...
Dan word dit eenkant gehou while die stysel kook en dit just a few seconds in die afgekoelde stysel gespoel kan word and then oppie wasgoeddraad gehang kan word om droog te word.
...
Kyk! Soos ek die lewe beleef het when I finished met die a-b-c and the 1+1=2 en toe mens darem kon beginte dink vir jouself, dan is die lewe net full of all the gewoontes wat mens elkerste dag net móés doen. En nie just bietjie stry daarteen nie, dan kry jy die coathanger, maar net maak soos Mammie always said!
En die memories galore. Mens se childhood op Graaffernet was absolutely enig van sy soort.
...
Daai tyd het die mansmense nog cufflinks gedra en sy gestyfde collar was behind his neck met ’n stud vasgemaak aan sy hemp. Hy’t dit most times laat val en ek moes altyd kom kruip en soek, under the bed of onder die spieëlkas. As dit vasgemaak is, kon dit aan ekstra knope onder sy keel vasgemaak word voor hy sy tie vasgeknoop het.
...
Kywie, hier kom sy!
“Kyk dis al ampers six o’clock,” raas Mammie. “Gaan stook die geyser nou immediately dat julle twee kan gebad raak voor soppertyd. Kom, kom, roer vir julle. Mensdom, moet mens dan aanmekaar repeat? Kan julle nie self onthou nie?”
Dan moes ons darem vir jou hop om als done te kry.
Net om die geyser te stook, was firstly ’n gedoente. One moes eers ’n paar stompies loop chop oppie woodblock innie stal. Daar was mos never genoeg hout in die mandjie innie badskamer nie en mens moes always dit loop vol maak in die stal, where Mammie vir Mr Lewack dit laat stoor het innie krip when he delivered it, so it stays dry en g’n muise kon nes maak daarin nie. Die staldeur kon gelock word.
But ek was bang vir daai stal, ’cause daar was once a vlermuis inside en die mense always said as hy in jou hare vasvlieg, it doesn’t let go en jy raak mal. En if it bites you word jy ’n Dracula. Maar ek’t nie geweet wat dít was nie. Maar, nonetheless it made me bang.
Dan moet ek vir Lollie roep to help me carry the wood as die basket vol was. Foeitog, sy’t maar kort-kort hande moes change as sy otherside vannie mandjie dra, want sy was drie jaar jonger as ek. En nog a shorty ook. Dan sak die basket haar kant en ’n couple of pieces val uit. Dan moet mens eers stop to pick them up. Shame man.
So ek was maar always baie vinnig ommie draai by die wisteria as Mammie die instruction vannie geyser gecall het, in by die stal, chop die hout en filled the basket en 1-2-3 was ek en Lollie in die badskamer.
Nou’t die boksie matches weer nat geword somehow en jy kannie vuur light nie. You now had to get new ones innie kitchen. Toe’s Mammie eers kwaai, want ons disturb haar kokery by die stove vir sopper en matchies kos duur.
...
As sy eers met die pink candlewick gown en die plastic showercap op haar high heel slippers, met supports in virrie dropped arches, die gang afgestap kom met ’n towel gedrape oorie arm, het jy geweet dis bathtime vir Ouma."
...
Teen die tyd wat die geyser begin te gorrel you had to be close by om die tap oop te draai, anders kook hy oor! And then it’s new trouble, want die vloer en badmatjies sal sopnat wees.
Ons twee het saam gebad, want die Van Ryneveld’s dam se water moes gesave word. Dit was nie water van Maggy se put nie. Dié was te brak en net in die leivore vir die blomtuin se natlei. Mammie het sometimes unannounced kom inspect dat ons die Lux- of Lifebuoy-seep laat skuim oppie waslap en nie sponge en nie water spat nie. Ons moes oralster was! En as ek en Lollie klaar was en pajamas en slippers aan het, we could come sit by the kitchen table for supper. And when we took hands to pray, was almal se hande mooi skoon. Mammie het eers gegaan bad ná soppertyd, na ons almal die skottelgoed gedoen het. Sy doen all the washing-up, ek droog af en Lollie bêre. En while sy bad kon ek en Lollie storybooks kyk en now en then Inspector Carr luister oppie radio.
Oumense was darem maar vol eienaardige gewoontes vir jou – ek kon my proppers verwonder!
Ons moes Lux-seep gebruik, but Ouma only wanted Vinolia, die lavender-soort. Ons het tapwater in ’n enamel beker getap om ons hare af te spoel. But Ouma het ’n lampetbeker en yslike waskom op die wastafel in the bedroom gehad. But sy’t dit net gebruik to wash her face, met tankwater, but nie haar hare nie. That she did innie badkamer as sy buig oorie bad. But also met tenkwater.
Ek kon my altyd verkyk vir die gedoente by the wastafel. It was darem so very grand. Als porcelain. Die agterste splashboard was geplak met die most beautiful tiles – sulke groen blare met pink tulips. Dan het dit verder ’n white marble top gehad waarop die pure white waskom, lampetbeker (vol tenkwater), the soap dish met die pers Vinolia en die potjie met haar toothbrush en Kolynos toothpaste gestaan het. En in die kassie onder the marble top was waar die gesigshanddoeke gebêre was (met mothballs in elke hoekie van die kassie). On the left was ’n towel rail waar die handdoek wat nat is, oor gehang het en die nat waslap was oop gedrape over the side van die waskom om lug te kry.
