Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Reguit met Robinson: Is daar nog ’n plek vir die Britse koningshuis in 2022?

Freek Robinson, Jo-Ansie van Wyk Onderhoude 2022-09-15

Het die Statebond nog ’n bestaansreg? Freek Robinson gesels met Jo-Ansie van Wyk, ’n hoogleraar in internasionale politiek verbonde aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).

Top-tien-opvoeders in die Wes-Kaap: ’n onderhoud met Robyn van de Rhede

Naomi Meyer, Robyn van de Rhede SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-09-14

"My droom is dat elke leerder in Suid-Afrika ’n kwaliteitopvoeding sal ontvang, ongeag die area waarin hulle woon. Net omdat dit ’n no-fee-skool is, beteken dit nie dat hierdie leerders nie kan presteer nie. As jy vir ’n kind die geleentheid skep, en jy maak die commitment om saam met hulle die pad te stap en altyd hul nommer-een-ondersteuner te wees, selfs na skool, kan enige kind presteer."

Begrawe, maa moenie vegiet

Veronique Jephtas Menings 2022-09-14

"Die somtotaal van wat sy moes erf, en nou pass na King Charles III, isse heavy load gevul met guilt en torture en pyn ennie reparations wil nettie kô nie, en assit kô issit nie genoegie. Elke national monument, cultural reference, historic building or moment and art isse constant reminder vannie gevat sonne veel terug gie. Die ytbyt ennie anhou byt. Dis tragic dat even wannee jy probee bietere doen, kan jy nie maklik ontslae raak vannie goed wat directly na jou toe gepass issie. Goed wat in jou bloedlyn is: die pyn, die gesukkel, die gemartel ennie gebreek en soe gemaak en laat staan."

Van wanne af is dignity net ’n paper right, Uncle?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-09-13

"As djulle omgegie het vi dignity, as djulle rêrag committed was om mense ’n bietere liewe te gie, dan sou dit ie norag wies vi mense om te strike en te brand en te riot ie. Djulle sou sonne om geprompt te wôd djulle hanne stompies gewêk het om te ensure ammel het wate en kos en klere."

Vergadering Taal

Tasneem Daniels Menings 2022-09-13

"Idees en creativity is baie op en af, en dis net die nature van hoerie creative wêreld wêk en ôs moetie teen’t baklei nie, ôs moerit net trust. Die regte moment innie regte kamer gaan kom om ôse idees te manifest, en as ôs continue om daai meeting skills te sharpen, het ôs maximum chances ommit reg te kry."

Kinderboeke, karakter en selfbeeld

Jeanette de Klerk-Luttig Seminare en essays 2022-09-13

"Baie ouers is meer ingestel op hul kinders se positiewe selfagting en selfbeeld as op die ontwikkeling van hul karakter. Hulle fokus is meer daarop om hulle kinders gelukkig te maak as om hulle te help om goed te doen en wyse keuses te maak."

Miniseminaar: Moenie kanselleer nie, publiseer net meer

Jacomien van Niekerk Seminare en essays 2022-09-13

"[E]k sou, as ouer en akademikus, minder energie daaraan bestee om sensuur op ouer boeke toe te pas en eerder ’n pleidooi lewer vir die publikasie van soveel as moontlik nuwe, oorspronklike boeke in Afrikaans wat die Suid-Afrikaanse werklikheid in al sy kompleksiteit uitbeeld." – Jacomien van Niekerk in LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".

Sowat van ’n wolk!

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-09-12

"Ons is aanmekaargesit van drome en wind. Ons identiteit is so broos. Dis soos wolke wat gedurig van vorm verander. Stadig gebeur dit, die metamorfose, en later onthou jy nie die oorspronklike vorm nie. Soms onthou ’n mens die onbenullige, die fokus ernaas."

LitNet Akademies Weerdink: Om ’n transnasionale grootouer te word (waar wetenskap en kuns ontmoet)

Sulette Ferreira Seminare en essays 2022-09-09

"Die emigrasie van individue en gesinne is vandag baie Suid-Afrikaners se werklikheid. Heelwat jong mense soek na groener weivelde elders in die wêreld. Hierdie groot verandering eis ’n tol op die emigrante én diegene wat in Suid-Afrika agterbly."

Khawufane ucinge SA schools seminar: Mphuthumi Ntabeni responds

Mphuthumi Ntabeni SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-09-08

"Ukufunda ngelwimi lakhe lwemveli limenza umfundi anqakule msinyane, kwaye azive enegugu nomdla kulento ayifundiswayo." | "Learning in their mother tongue or vernicular makes a pupil sharp in absorbing the lesson, it also entices their sense of pride in the their own identity."

