Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Hulpvaardige kubernetiese skilpaaie: Kunsmatige Intelligensie en robotte in en om die huis
2022-06-02"Omdat robotstofsuiers binne die huis, wat ’n intieme ruimte is, funksioneer, word hulle deel van mense se sosiale netwerke. Mense raak geheg aan hulle robotstofsuiers en gee selfs vir hulle name."
Reguit met Robinson: "As ons nie beplan vir Afrikaans nie, dan gaan daar vir ons beplan word." – Wannie Carstens
2022-06-02Freek Robinson gesels met Wannie Carstens oor die stand van Afrikaans, asook persepsies van, houdings teenoor, en waarhede oor Afrikaans. Wannie is ’n buitengewone professor in Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit.
Die Taalmonument: ’n simbool van die stryd tussen politici en skrywers
2022-05-31"Die persoon wat waarskynlik die meeste kan leer uit die geskiedenis van die Afrikaanse Taalmonument, is die man wat wil hê dat die naam daarvan verander moet word – minister Nathi Mthethwa, hy van die Departement van Sport, Kuns en Kultuur. Die monument is simbool van baie dinge – maar veral van die stryd en spanning tussen skrywers en politici."
Uvalde kon verhoed gewees het
2022-05-31"Uvalde, Buffalo, en elke ander massaskietery wat in ons geheues ingebrand is, kon voorkom gewees het. Vele mense wat ryk en vol lewens kon gelei het, is weggeruk. Dit het tyd geword dat iemand daarvoor betaal."
KOER lanseer Armand hoog in die app-mosfeer
2022-05-31"Van die begin af wou ons natuurlik hê dat ons voëltjie die nes moet verlaat en vlieg, maar ons het nie verwag dat hy teen só ’n tempo en met sulke krag die app-mosfeer sou bestyg nie!" – Armand Aucamp oor die sukses van sy maatsoek-toep, KOER.
"O moenie huil nie, o moenie treur nie": Nostalgie in tydskrifadvertensies
2022-05-31"As iets in die advertensie jou emosioneel tref, terugneem na iets in jou (of die) verlede, het die advertensie dus reeds jou aandag om dan verder met jou te kommunikeer oor hoe ’n bepaalde handelsmerk tot jou voordeel gaan wees."
Wit en bruin staan saam oor Afrikaans by ATM (Afrikaanse Taalmonument- en museum)
2022-05-29"Politieke partye wat mekaar gereeld in die hare vlieg, nieregeringsorganisasies, belangegroepe uit wit en bruin geledere, kunstenaars en individue wat sterk voel oor Afrikaans het Saterdag net een boodskap in die Paarl vir die minister gehad: Los Afrikaans uit."
’n Huldeblyk aan Marilyn Martin
2022-05-27"Suid-Afrika se kunsgeskiedenis sal Marilyn Martin huldig vir ’n merkwaardige, selfs revolusionêre, loopbaan wat die bestaande kuns-kulturele hegemonie op sy kop gedraai het. Sy had die persoonlikheid (stylvol en innemend), die kennis (akademies priemend en ondersoekend) en die onverskrokke deursettingsvermoë om politici, ou wit manne, opposisie en toegewyde burokrate te hanteer."
Roe v Wade: Wat beteken dit vir Suid-Afrikaanse vroue?
2022-05-26"Hierdie moontlikheid dat aborsies weer verbied gaan word, het soos ’n veldbrand deur Amerika versprei en vroue in Amerika en elders het in opstand gekom."
’n Drieduisendjaaroue papirusargief in die woestyn van Egipte ontdek
2022-05-26"OxyrhynChus het uiteindelik vir meer as 1 000 jaar verlate gelê, ’n ruïne toegewaai in die woestyn. Toe die moderne opgrawings in Egipte begin het, is die groot afvalhoop by OxyrhynChus aanvanklik nie gesien as die moeite werd om argeologies ondersoek te word nie, totdat Grenfell en Hunt van Oxford, half teensinniglik, besluit het om dit te gaan oopgrawe."
