Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

LitNet Akademies-resensie-essay: Dol heuning deur SJ Naudé

Thys Human Resensies 2022-07-07

"Ek weet van min kortverhaalbundels waarin uiterlike én innerlike landskappe op so ’n genuanseerde, geloofwaardige en uiteindelik ook aangrypende wyse gekarteer word soos in Dol heuning."

Skryf Afrikaans van A tot Z, ’n onderhoud met  Sebastian Pistor

Naomi Meyer, Sebastian Pistor Onderhoude 2022-07-07

"Uiteindelik kan almal wat die beste wil kommunikeer aan hul gehoor, hetsy deur die gesproke of die geskrewe woord in Afrikaans, in enige vakgebied by ’n boek soos hierdie baat."

Christa van Staden: Telegram die beste geselstoep vir gebruik deur leerders en studente

Liné Loff, Christina Johanna (Christa) van Staden Onderhoude 2022-07-07

"Signal is die veiligste, maar Telegram bied soveel funksies waarmee die beperkings van WhatsApp oorkom kan word. Hoe meer ek Telegram gebruik het, hoe meer het ek besef hoe bruikbaar dit is."

Hoe groot is die ekonomiese krisis?

Freek Robinson, Lullu Krugel Onderhoude 2022-07-06

Twee jaar van beurtkrag is gelykstaande aan die ekonomiese inkrimping tydens die COVID-19-pandemie, volgens Lullu Krugel, die hoofekonoom vir PricewaterhouseCoopers in Suidelike Afrika. Hoe donker is die groter prentjie?

Joernalistieke feite en fiksie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-07-05

"Elke onakkuraatheid wat in die pers gepubliseer word, kalwe weg aan die publiek se vertroue in akkurate beriggewing. Hoe kan ons weet wat om te glo as ons nie kan staatmaak op ons koerante nie?"

Een mens maak ’n verskil! Pseudo-sinchronisiteit: onderlinge verwantskap of blote toeval?

Handré Brand Menings 2022-07-05

"Dit beteken dat wanneer ’n krisis ontstaan, die kanse statisties groter is dat ’n enkele bystander onmiddellik hulp sal verleen as wanneer meer as een bystander betrokke is. Wanneer meer as een bystander op die toneel is, vind diffusie van verantwoordelikheid plaas."

USAN 2022 – in gesprek met Mareli Swart

Naomi Meyer, Mareli Swart Seminare en essays 2022-07-01

"Ek was onlangs by ’n simposium in Brussel waar ek kon praat oor Afrikaans en vertaling in Afrikaans; ek kon gesprekke voer met mede-akademici oor my vakgebied en my taal terwyl hulle luister en ek later weer na hulle."

Dissie regte, vekere generasie

Veronique Jephtas Menings 2022-06-30

"Nou die feit dat ek noem dat jy probably al vegiet het, het niks te doen met jou lat sleg voelie, maa alles mettie feit dat ek doelbewus gewag het tottie stof gat lê het voo ekke af in die paadjie loep."

’n Kroniek van die populêre kultuur in die ’80’s

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-06-30

"Almal wat in daardie tyd geleef het, dra iets van die ’80’s met hulle saam. Of dit nou ’n gunstelingsong is, of ’n voorliefde vir paisleydasse, Wayfarer-sonbrille – of perdalks die shoulder pads in werksdrag – na alle waarskynlikheid is die ’80’s, as tydvak, die dekade wat deur die heel gelukkigste herinneringe gekenmerk word."

Two meetings, two worlds

Tristen Taylor Opinion 2022-06-30

"Africa’s 20th-century history shows the true cost of the world’s powerful countries locked into a struggle for dominance, economic or otherwise."

Afrikaans kry uiteindelik erkenning as ’n inheemse taal

Danie van Wyk Menings 2022-06-29

"Die minister van hoёr onderwys, wetenskap en innovasie, Blade Nzimande, het uiteindelik toegegee dat Afrikaans, asook die San- en Khoi-tale, Suid-Afrikaanse inheemse tale is. Dit was ’n gesamentlike poging deur verskeie rolspelers om hierdie ommekeer in die taalbeleidsraamwerk van die departement te bewerkstellig, en niemand kan ’n oorwinning eis vir ’n stryd om Afrikaans en die Khoi- en Santale die erkenning te gee wat hulle verdien nie," voer Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van die DAK Netwerk aan.