Links van die wastafel behind die bedroom door het die slopemmer gestaan … Ouma het die uil onder die bed uitgehaal en emptied it daarin sodat sy dit kon uitdra en die sweatpeas innie tuin kon natmaak. Dan ruik hulle soeter, she said. Ai, my dierbare ouma was darem so vol geite. As sy eers met die pink candlewick gown en die plastic showercap op haar high heel slippers, met supports in virrie dropped arches, die gang afgestap kom met ’n towel gedrape oorie arm, het jy geweet dis bathtime vir Ouma. But you weren’t allowed in die badskamer nie.
Met Oupa was dit anners. When you looked again stap hy sommer hier by jou verby na hy gebad het na sy bedroom toe net met ’n towel om sy waist om te gaan skoon aantrek en te gaan skoolhou.
Daai tyd het die mansmense nog cufflinks gedra en sy gestyfde collar was behind his neck met ’n stud vasgemaak aan sy hemp. Hy’t dit most times laat val en ek moes altyd kom kruip en soek, under the bed of onder die spieëlkas. As dit vasgemaak is, kon dit aan ekstra knope onder sy keel vasgemaak word voor hy sy tie vasgeknoop het. Sometimes het hy ’n bow tie gedra, but dis mainly wanneer hy town council meetings by die mayor gehad het. Anyway, dan het hy cufflinks aangesit en die silwer goed (wristbands, daar was rek in gewees) oor die moue getrek. Hulle het gesê dis “ritsbands”. (Dit het gesorg laat moue nie té ver by die baadjie se moue uitsteek nie. Dit was goeie maniere as dit net neatly uitgesteek het. Heel laaste was dit die kruisbande, wat Ouma moes vasmaak aan klein knopies aan sy broek se agterkant en kyk dat dit nie getwist was oor sy shoulders nie. En dan die belt ryg deur die loops. Sy moes darem nie hiermee help nie. As dit gereënt het, was daar nog spats om op oupa se skoene vas te knoop. Hy’t dan always oppie Morris-stoel gesit om dit te doen, want hy kon nie die klein knopies standing vasmaak nie. Sy maag was bietjie té groot.
As oupa dan by sy kamer uitkom, het hy sy jacket aangehad en was sy brille op en ’n skoon sakdoek in sy broeksak. Ouma het oor haar bril geloer dat die turn-ups van die broek reg opgeslaan was.
Dan’t Oupa gecheck op die eetkamer se ding-dong-klok of sy horlosie reg ingestel is en sommer die klok terselfdertyd opgewen dat dit tyd hou, heeldag deur. Ouma het geluister as die klok lui, sodat sy weet wanneer dit eleven o’clock teatime was. Sy’t dan los Ceylon-tee gemaak in haar bloedrooi enamel teepot wat eers moes trek onder die tea cosy wat sy self gemaak het van Chinese linen.
En half past twelve kon die slaan van die klok haar remind sy moet oor die draadloos luister vir die storie van Die droom van Hermien le Roux en vir Hospitaaltyd van Dulcie van der Bergh.
En dan vlak na brekfis is Oupa hallstand toe vir sy hoed en het hy dan op sy bicycle geklim skool toe.
Maar kyk, speaking of washing, en bad en skoonmaak, as jy nou ’n affêringte wou sien, was dit wanneer Panna en ai’ Murray van aunt Maxie oppie plaas wasgoed gedoen het. Dis dan wanneer die twee zinc baddens staangemaak was innie shade van nie pepper trees. Dit was langers die melkkamer en die slagblok waar Dawid die hoender se kop moes afkap as aunt Maxie wou hoender maak virrie dinnertafel.
Anyway alles was in die grootste hoenderhok. Ook die yslike outsize swart gietyster driepootpot waarin die loogwater en gemaalde oorskiet beesvet uitgekook was om saam met seepsoda boerseep te maak. But ons kinders was never toegelaat naby daai pot nie. Dit was very dangerous, het aunt Maxie altoos gesê.
Die wasdrade was gespan oor die wydte van die hoenderhok, but baie hoog, laat grootmense nie daarin kon vasloop nie. En die hoenders kon ok nie só hoog vlieg nie.
Nou is al die beddegoed eers lank ingeseep en met blousel en eventually oppie skropbord met boerseep spierwit gewas. Die way wat dit gewas was, it always made chick-chick sounds, dan weet jy sommer dit word skoon! Afterwards word dit gerinse in die second zinc bad met tenkwater, after which Panna en ai’ Murray die punte van die lakengoed by die corners either side vasvat en al die water uit-twist tot ampers droog. Dan word dit eenkant gehou while die stysel kook en dit just a few seconds in die afgekoelde stysel gespoel kan word and then oppie wasgoeddraad gehang kan word om droog te word. Afterwards when dry, word dit afgehaal en na die strykkamer geneem om ge-iron te word. Oe, mens kon die lavender wat bygegooi was innie seeppot, sommer lekker ruik as dit gestryk word met die swart strykysters wat oppie primus warm gemaak was. So fresh, so very fresh.
Ja jong, those were the days, nè? Van al die wasgedoentes op Graaffernet – vanniedorp tot oppie plaas.
Vinolia en boerseep se dae.
Kommentaar
Het hierdie down memory lane so vreeslik baie geniet!!
Jinne, Elise. I lived in GRT in the 70s (UHS, and I remember you as very original/entertaining person at school). Many details are so familiar and loveable, but who spoke this extreme hybrid language? Honestly, I don't recall that this was a sort of town dialect. Please do tell us more! Further, much love and respect to you for a life lived with grace and courage. Most sincerely.
Hi Jean, thank you for your sincere response. Yes, it was a lingo commonly used in Graaff-Reinet in the 50’s onwards and actually attracted the name Graaffrikaans as a spoken variant of the district. It had its origination from the influx of 1820 Settlers, the mixture of Dutch, French and the Griquas and black folk to ease communication. I left GRT already in 1970 and it was then still very evident.