
Prent: https://pixabay.com/photos/graduation-future-university-cap-1695185/
Ek sou graag wou skryf oor die “stille ekonomiese resessie” wat Suid-Afrika tans beleef, maar toe kry ek, onverwags, as ’n Unisa-student ’n e-pos wat my anders laat besluit het.
As ’n ekonomie-, ekonometrie-, statistiek- en wiskunde-student sou ek ’n redelik oortuigendende argument kon maak dat Suid-Afrika alreeds ’n “stille ekonomiese resessie” verduur.
Stiller as oudpres Thabo Mbeki se “stille diplomasie” teenoor wyle oudpres Robert Mugabe se vernietigende “ekonomiese” bewind in Zimbabwe.
Al die ekonomiese aanwysers dui tans daarop dat Suid-Afrika ’n ekonomiese resessie soos min beleef. Ook hoedat beide fiskale en monetêre ekonomiese besluite bevuil word met stiksienige en selfvernietigende politieke denke en besluite.
Ja, die Reserwebank is toe nie so onafhanklik soos wat jy gedink het nie. Ook fiskale dissipline bestaan helaas nie in Suid-Afrika nie.
Die ANC-regering se ekonomiese beleid is op ideologie eerder as idees gebaseer, op emosie eerder as “evidence”, en op populisme eerder as professionalisme.
..............
Terloops, het die ANC ’n ekonomiese beleid? Ek vra maar net, want ek dink nou hardop wat dit tog kan wees. Dié ou, uitgediende, afgeleefde, rassistiese, seksistiese, korrupte en onbevoegde sogenaamde bevrydingsorganisasie van die mense weet absoluut niks van geld nie.
............
Terloops, het die ANC ’n ekonomiese beleid? Ek vra maar net, want ek dink nou hardop wat dit tog kan wees. Dié ou, uitgediende, afgeleefde, rassistiese, seksistiese, korrupte en onbevoegde sogenaamde bevrydingsorganisasie van die mense weet absoluut niks van geld nie. Die ANC is egter net behendig as politieke manipuleerder. Dit is waar hulle vaardighede en karaktertrekke eindig.
Wat geld betref, sy eie of die staat se geld, is daar ’n lugleegte. Dié lugleegte is reusagtig. Dit plaas ons ampertjies op die trajek van ’n mislukte land.
‘n Menigte Suid-Afrikaners, soos JP Landman en Roelof Botha, sou met my ekonomiese analises wou verskil omdat dit in sterk kontras staan met dié van baie hoofstroomekonome wat huiwer om die harde werklikheid in die oë te kyk.
Meer oor die ware stand van die Suid-Afrikaanse ekonomie in my volgende rubriek.
Die onverwagse e-pos wat in my inboks as Unisa-student beland het, gaan oor ’n “Studente Taalvoorkeur Opname” wat dié universiteit tans onder sy studente doen.
Die resultate van die opname sal die volgende doeleindes hê:
- Help om die voorkoms van spesifieke persepsies oor die gebruik van alle Suid-Afrikaanse tale vir onderrig en leer te bepaal.
- Help om studente se persepsies te bepaal rakende die herinvoering van Afrikaans as ’n taal van onderrig, leer en assessering sonder die parallelle invoering van ander amptelike tale.
- Bepaal die behoefte vir die aanvaarding van alle Suid-Afrikaanse tale vir onderrig, leer en assessering.
Volgens Unisa is die studie vrygestel van die ondergaan van etieseklaringsassessering aangesien dit uitsluitlik bedoel is om bestuursbesluitneming in te gee en om Unisa se reaksie in te gee op die Konstitusionele Hof-uitspraak van 22 September 2021 wat die ongeldigheid van Unisa se Taalbeleid van 2021 tot die begin van 2023 opgeskort het. Dié hof het besluit Unisa moet ’n nuwe taalbeleid formuleer of die huidige taalbeleid wysig.
Die Konstitusionele Hof het verlede jaar in die guns van AfriForum beslis ná ’n regstryd van vyf jaar nadat Unisa besluit het om Afrikaans as onderrig-en-leer-taal te staak.