Sê nou maar-SA skoleseminaar: Chareldine van der Merwe reageer

Chareldine van der Merwe SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-09-08

"Dis belangrik dat ouers wanneer hulle besluit in watter taal hulle die kind wil laat skoolgaan, moet nadink oor die taal waarin die kind die beste kan presteer en maksimum resultate kan behaal. Dit moet ook ’n taal wees waarin ouers hulle kinders kan ondersteun."

Just imagine SA schools seminar: Bassey Antia responds

Bassey Antia SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-09-08

"In one country, a researcher concluded that in the experience of both teachers and students English is more appropriately described as a medium of obstruction, rather than of instruction. I dream of a world where students are educated in a system where languages in their repertoire, as well as their social realities, are taken into account when they learn – as well as when they are assessed."

Sê nou maar-SA skoleseminaar: Danie van Wyk reageer

Danie van Wyk SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-09-08

"Vir kinders om in hul moedertaal onderrig te word sal nie slegs bydra tot beter akademiese prestasies en vordering nie, maar sal in hulle ook ’n selftrots ontwikkel, want hulle sal nie slegs gemaklik met hulself wees nie, maar sal ervaar dat hulle ’n voorreg het wat hulle te alle tye sal bevoordeel, omdat hul moedertaal deel van hul leefwêreld sal wees."

Languages and South African schools: a web seminar

LitNet SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-09-08

Naomi Meyer het ’n paar mense gevra om te skryf oor ’n wêreld waar onderrig in die taal wat die kinders by die huis praat, sou kon plaasvind. | Naomi Meyer asked a few people to write about a world where children are educated in the language they speak at home. | Naomi Meyer ucele abantu abambalwa ukuba bathi gqaba-gqaba ngezavenge kwabantwana ngelwimi labu lesuntu.

Die inspirerende onnie agter Kakamas se tienertoneelprestasies

Barnie Mans, Melt Myburgh Onderhoude 2022-09-08

"Met 240 leerders is ons ’n klein skool, so almal moet alles doen, of daar is niks. My beste akteurs en aktrises is rugbyspelende landbouseuns, die kaptein van die hokkiespan, die dux-leerder …" – Ontmoet vir Barnie Mans, die onderwyser van Kakamas wie se tienertoneelgroep die land aan die brand speel.

Reguit met Robinson: Sal Liz Truss ’n haas uit die hoed kan pluk?

Freek Robinson, Theo Venter, Roland Henwood Onderhoude 2022-09-06

Liz Truss, die nuwe premier van Brittanje, neem die leisels by die gediskrediteerde Boris Johnson oor te midde van baie ontwrigtende wêreldgebeure, met Brittanje wat dit ernstig beleef. Freek Robinson vind meer uit by politieke ontleder Theo Venter en Roland Henwood, dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van Pretoria.

Miniseminaar: Antjie Somers, ons oudste gender-bender

Chan Croeser Seminare en essays 2022-09-06

Chan Croeser verduidelik waarom dit tyd is dat Antjie Somers, ons oudste gender-bender in kinderstories, met die respek behandel moet word wat hulle toekom. Lees Chan se bydrae tot LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era", hier.

Die skadukant van fotografie

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-09-06

"Om die makabere en donker aard van nadoodse, of Victoriaanse nadoodse, fotografie te verstaan, moet mens iets van die konteks van daardie zeitgeist begryp. In die 1800’s het mense vinnig en dikwels gesterf aan siektes soos cholera, skarlakenkoors, tifus, tifuskoors, tuberkulose, ens – mediese kondisies wat vandag voorkombaar en hoogs behandelbaar is. Jou kans om 40 of ouer te word, was nie juis rooskleurig nie."

Toyota US Woordfees 2022 is "Wild": ’n onderhoud met Saartjie Botha

Naomi Meyer, Saartjie Botha Onderhoude 2022-09-05

"Dis tyd om nou weer litte los te maak, bollas los te skud, en agter te kom dat mense vryer is. ’n Sin van vryheid en ongebondenheid kan beleef. ’n Bietjie minder konvensioneel en minder konserwatief as wat hul normaalweg sou wees." Lees die onderhoud en laai die Woordfeesprogram én die volledige boekeprogram hier af.

“Kill the Boer”-sage: aluta continua

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-09-05

"Ek twyfel of AfriForum meer sukses sal hê in die Konstitusionele Hof. Hulle sal waarskynlik hope meer lede werf, en dit is waarskynlik waaroor hierdie saak in elk geval gegaan het."

Top