Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Die (vreemde) einde van ’n koerant deur Barnard Beukman: ’n lesersindruk

Salomé Kotze Lesersindrukke 2025-10-20

"Dit is ’n waardevolle stukkie geskiedenis – nie net beskryf dit die heengaan van koerante nie, maar ook die waarde wat mense (lesers) aan daardie stukkie papier heg."

PenAfrican: Straddling borders, crafting nation: On Morafe by Khumisho Moguerane

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2025-10-20

"Morafe: Person, family and nation in colonial Bechuanaland, 1880s-1950s is a landmark achievement. Khumisho Moguerane has written a history that matters for our time by filling the lacunae in southern African historiography."

Die ATKV-Kinderboektoekennings: Reglement vir 2026

LitNet ATKV-Portaal 2025-10-20

Die wenner ontvang R10 000 en ’n trofee. Die skrywer of illustreerder wen die prys.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: "Reaching readers", oor outeurs en skrywers – en die pad vorentoe

François Verster Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-20

"’n Woord wat meer as een keer genoem is, was authenticity. Hoe uniek en oorspronklik is jy en jou werk? Én jou bemarking? Die publiek kom gou agter as jy nie opreg is in jou aanbieding nie en dit beteken jy moet weet wie jy is (jou persona) en wat jy doen (jou produk)."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Moordballades: en ander minder vrolike verse uit die Groot Vreseboek deur Chris du Plessis – ’n resensie

Jannike Bergh Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-17

"Om hierdie verse op so ’n manier te laat herlewe is ’n totale punk-pothou en maak ons armes ryker."

Die storie van ’n storie: van roman tot draaiboek

Frederik de Jager LitNetKanaal op YouTube 2025-10-16

"Die verhaal is uitgeknip vir ’n film: Dis ’n buitengewone avontuur; dis ’n liefdesverhaal; dit klop met die gees van ons tyd van klimaatskrisis; dit het emosionele en intellektuele diepte, en sterk visuele trefkrag."

Klein konings deur Theo Kemp "’n leeservaring uit die boonste rak"

Deborah Steinmair Resensies 2025-10-16

"Kemp druk sy vinger in vele wonde. Die roman is ’n studie oor skuld. Hy laat die hoofkarakters se geskiedenis oopval soos die land s’n. ’n Land waar een se erfenis die ander se letsel is. Niks is eenvoudig nie. Antwoorde is daar nie. Dis die karakters wat jou bybly."

Wanneer die krieke stil word: ’n onderhoud met Petro Kotze-Odendaal

Louise Viljoen (JBay), Petro Kotze-Odendaal Skrywersonderhoude 2025-10-16

"Dit is ’n ware lewensverhaal oor om die wedstryd van die lewe met ’n laat wegspring te begin, weens ’n alkoholispa en ’n gebroke ma."

GA Watermeyer (1917–1972)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-10-16

"Ek het nog altyd meer gemeenskap met die veld, die rante, die bome en die berge gehad as met mense." Lees meer oor die lewe en werk van GA Watermeyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche

Atrium – Gedigte 1970–2025 deur Marlise Joubert (samesteller: Karen de Wet): ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Dewald Koen Resensies 2025-10-16

"Joubert se veelsydigheid verkry gestalte deur haar lewenservaringe en wederswerwinge. Atrium kan as ’n klein ark beskou word wat gevul is met allerlei kleinode waarin haar verse bewaar word."   

Elders gesien: "I’d like to swim in the Afrikaans language"

Ingrid Glorie Boeke en skrywers 2025-10-15

JM Coetzee: "I am a lighter – a more light-hearted – and a better person in Afrikaans."

Super C: ’n onderhoud met Susan Coetzer

Louise Viljoen (JBay), Susan Coetzer Skrywersonderhoude 2025-10-15

Susan Coetzer gesels met Louise Viljoen van Jeffreysbaai: "Ek is nie ’n predikant, onderwyseres of sielkundige nie, en ook nie ’n vreeslike beredeneerde persoon nie. As outeur van Super C wil ek eerder as ’n kreatiewe, onveroordelende omgeevriendin met die lesers probeer bind deur my teleurstellings en oorwinnings met erns (en soms speelsheid) met hulle te deel."

’n Jaar in my lewe deur Louis Pretorius, ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2025-10-14

"Beide tieners en volwassenes behoort dié jeugroman te lees. Dit is ’n prysenswaardige jeugroman."

"Oor monnemente gepraat": ’n resensie van Klein konings deur Theo Kemp

Dewald Koen Resensies 2025-10-14

"Kemp is nie prekerig nie en dwing geen standpunt op sy leser af nie. Elke leser is in staat om sy of haar eie geleefde ervaring deur middel van een van die vele karakters te beleef."

Pasverskyn: Duistermaan deur Jaco Jacobs

LitNet Boeke en skrywers 2025-10-14
Dennis verhuis saam met sy ouers na ’n afgeleë padstal in die Drakensberge. Die eienaar hou ’n unieke klompie diere op die plaas aan - maar die vreemdste van almal is ’n grys wolf genaamd Bruno. Wanneer die buurman se alpakkas dood gevind word, is daar gerugte van ’n “Wolfmens”. En dan ontdek hy ’n ou selfoon in sy kamer met ’n ysige boodskap. Hy moet die waarheid ontrafel voordat wat ook al in die donker skuil nog ’n slagoffer eis ...

Persverklaring: Wenner van die 2025 Woordfees-kortverhaalkompetisie bekend

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-14

Tarina Jordaan se verhaal "Splitsing" is aangewys as wenner van die hoofprys van R30 000 in die Stellenbosch Woordfees se jaarlikse kortverhaalkompetisie wat vanjaar ’n tiende keer gehou is.

Ek wil graag LitNet-lesers se opinie vra

Selma van Wyk SêNet-briewe 2025-10-13

"My dogtertjie is 11. Sy het die Harry Potter-flieks gekyk en sy is mal daaroor. Sy begin nou van lees hou en wil graag die reeks begin lees. Ek is egter bang die reeks is nog te moeilik vir haar om aan te pak."

Boekbekendstelling van Theo Kemp se Klein konings

Erla Diedericks Boeke en skrywers 2025-10-11

"Die gesprek gaan draai later by fiksie en feite wat mekaar na-aap deurdat een van die Paul Kruger-standbeeld se boerekrygers se voet net ’n paar dae vantevore gevandaliseer en afgekap is."

Life is ’n biets deur Faeed Amardien: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-10-10

"Lees hierdie onpretensieuse debuutroman van Faeed Amardien en gee dit vir ’n vriend, vriendin en daai tiener wat dalk net hormone, knieë en elmboë is, sodat ons saam kan besluit dat die lewe waaragtig nie fair is nie, en dat elkeen sy eie spoke moet besweer."

In gesprek met Vickie de Beer oor Kombuistaal

Izak de Vries, Vickie de Beer Skrywersonderhoude 2025-10-10

"As ons kinders van kleins af by die kookproses betrek en hulle leer hoe om kos te maak, gaan hulle gesonder volwassenes word wat eendag vir hulleself kan kook. Kosmaak het sy eie taal."

Top