Die EFF het die uitspraak van die Konstitusionele Hof verwerp, maar die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) het die besluit verwelkom en ondersteun.
Die stryd is eers in die Gautengse Hooggeregshof, Pretoria, aangehoor en het later ’n draai in die Hoogste Hof van Appèl gemaak, voordat dit uiteindelik deur die Konstitusionele Hof aangehoor is.
Die Hooggeregshof het in sy uitspraak die geskiedenis en ontwikkeling van Afrikaans as ’n taal eie aan Suid-Afrika beklemtoon. Dit het beklemtoon dat verwysings na Afrikaans as ’n "witmanstaal" foutief en teenstrydig met die geskiedenis was.
Terwyl die hof erken het dat Afrikaans “onmiskenbaar as ’n instrument van onderdrukking aangewend is, het die hof ook erken dat Afrikaans nou in ’n heterogene reënboogtaal aangeneem is as ‘n taal wat deur baie Suid-Afrikaners gepraat word. Dit verdien dus beskerming en bevordering, het die hof gesê.
Die hof het opgemerk dat Afrikaans ook deur swart mense in nie net in bruin buurte gepraat word nie, maar ook in baie townships in verskeie streke in die land. Dit het ook gewys op die skandelike ontkenning van die Kaapse Moslem-oorsprong van die taal.
Die hof het aangevoer dat die besluit deur Unisa om Afrikaans in sy 2016-taalbeleid uit te faseer, nie toepaslik geregverdig is nie, aangesien dit die regte van Afrikaanse studente volgens die Grondwet nadelig beïnvloed het.
Die hof het ook bevind dat Unisa nie bewyse gelewer het ter stawing van sy besluit om die gebruik van Afrikaans te staak nie.
Deur Afrikaans as onderrig-en-leer-taal te verwyder sonder om sy gedagtes na die oorwegings in artikel 29 (2) van die Grondwet te wend, het Unisa sy grondwetlike verpligtinge versuim.
Die SAMRK het in reaksie gesê hy beskou hierdie uitspraak as bemagtigend vir arm en gemarginaliseerde Afrikaanssprekendes wat toegang tot hoër onderwys soek.
Die kommissie het gesê hy is ook bewus van die feit dat Afrikaans in die verlede deur ’n minderheid gebruik is om ander Suid-Afrikaners te onderwerp en te marginaliseer. Gevolglik is die taal steeds met gemengde gevoelens deur baie mense in die land beskou.
“In hierdie demokratiese era moet ons egter met ’n diep lens oor ons verlede nadink en poog om ons diversiteit te vier. Ons Grondwet maak voorsiening vir Afrikaans as amptelike taal en beveel die staat om redelike maatreëls te tref om te verseker dat almal onderrig in ’n taal van hul keuse ontvang,” het die kommissie gesê.
As sodanig is die status van alle amptelike tale beskerm en die kommissie het geglo dat die uitspraak ’n lang pad sou help loop om meertaligheid in Suid-Afrika te bevorder.
..........
Die vrae in dié opname, opgestel deur nie-Afrikaanssprekendes, is natuurlik, soos dit verwag kan word in ’n polities korrekte land soos Suid-Afrika, gelaai met vrae wat ’n onderliggende anti-Afrikaanse sentiment toon.
...........
Die vrae in dié opname, opgestel deur nie-Afrikaanssprekendes, is natuurlik, soos dit verwag kan word in ’n polities korrekte land soos Suid-Afrika, gelaai met vrae wat ’n onderliggende anti-Afrikaanse sentiment toon.
My suspisie word verder versterk wanneer Unisa sê hul opname is uitsluitlik bedoel “om bestuursbesluitneming in te lig en om Unisa se reaksie in te lig op die Konstitusionele Hof-uitspraak van 22 September 2021 wat die ongeldigheid van Unisa se Taalbeleid van 2021 tot die begin van 2023 opgeskort het”.
Unisa sê ook die opname sal help “om studente se persepsies te bepaal rakende die herinvoering van Afrikaans as ’n taal van onderrig, leer en assessering sonder die parallelle invoering van ander amptelike tale”.
