Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Te veel van die regering se besluite is polities eerder as verstandig

Danie van Wyk Menings 2022-09-02

“Te veel van die regering se besluite is polities eerder as verstandig. Politieke wil ontbreek op groot skaal om verskeie kwessies van nasionale belang aan te spreek en om met daadwerklike optredes vorendag te kom,” sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van die DAK Netwerk.

Afrikaanse rock ’n roll: Brixton Moord en Roof en Raaskopleef raas steeds

Louis Duvenhage, Andries 'Roof' Bezuidenhout Musiek 2022-09-02

“Johannesburg is punk, metal en industrial, in daardie volgorde. Pretoria is meer folk en country. Kaapstad en die stad se flipside is elektroniese dansmusiek, hip-hop en jazz. Stellenbosch is blues, omdat dit ons ekwivalent van die Amerikaanse Suide se slawegeskiedenis is. Durban is Kaliforniese surfer rock, alhoewel daar min Afrikaans is.”

Wat is Gorbatsjof se rol in die wêreldgeskiedenis?

Leopold Scholtz Menings 2022-09-02

"Met die tong enigsins in die kies sou jy kon sê sy doel was: 'Make the Soviet Union Great Again (MASUGA)' – min of meer die leuse wat Donald Trump later vir Amerika sou kies."

Nuwe kopieregwetgewing: Wat skrywers moet weet

Catrina Wessels Kopiereg-wetsontwerp 2022-09-01

"Indien die wysigingswetsontwerp op 1 September deur die Nasionale Vergadering aanvaar word, gaan dit ... na die individuele provinsies vir hul inspraak. Dit is moontlik dat provinsies hul eie openbare konsultasies oor die wysigingswetsontwerp sal hou, waar dit in die belang sal wees van alle skeppende kunstenaars – skrywers, kunstenaars, komponiste, rolprentvervaardigers – om hul sê te sê. Daar is baie op die spel."

LitNet Akademies Weerdink ‒ "Kill the boer": Hoe moet hierdie woorde in 2022 verstaan word?

Freek Robinson, Anton Kok Onderhoude 2022-08-31

Waar lê die grens tussen haatspraak en vryheid van uitdrukking? Freek Robinson vind meer uit by Anton Kok, professor by die Regsfakulteit aan die Universiteit van Pretoria.

Die stilswye rondom swart-op-swart-rassisme

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-08-30

"Die xenofobie kom nie as ’n verrassing nie. Van ons populistiese politieke leiers hits dit aan sonder dat hulle enige ernstige nagevolge ervaar. Hulle word nie deur hul volgelinge gesensureer nie, wat hulle net dapperder maak vir ’n volgende poging. Boonop inspireer hulle ander politieke leiers om dieselfde te probeer in ’n poging om ook meer relevant te probeer wees."

Die kompleksiteit van polio – en die belang van inenting

Elsabé Brits Seminare en essays 2022-08-30

"Daarom kan die gevalle wat nou opgelet word, selfs die virus in die rioolwater, gesien word as mensgemaak, máár net omdat daar nie behoorlik voldoen word aan entstofprogramme nie. Vir virusse soos polio (onder meer masels ook) wat hoogs aansteeklik is, moet 90% of meer van die bevolking gevaksineer wees om voldoende dekking te kry."

Miniseminaar: Oor jeugverhale, Van Coller, en ek en Barrie Hough

Reinhardt Fourie Seminare en essays 2022-08-30

"Dit beteken nie dat daar sprake van ’n sinistere, politiek korrekte of woke kabaal is nie, maar eerder dat ons te make het met ’n ingewikkelde proses waartoe baie mense bydra en waarin hulle ook ’n belang het." Lees Reinhardt Fourie se bydrae tot LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".

VVA Ommietafelgesprek: Hoe baan jou taal ’n weg tot sukses?

Jean Oosthuizen ATKV-Portaal 2022-08-29

"Almal kan nie gepubliseerde skrywers word nie, maar elke mens het ’n storie om te vertel. Afrikaans bied aan almal die geleentheid om hulle lief en leed met ander te deel. Dit is een van die voertuie wat ’n weg tot sukses kan baan."

In memoriam: Marzanne Leroux-Van der Boon (1940–2022)

Helene de Kock In memoriam 2022-08-26

"Marzanne was ’n skrywer, vertaler, berader, onderwyser en het op verskeie rade gedien. So het sy sinvolle bydraes gemaak tot die samelewing en nogtans ’n redelik-lae profiel gehandhaaf omdat sy sag van aard en wys was. Marzanne Leroux-Van der Boon sal op vele terreine gemis word."

