hulle alle reg het om na geluister te word en dat hul stories ernstig opgeneem moet word, sal die situasie nie sommer verander nie. Of gee hulle net eenvoudig nie (meer) om oor die afstand, soms so wyd soos Kaapstad vanaf Bloemfontein, wat tussen die verteenwoordiging en vernalating van hul stemme in die woestyn van die Afrikaanse nuusmedia lê nie?"
Neville Alexander-gedenklesing 2022: Afrikaanse establishment was gekant teen veeltaligheid
2022-10-17"Alexander se sentrale vertrekpunt was ten eerste politiek-teoreties, en nie uitsluitlik taalgerig nie. Sy sentrale vraag in dié opsig was: Hoe vorm ons ’n verenigde nasie? Sy uitgangspunt was dat Suid-Afrika op verskeie grondslae verdeel is, byvoorbeeld ras, etnisiteit, sosiale klas (die verdeling tussen ryk en arm), godsdiens, seksualiteit en maatskaplike posisie of status. Van al dié verdelings gee Alexander spesiale aandag aan die idee van ras en nierassigheid. Vir hom as historiese materialis was ras en etnisiteit ideologiese skeppings."
Elders gesien: Rus in vrede, Franci Swanepoel
2022-10-17"Jy was my ma in die bedryf. My lekkerste lag. My mentor."
Om die onsigbare raak te sien
2022-10-14"Kyk, as Hambidge diep gaan, dan raak jy intiem bewus van jou tekortkominge as logiese negativis."
SteedsDink met LitNet Akademies: Johan Fourie
2022-10-14In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel jong Afrikaanse akademici wat opgang maak, van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. Eerste aan die beurt is Johan Fourie, professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, wat gesels oor die fassinerende bevindings wat die veld van ekonomiese geskiedenis oplewer.
My pa se verbintenis met Matthew Goniwe
2022-10-13Freek Robinson se pa was ’n mediese dokter op Cradock. Matthew Goniwe was sy pasiënt.
Reguit met Robinson: Politiek vs mynbou in Suid-Afrika?
2022-10-13“Ons as ’n land skiet onsself met ’n dubbelloophaelgeweer in beide voete,” sê Bernard Swanepoel aan Freek Robinson in ’n kaalkop gesprek.
Druk op navorsers om in Engels te publiseer neem wêreldwyd toe
2022-10-11"’n Beter oplossing sou wees dat die hoëprofiel- internasionale indekse (soos Web of Science en Scopus) hulle huidige vermoëns om artikels in ander tale te indekseer verbeter. Anders ontstaan daar te veel akademiese silo’s."
Caroline
2022-10-11"Sy het ons lewe vir ’n paar jaar gedeel, in ’n houthuis op pale teen die Magaliesberg. Daardie huis het later afgebrand en ons spore is toegewaai. Maar ons sal altyd na haar verlang."
Toyota US Woordfees 2022: Dan Sleigh roskam uitgewers oor verspreiding van pseudogeskiedenis
2022-10-11"Sleigh, wat bekend is as ’n geskiedenisspeurhond, was in gesprek met die kultuurhistorikus Matilda Burden oor sy omvattende boek Retoervloot: Kaapstad en die VOC in 1713. Sleigh het dit onder meer gehad teen skrywers en uitgewers wat hulle skuldig maak aan die verspreiding van mites en verdraaiings wat ten duurste as geskiedenis aan lesers opgedis word."
"Die toekoms is blink": ’n onderhoud met Kobus Burger, RSG se nuwe programbestuurder
2022-10-10"Klank is ’n besonderse kreatiewe medium. ’n Stilte kan byvoorbeeld sóveel dinge beteken."
Huldigingsrede: Antjie Krog, 7 Oktober 2022
2022-10-08"Ek sê dankie dat van die mees hartroerende woorde in Afrikaans vloei uit die rou materiaal van die lewe: vuil doeke droogmaak, etes voorberei, saam om ’n tafel sit, my seun groet …"
Blik na buite
2022-10-06"Gedagtig aan literatore se wydse belangstellings en skunnige behoefte aan venting het ek besluit dat Crito se visie terstond meer katoliek word. Kroonwild, pappie. Ek hou my swepies byderhand vir die resensies."
Mamma, wat nou? Die impak van Covid en inperkings op puberteit
2022-10-06"Die pandemie het op vele terreine en wêreldwyd ’n amperse tasbare voetspoor gelaat. Onlangse navorsing toon COVID-19 het ook ’n hernude fokus op van die jongklomp se liggaamsontwikkeling geplaas."
Daa kom ’n SASSA-toyi, Uncle Cyril
2022-10-05"Wanne laas het Uncle op ’n oumens-pay-dag while it loadshedding is en it reent in ’n lyn byrie winkel of ie post office gestaan? Wyl it nog skoolvakansie is oek, by the way, soe allie kinnertjies wat nowhere het om te gan, kô sam innie lyn staan."
Reguit met Robinson: Het Poetin sy hand oorspeel?
2022-10-05Watter faktore tel teen Poetin op hierdie stadium? Freek Robinson gesels met Christiaan Basson, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Oekraïne, en Gerrit Olivier, Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Rusland.