Daar is dus geen twyfel by my wat Unisa se voornemens is nie. Hulle bou ’n argument wat hulle sou sterk om nie gehoor te gee aan die Konstitusionele Hof-uitspraak om Afrikaans te herinfaseer as onderrig-en-leer-taal nie.
..............
Die vraag moet ook gevra word of al die ander tale – wat nie, soos Afrikaans en Engels, volledig ontwikkelde akademiese tale is nie – gereed om as tale vir onderrig, leer en assessering op tersiêre vlak ingefaseer te word?
Die antwoord op dié vraag is natuurlik nee. Blameer gerus die ANC-regering daarvoor.
...................
Die vraag moet ook gevra word of al die ander tale – wat nie, soos Afrikaans en Engels, volledig ontwikkelde akademiese tale is nie – gereed om as tale vir onderrig, leer en assessering op tersiêre vlak ingefaseer te word?
Die antwoord op dié vraag is natuurlik nee. Blameer gerus die ANC-regering daarvoor. Daar is wel ’n slegs-Engels-veldtog by universiteite, veral by historiese Afrikaanse universiteite, deur swart studente, wat vermoedelik deur die ANC en EFF gesteun word.
Dié veldtog deur tweedetaal-Engelssprekendes is natuurlik selfvernietigend.
Volgens Theo du Plessis, emeritus professor in Suid-Afrikaanse gebaretale en dowestudies aan die Universiteit van die Vrystaat, sal ’n slegs-Engels-veldtog by universiteite nie gelykheid bewerkstellig nie, want die agterstande van die meeste swart studente is eenvoudig te groot en hul pre-universitêre situasie is te haglik.
Hy skyf (“Engels is g’n wonderkuur”, Die Burger, 17 Maart 2016) ’n volharding met die slegs-Engels-veldtog skep grootliks valse verwagtinge by swart studente en mislei hulle om te glo dat die verwydering van Afrikaans hulle gaan help. “So ’n eenogige veldtog is eintlik immoreel.
“Daarom moet Afrikaanssprekende ouers hulle nie deur die slegs-Engels-veldtog laat intimideer nie. Dit is nie nodig om jou kind na ’n Engelstalige skool te stuur om Engels onder die knie te kry nie.
“Bekendes in die Afrikaanse wêreld het sukses behaal en doen dit steeds, danksy moedertaalvoordeel. Met die komplimente van Anglomane word ons deesdae aan soveel Engels blootgestel dat dit nie meer ’n vreemde taal is nie.”
Du Plessis skryf die aanleer van Engels het so vanselfsprekend geword dat nou liefs aandag geskenk kan word aan die onskatbare voordeel van Afrikaans as moedertaal, veral met die oog op internasionale mededinging.
...............
Du Plessis skryf die aanleer van Engels het so vanselfsprekend geword dat nou liefs aandag geskenk kan word aan die onskatbare voordeel van Afrikaans as moedertaal, veral met die oog op internasionale mededinging.
..............
“Al kan Afrikaanstalige universiteitstudente aanvanklik ietwat sukkel met ’n gedwonge oorgang na Engels, sal hulle kort voor lank nietemin steeds in die algemeen beter presteer as hul swart eweknieë, bloot omdat hulle kan voortbou op hul verworwe moedertaalvoordeel.”
Volgens Du Plessis wys navorsing op die gebrekkige kennis van Engels as voertaal onder swart leerders en daarmee saam gebrekkige vaardighede om tekste analities te kan lees, ’n kognitiewe vaardigheid waarby tersiêre onderrig staan en val.
“’n Mens kan nie anders nie as om tot die gevolgtrekking te kom dat die opswelling oor die magiese voordele van Engels as enigste voertaal aan Suid-Afrikaanse universiteite te wyte is aan ideologiese verblinding.”
Reeds sedert die 1970’s wys gesiene internasionale navorsers soos Jim Cummins op die belang van die behoud van die moedertaal so lank as moontlik binne die onderwyssituasie, naas die belang van twee- of meertalige vaardighede.
Du Plessis skryf die kinders benodig die moedertaal vir kognitiewe ontwikkeling, veral diesulkes wat aan sistemiese benadeling blootgesel word of uit minderheidstaalgroepe kom.