Waar sal my hulp vandaan kom?

Bettina Wyngaard Menings 2022-06-29

"Die wêreld het mal geword."

Google gee jou vlerke: Google Translate en die afbreek van taalgrense

Burgert A Senekal Menings 2022-06-29

Google Translate het onlangs 24 nuwe tale bygevoeg, wat (nog) Suid-Afrikaanse tale insluit. Burgert Senekal vertel meer oor hierdie masjienvertalingsdiens.

ANC-ideoloë steur hulle min aan akademici en navorsing

Johan Zaaiman, Melt Myburgh Onderhoude 2022-06-29

Met die grootskaalse plundery van ’n jaar gelede nog vars in die geheue, het Melt Myburgh vir Johan Zaaiman gevra of sulke protesaksies voorkom kan word as die ANC-regering sy vinger sterker op die pols van akademiese navorsingsresultate hou.

Gesprek oor die skrywersresidensie in Paulet Huis, Junie 2022

Naomi Meyer, Theo Kemp, Catrina Wessels Onderhoude 2022-06-29

Theo Kemp: "Somerset-Oos het my vry laat voel. Ek kan vryer asemhaal, vryer dink."

Catrina Wessels: "Die tyd was ryp vir samewerking met dié dat Paulet Huis se restourasie voltooi was, wat pragtige fasiliteite daargestel het om juis letterkunde en die kunste te bevorder."

Die posisionering van Afrika in China se internasionale strategiese raamwerk

Fanie Herman Seminare en essays 2022-06-29

Fanie Herman, navorsingsgenoot in die Universiteit van die Vrystaat se Departement vir Politieke Studies en Regeerkunde, verduidelik hoe Afrika inpas in China se strategiese benadering tot internasionale sake.

Is Women's Month op steroids?

Tasneem Daniels Menings 2022-06-29

"Dis amper Women’s Month en ek prepare myself vi allie mass media galore waarie 'women’s empowerment' thread heeltemal uitgetrek sal wôd, en vi ’n maand vi ammal laat gloe dat ôs vroumense woon nie in ’n wereld wat vi ôs degrade’ie ... Ek refuse om getricked te wôd om te gloe dat my enigste anner option is innie wêreld te woon as ’n angry feminist."

Water: Wag daar ’n ramp op ons?

Freek Robinson, Abri Vermeulen, Charl van der Walt Onderhoude 2022-06-29

Is die waterkrisis so akuut soos die Eskom-krisis? Ingenieurs Abri Vermeulen en Charl van der Walt skets vir Freek Robinson die breë prentjie oor watersekerheid, vaardigheidstekort, veilige drinkwater, water-en-sanitasie-infrastruktuur, klimaatsverandering en vinnige verstedeliking.

Die "klein mannetjie" met die reusestem

Heindrich Wyngaard In memoriam 2022-06-24

"'Moenie my groter maak as wat ek is nie,' het James Bhemgee, wat hierdie week oorlede is, altyd gekeer wanneer ’n goeie vriend, Rif’at Bowers, hom op die verhoog voorstel. 'Ek is,' sou hy dan byvoeg, 'maar ’n klein mannetjie.' ... Maar die rykheid van James Bhemgee se stem sal onverdoofbaar bly deur die oorgawe waarmee hy die slotreël van 'Nessun Dorma' uitbasuin: 'Vincerò! Vin-ce-rò!' Dit was ongetwyfeld dié 'klein mannetjie' met die reusestem se persoonlike oorwinningskreet."

Die skielike heengaan van James Bhemgee

Danie van Wyk In memoriam 2022-06-24

"James Bhemgee was ’n bekende tenoor in die Kaap wat nooit die hoogtes bereik het waarvoor hy bestem was nie," sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk.

Top