Oor plek, inheemsheid en mag
2022-05-26"In die suide van Afrika het ’n slaaf uit die hartland van Tamilsprekende Indië ’n heenkome gevind en ’n nageslag nagelaat, net soos Danny Titus wat in sy naam die geskiedenis van verdrukking dra. Ons kan op uiteenlopende maniere Suid-Afrikaans wees, en daarvoor is inheemsheid nie ’n voorwaarde nie. Suid-Afrika behoort aan ons almal. Dit is waarvoor ons ons moet beywer." – Hein Willemse (Danny Titus-gedenklesing, DAK Netwerk, Mei 2022)
Reguit met Robinson: Is transformasie bloot ’n mooi woord vir die US?
2022-05-25Ervaar mense van kleur voortdurende rassisme aan die US, of is die onlangse insidente uitsonderlik? Wat doen die universiteit met hulle opdrag om te transformeer? Is transformasie bloot ’n mooi woord vir die US?
Die Charter of Compassion 12 jaar later
2022-05-25"Dalk het die tyd aangebreek dat vroue moet regeer. In elke land waar vroue aan bewind is, van Afrika tot Europa, word gesinne sentraal geplaas."
Covid – waar ons nou trek
2022-05-25"Mense is eensaam. Dit is nie die hermiet wat kies om alleen te bly nie, dit is die ganse planeet vol mense wat verby mekaar leef."
Oor die Afrikaanse Taalmonument se voorgestelde naamsverandering: Danie van Wyk se mening
2022-05-20"Daar kan nie meer aangevoer word dat die Taalmonument ander taalsprekers uitsluit nie. Erkenning word juis gegee aan die invloed van Afrika-tale op Afrikaans ook. Die Afrikaanse Taalmonument het ’n simbool van versoening geword en het lankal die kleed van ’n apartheidsinstelling afgewerp."
Theuns Eloff: Aftakeling van Afrikaans as akademiese taal universiteite se eie skuld
2022-05-20Die enigste plek waar Afrikaans nog tot ’n mate as akademiese taal sal voortbestaan, is volgens Theuns Eloff die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. In Stellenbosch sal Afrikaans nog net twee jaar as akademiese onderrigtaal oorleef voordat die universiteit volledig Engels sal word.
Hoekom skryf ek in Kaaps?
2022-05-20"Kaaps stereotypes moet nou laain, en dis tyd dat mee Malay Kaaps Muslims daai feit moet onthou ennie skaamte daa’oo los."
Denke wat kan dans: Johan Degenaar en die kuns van gesprek
2022-05-20"Degenaar self het altyd verwys na Sokrates, ’n soort vaderfiguur vir die Westerse filosofie, as die beginpunt van sy eie filosofiese trajek. In ’n onderhoud wat hy met Pieter Duvenage gevoer het, vertel hy: 'Ek sou sê my eerste jaar, my ontmoeting met Sokrates, was ’n sentrale gebeurtenis in my lewe. En dit lyk my, as jy hom eers ontmoet het, dan los hy jou nie'."
Plak jou artist responsibility pledge vas op jou muur as djy rêrag ’n artist wil wies
2022-05-20"Daa is soeveel wêk wat ôs moet doen, stories wat ôs moet skryf en act en produce en direct, soeveel films wat ôs moet maak, soeveel poems in baie different tale wat ôs moet skryf ommie wêreld bieterer te maak."
Swerfjaar vir seniors: Dinge van die kind wat ek was
2022-05-19"Ons is nooit werklik klaar met die dinge van ons kindwees nie, dit weet ek teen dié tyd. Maar soms is ons gelukkig genoeg om ’n oomblik terug te kyk na die lang pad wat ons afgelê het, en vir onsself te glimlag."