“Cummings en ander navorsers het bo alle twyfel vasgestel dat die te vroeë oorskakeling na ’n niemoedertaal as onderrigmedium en sonder die behoud van die moedertaal (soos in swart skole) katastrofiese gevolge vir kognitiewe ontwikkeling inhou. Sulke kinders kan akademies gesproke uiteindelik nie die kers vashou by kinders wat die ‘voorreg’ van moedertaalgebaseerde onderwys geniet het nie.”
Volgens Du Plessis verras dit nie, in die lig hiervan, dat swart studente gefrustreerd raak omdat hulle nie op gelyke voet kan meeding met Afrikaanse (en Engelse) studente wat in hul moedertaal skoolgegaan het nie.
Die anti-Afrikaanse gemoedsuitinge by Unisa en ander historiese Afrikaanse universiteite om polities korrek te wil wees dra dan onbedoelend by tot dié frustrasie van swart studente. Trouens, op die duur word hulle vernietig deur hul slegs-Engels-benadering wat hulle onnadenkend en slaafs navolg.
Unisa se anti-Afrikaans houding en dus ook teen moedertaalonderrig, sou ek as uitgangspunt wou aanvaar, herinner aan ’n tyd uit die struggle-dae toe die comrades selfs so ver gegaan het om in die publikasie met die titel Ditchaba moedertaalonderrig in die swart tale af te maak as ’n instrument van die wit regering om swart mense dom en agterlik te hou.
Dit was en is nog steeds koeterwaals, onnadenkend en selfvernietigend, veral teen die agtergrond dat net 6% van alle Suid-Afrikaners Engels as huistaal praat.
Lees ook:
Afrikaans by die Universiteit van Fort Hare maak sy deure toe
Afrikaans oorleef by US solank dit "redelikerwys doenlik" is
Hofuitspraak oor Afrikaans by Unisa ’n ligpunt in ’n donker omgewing


Kommentaar
By die lees van die artikel het ek onthou wat ek gelees het oor die “English Now Movement” in Amerika. Wat my veral opval oor die aandrang op die gebruik van Engels, is in watter mate dit ooreenstem met dit wat die “English Now Movement” as oogmerke het.
Vogens Wikipedia is die doel van die organisasie dit: “The English-only movement, also known as the Official English movement, is a political movement that advocates for the use of only the English language in official United States government operations through the establishment of English as the only official language in the United States. The United States has never had a legal policy proclaiming an official national language. However, at some times and places, there have been various moves to promote or require the use of English, such as in Native American boarding schools.”
Daar is natuurlik hewige teenstand teen die doelwitte van die organisasie wat onder meer ’n voorstander is vir die wegdoen met tweetalige onderrig in skole.
Dit word ook gekritiseer as diskrimiserend en om mense van hulle stemreg te ontneem. “The modern English-only movement has met with rejection from the Linguistic Society of America, which passed a resolution in 1986–87 opposing “‘English only’ measures on the grounds that they are based on misconceptions about the role of a common language in establishing political unity, and that they are inconsistent with basic American traditions of linguistic tolerance.”
Dit is natuurlik ook interessant om daarop te let dat toe Engeland met sy imperiale en koloniale beleid begin het sowat 500 jaar gelede, die lande wat deel geword het van die Engelse se koloniale ryk slegs Engels as amptelike taal mag gebruik het.
Ons het dit hier ook ervaar vandat Engeland in 1805 die Kaapkolonie van die Nederlanders afgeneem het.
Dit het ook ingepas by die Engelse se “white supremacy” ideologie wat in alle geval die oorheersende ideologie in Europa in die 17e eeu was.
Die aanvalle op Afrikaans is dus niks nuuts nie en ook nie iets wat net op Afrikaans gemik is nie. Die “English Only Movement” het dit veral teen die gebruik van Spaans, wat deur sowat 51 miljoen Amerikaners gepraat word.
Wat natuurlik eienaardig van die regering is, is dat terwyl hy ontslae wil raak van alles wat met kolonialisme te doen het, dit die grootste koloniale taal amptelik wil gebruik. Net soos dit in die ekonomie gebeur.