Historiese relevansie en betekenisvolheid

Handré Brand Seminare en essays 2022-08-25

"Gebeurtenisse wat tans as irrelevant beskou word, kan in die toekoms dalk as histories relevant met belangrike betekenisvolheid geag word. Solitaire se plaasskooltjie (sowel as ander skooltjies in die Overberg, byvoorbeeld Wolfkraal, Boontjieskraal, Waboomskloof en Jongensklip), beskik oor sluimerende of inherente historiese betekenisvolheid."

’n Pa se gene en keuses

Estelle Kruger Rubrieke 2022-08-24

"Omdat my pa blind was, het ek geleer om onsigbaar te wees. Ek kan nie so goed van my pa onthou nie, maar ek vermoed dis van lankal af dat mense my nie kan sien nie."

Die publikasie van Afrikaanse kinder- en jeugboeke in die 21ste eeu

Leoné Tiemensma Boeke en skrywers 2022-08-24

"In ’n studie wat pas voltooi is, is bevind dat die produksie van kinder- en jeugboeke in Afrikaans ’n stadige, maar bestendige groeikurwe in die 21ste eeu toon."

USAN 2022 – ’n onderhoud met Jean-Marie Potgieter

Naomi Meyer, Jean-Marie Potgieter Onderhoude 2022-08-24

"Navorsing oor elemente wat spreker-perspektief uitdruk en hoe hierdie elemente geïntegreer kan word binne die tradisionele sintaktiese raamwerk is tans aan’t floreer. Vooruitgang binne die akademie kan slegs geskied as bestaande inligting en benaderingswyses bevraagteken en uitgedaag word. Dis baie opwindend om deel te kan wees van hierdie akademiese diskoers."

Reguit met Robinson: Suid-Afrikaners se finansies

Freek Robinson, Jacolize Meiring, Jacolize Poalses Onderhoude 2022-08-24

Wat is die impak van stygende lewenskostes, inkomste-ongelykheid, korrupsie en die COVID-19-pandemie op Suid-Afrikaners se finansiële en sielkundige welstand? Freek Robinson gesels met Jacolize Meiring en Jacolize Poalses van die Buro vir Marknavorsing (Unisa). 

Omstredenheid en kleuter-, kinder- en jeugliteratuur

Betsie van der Westhuizen Seminare en essays 2022-08-24

"In die konteks van die omstredenheid van die litererêre sisteem van die afgelope drie maande sou dit moontlik ook ’n opsie kon wees om dit te oorweeg dat die verskeidenheid sienings gekoördineer kan word om die literêre sisteem te versterk en te vernuwe." Lees Betsie van der Westhuizen se bydrae tot LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".

Miniseminaar: Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era

LitNet Seminare en essays 2022-08-24

Om perspektief te kry oor die storms wat in 2022 rondom Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur gewoed het, bied LitNet ’n miniseminaar oor die stand van sake in dié genre aan, met bydraes deur akademici en kundiges. Lees die eerste bydrae hier.

South African writing on Angola: The forgotten war

David Willers Opinion 2022-08-23

"All wars in history, from the Greek heroes onwards, spawn such intense memoirs, long and short. They are a bedrock of classic literature. We are fascinated by them. They invite us to eavesdrop on the confessional. They are a form of writing therapy, a way of laying the ghost, and a psychiatrist is not needed to tell us that. But there is also more to it. War memoirs involve all of us, including the bystanders. They make the reader complicit."

Is daar nog ’n wonderwerk in die reënboognasie se toekoms?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-08-23

"Umair Haque, Britse ekonoom en skrywer van The Capitalist Manifesto: building a disruptively better business, beskryf die VSA in ’n onlangse meningstuk as ’n samelewing op die rand van sosiale verval. .... Haque is korrek wanneer hy sê VSA 2022 is in die moeilikheid. Maar wat van RSA 2022?"

Review vannie Arabies-Afrikaans Workshop met die Afrikaanse Taalmuseum

Tasneem Daniels Menings 2022-08-19

"Daa is baie historical accounts van hierie taal, want ôs is baie diverse in ôse origins, maa daai workshop was ’n unique moment om mekaa te luister met respek en daa was baie mense wat uitgekom’t om ôse perspectives as ’n Muslim Afrikaans community te lee ken – daai het ek die meeste appreciate vannie workshop alhamdulilah." 

Top