Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Hoe sê ’n mens totsiens aan ons geliefde prof Jacques?
2022-03-28"Wie gaan nou die sagte woord spreek om grimmigheid te laat bedaar? Wie gaan nou die stem van redelikheid wees in hete debatte oor Afrikaans?" – Wannie Carstens bring hulde aan Jacques van der Elst wat op 25 Maart 2022 oorlede is.
Die nuwe Covid-maatreëls: sinvol, of dalk heel sinloos?
2022-03-25"En wie is dan die groter sheeples – die persone wat die regering se instruksies blindelings navolg, of die persone wat besluite neem onafhanklik van wat die regering mag besluit?"
Sonkrag: Kan Suid-Afrikaners wegkom van die Eskom-netwerk?
2022-03-24Is die son se hitte gratis? En as dit nie ’n sonnige dag is nie, of dit hael, wat gebeur? Freek Robinson gesels met Ben Janse van Rensburg, bestuurshoof van die sonkragmaatskappy Affordable Power Solutions.
Tuis of ontuis – die woonbuurte en stede van ons toekoms
2022-03-24Hoe gaan Suid-Afrikaanse stede in ’n post-COVID wêreld lyk? Wat hou die grootste bedreiging vir ons woongebiede in? Wat doen mens as ontwikkelaars jou rustige straat omskep in ’n oorbevolkte studentenes? Tarina Jordaan, LitNet Akademies-navorser, gesels oor die uitdagings en veranderinge in die plekke en ruimtes waar ons woon.
’n Onderhoud met Jerzy Koch oor Pole, Rusland en Oekraïne
2022-03-23"Ons het op 12 Maart agt oorlogsvlugtelinge uit Oekraïne ontvang: vyf volwassenes en drie kinders. Hulle is gehuisves in ons ou woning (wat die ouer seun verhuur het om sy lening af te betaal en waar daar toevallig sedert die vorige maand geen huurders was nie). Hulle is tweetalig Oekraïens-Russies; een praat ook Engels, die ander Frans, opgeleide mense – twee aptekers, een hidrogeoloog en een dermatoloog."
Swerfjaar vir seniors, aflewering sewe: Oor ons ver verlate vlaktes
2022-03-23"Dis ’n ander vasteland dié. Dit lyk anders, dit ruik anders, dit vóél anders. Ek voel tuis hier, op ’n manier wat nêrens anders moontlik is nie."
Watse menseregte?
2022-03-22"Daar is niks om te vier nie. Menseregtedag het ’n dag geword wanneer ons rou oor die sterfte van die reënboognasie."
Taal van my hart
2022-03-22"Lawe my met rosyne, want ek is flou van liefde. Ek kan rinkink in my taal."
Humor in die oorlogsone: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (21 Maart 2022 om 15:00)
2022-03-21Hoe saboteer jy ’n hommeltuig met ingelegde tamaties? Menslikheid, humor en sterk vroue sou ’n goeie opsomming wees van hierdie gesprek met Eben Viktor vanuit Dnipro in Oekraïne. Ook taal. Wat beteken die woord waterpas in Russies?
Antirassisme: Wat is dit en hoekom maak dit saak?
2022-03-21"Vandag is dit Internasionale Dag vir die Uitwissing van Rassediskriminasie. En dit is nie per toeval op dieselfde dag as Menseregtedag nie. Hoekom word Internasionale Dag vir die Uitwissing van Rassediskriminasie gevier?"
Wat Hobhouse ons van Oekraïne kan leer
2022-03-18"Uiteindelik is dit unieke mense en groepe wat in oorlog en in die lyding daarna ’n verskil maak in ander se lewe. Dis 'radikale mense' soos Hobhouse."
Godsdiens, oorlog en sneeuklokkies in die winter van Oekraïne
2022-03-17"Hoe sonder blaam, sonder geweld en hoe blootgestel en kwesbaar kan geloof tog wees." – Pieter GR de Villiers oor die politieke en kerklike situasie te midde van die oorlog in Oekraïne.
Colonel Hunger and Major Sickness
2022-03-17"But meanwhile, when Viktor was pressed to describe the essential difference between the bilingual Ukrainians and Russians, essentially speaking one another's language, he said the nearest analogy was that of Ireland and England."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Roelf Meyer
2022-03-16Roelf Meyer was betrokke by die suksesvolle onderhandelinge om ’n demokratiese Suid-Afrika te skep. Sedertdien is hy na tientalle konfliksones genooi om onderhandeling van stapel te stuur. Freek Robinson vra Meyer uit oor hoe onderhandeling plaasvind, wat die prosesse en slaggate is, en uiteindelik ook wat die kanse op vrede in Oekraïne is terwyl Poetin nog aan bewind is.
Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole deur Johan Burger en Aslam Fataar: ’n resensie
2022-03-16"Al wat nodig is, is om nuut oor onderwys te dink."
Virtuele nasate
2022-03-16"By sy begrafnis het my ma vir die eerste keer haar halfsibbe ontmoet. Ek was toe 19. Na die diens het ek op my bed gaan lê en gehuil. Eers met my wang sywaarts op die kussing. Jy kan met een oog huil, soos ’n sikloop. Huil in reliëf, soos ’n sfinks. Huil met jou kop tussen jou hande terwyl die trane bidsnoere maak om jou polse."
Sal ’n enkele Afrika-geldeenheid goed wees vir Suid-Afrika?
2022-03-15"Julius Malema, Pandor en die ANC wat blindelings droom van ’n federale Afrika sonder grense en ’n enkele Afrika-geldeenheid, moet die uitdagings in gedagte hou waarmee die Eurolande worstel. Veral omdat Afrika ’n arm vasteland is wat dikwels deur korrupte, onbevoegde en rassistiese regerings regeer word."
Lat die mense govern, Uncle Cyril
2022-03-15"Of dink djy djy gan ie hero wies wat singlehandedly ie fight gan stop? Kan miskien gewêk het as djy gedeal het met sane mense, maa daai Poetin issie sane nie, Uncle. Hy sal djou virre pop vat en djou (en ôs) sam met hom aftrek. Raak wys, Uncle."
Oorlog en Vrede
2022-03-14"Oekraïne is sedert 1991 ’n onafhanklike staat. Jongmense het dus in ’n demokratiese land met ’n Westerse grondwet en regstelsel grootgeword en het geen belang in die uitbreidingsdrang van ’n skatryk Russiese diktator nie. Hulle praat meestal die Oekraïnse taal, is patrioties, en wil beslis nie deel van Rusland wees nie."
Nasionale biblioteekweek: ’n onderhoud
2022-03-13Vanjaar val nasionale biblioteekweek gedurende 14–20 Maart. Izak de Vries het in Distrik 6 by die Otto Stigting gaan kuier om uit te vind waarom nasionale biblioteekweek gevier word, waarom dit juis nou gevier word, en wat die doel van hierdie week is.
