#bringingbackubuntu

  • 1

Ek wonder oor iets baie puzzling.

Tydens Apartheid was die ANC dié resistance movement. Verskeie digters, skrywers en musikante het hulle ondersteun, so pre-1994 was die spotlight gefokus op al die atrocious skendings van menseregte. And change did come around. Maar nou? Waar is die resistance movement(s) tans om te betoog oor al die ongeregtighede in die land en om die ANC aanspreeklik te hou? Waar is protesliedjies wat vertel dat verandering moontlik is? Liedjies wat Suid-Afrika se demokratiese kleed, wat na aan vodde is, ’n bietjie kan afstof?

Waarmee SA tans stoei, is meer as nét rassisme en geweld hoofsaaklik gemik teen swart, bruin en Indiër mense. In 2023 is daar wel nog steeds rassisme, maar dit raak ALMAL van ons, ongeag jou velkleur, taal en godsdienstige oortuigings. Geweld teen vroue en kinders raak ALLE rasse. Werkloosheid, swak publieke skole, aaklige staatshospitale, slaggate, beurtkrag, diskriminasie teen die LGBTQ-gemeenskap ook. Almal word daardeur geraak: bruin, swart én wit mense, Indiërs, die Khoi San, buitelanders wat permanent hier bly, you name it. En die ANC wat hulle gat afvee aan die Zondo-kommissie se verslag en aan Phala Phala en aan Kwezi (destyds), and the list goes on. Hoekom aanvaar ons als skynbaar gelate, met net ’n bitch en moan langs die braaivleisvuur elke nou en dan? Hoekom?

Ek’t die naweek gehoor Suid-Afrikaners ly basies aan ’n mentaliteit soortgelyk aan “battered housewife syndrome”. Die meeste mense sug, trek hul skouers op en rol hul oë oor, ag tog, nóg beurtkrag, nóg korrupsie, méér slaggate, wéér ’n plaasmoord, nét nog ’n verkragting. Another day in South Africa.

Ek sê bullshit.

Iemand moet the powers that be (die ANC) wys wie het eintlik die power. Die mag om dinge te verander, lê in ons hande.

So nou is my vraag: Waar is die protesliedjies dan? Musiek kan enige realiteit beïnvloed en verander. Musiek kan die nodige gevoel van samehorigheid en goodwill skep wat slegs ’n Springbok-rugbywedstryd tans kan doen. I wanna try and do something. Ek het ’n inkling van ’n idee, maar ek het dit nodig om myself te omring met mense wat slimmer en meer ervare as ek is. Daarom stuur ek dié e-pos aan verskeie kunstenaars en skrywers.

Ek ruik die potensiaal van ’n revamped Voëlvrytoer ’23.

Wat van ’n musiekfees reminiscent aan Oppikoppi of die Voëlvrytoer? Met protesmusiek galore! Maak dit ’n once off event, een hier in Joburg en een in die Kaap. Soos, dalk ’n march om te sê ons die publiek, die mense, die hartklop van die land is #gatvol en ons durf dit nie verder duld nie, daarna volg die konsert, wat iets soos #bringingbackubuntu heet.

Ek soek naarstigtelik ’n call to guitars.

Iemand wat so iets wil help reël, kan vir LitNet kontak sodat hulle jou besonderhede aan my kan stuur.

Koos Kombuis reageer hier op Irene se brief:

Die Laaste Ding wat ons nou Nodig het is Nog ’n Voëlvry-Toer!

Lees ook:

Djy kan maa eider Davos toe gegan het, Cyril

Getting the lights to work by teaching anti-corruption values

  • 1

Kommentaar

  • Die politieke sisteem van Suid-Afrika maak politieke aktivisme effektief nutteloos. Kyk hoe het Johnny en sy blou span voor Luthuli-huis gaan dans. In ruil het die land hoër vlakke van beurtkrag gekry.

    Die sisteem van proporsionele indirekte verteenwoordiging beteken effektief dat die gewone mens op straat nie 'n clue het vir wie hulle eintlik stem as hulle hul kruis trek agter enige een van die hordes simbole wat wissel van olifante, spiese, sonne wat opkom, gewasse en ander derglike simbole.

    Ek dink Koos Kombuis se F-kol song, wat reeds in aanloop tot 2010 se sokkertoernooi verskyn het, is die groot post-1994 politieke liedjie.

    Of miskien kan 'n bekwame kletsbot vir ons 'n simfonie van die mislukte staat skryf.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top