Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

GA Watermeyer (1917–1972)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-10-16

"Ek het nog altyd meer gemeenskap met die veld, die rante, die bome en die berge gehad as met mense." Lees meer oor die lewe en werk van GA Watermeyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche

Atrium – Gedigte 1970–2025 deur Marlise Joubert (samesteller: Karen de Wet): ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Dewald Koen Resensies 2025-10-16

"Joubert se veelsydigheid verkry gestalte deur haar lewenservaringe en wederswerwinge. Atrium kan as ’n klein ark beskou word wat gevul is met allerlei kleinode waarin haar verse bewaar word."   

Elders gesien: "I’d like to swim in the Afrikaans language"

Ingrid Glorie Boeke en skrywers 2025-10-15

JM Coetzee: "I am a lighter – a more light-hearted – and a better person in Afrikaans."

Super C: ’n onderhoud met Susan Coetzer

Louise Viljoen (JBay), Susan Coetzer Skrywersonderhoude 2025-10-15

Susan Coetzer gesels met Louise Viljoen van Jeffreysbaai: "Ek is nie ’n predikant, onderwyseres of sielkundige nie, en ook nie ’n vreeslike beredeneerde persoon nie. As outeur van Super C wil ek eerder as ’n kreatiewe, onveroordelende omgeevriendin met die lesers probeer bind deur my teleurstellings en oorwinnings met erns (en soms speelsheid) met hulle te deel."

’n Jaar in my lewe deur Louis Pretorius, ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2025-10-14

"Beide tieners en volwassenes behoort dié jeugroman te lees. Dit is ’n prysenswaardige jeugroman."

"Oor monnemente gepraat": ’n resensie van Klein konings deur Theo Kemp

Dewald Koen Resensies 2025-10-14

"Kemp is nie prekerig nie en dwing geen standpunt op sy leser af nie. Elke leser is in staat om sy of haar eie geleefde ervaring deur middel van een van die vele karakters te beleef."

Pasverskyn: Duistermaan deur Jaco Jacobs

LitNet Boeke en skrywers 2025-10-14
Dennis verhuis saam met sy ouers na ’n afgeleë padstal in die Drakensberge. Die eienaar hou ’n unieke klompie diere op die plaas aan - maar die vreemdste van almal is ’n grys wolf genaamd Bruno. Wanneer die buurman se alpakkas dood gevind word, is daar gerugte van ’n “Wolfmens”. En dan ontdek hy ’n ou selfoon in sy kamer met ’n ysige boodskap. Hy moet die waarheid ontrafel voordat wat ook al in die donker skuil nog ’n slagoffer eis ...

Persverklaring: Wenner van die 2025 Woordfees-kortverhaalkompetisie bekend

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-14

Tarina Jordaan se verhaal "Splitsing" is aangewys as wenner van die hoofprys van R30 000 in die Stellenbosch Woordfees se jaarlikse kortverhaalkompetisie wat vanjaar ’n tiende keer gehou is.

Ek wil graag LitNet-lesers se opinie vra

Selma van Wyk SêNet-briewe 2025-10-13

"My dogtertjie is 11. Sy het die Harry Potter-flieks gekyk en sy is mal daaroor. Sy begin nou van lees hou en wil graag die reeks begin lees. Ek is egter bang die reeks is nog te moeilik vir haar om aan te pak."

Boekbekendstelling van Theo Kemp se Klein konings

Erla Diedericks Boeke en skrywers 2025-10-11

"Die gesprek gaan draai later by fiksie en feite wat mekaar na-aap deurdat een van die Paul Kruger-standbeeld se boerekrygers se voet net ’n paar dae vantevore gevandaliseer en afgekap is."

Life is ’n biets deur Faeed Amardien: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-10-10

"Lees hierdie onpretensieuse debuutroman van Faeed Amardien en gee dit vir ’n vriend, vriendin en daai tiener wat dalk net hormone, knieë en elmboë is, sodat ons saam kan besluit dat die lewe waaragtig nie fair is nie, en dat elkeen sy eie spoke moet besweer."

In gesprek met Vickie de Beer oor Kombuistaal

Izak de Vries, Vickie de Beer Skrywersonderhoude 2025-10-10

"As ons kinders van kleins af by die kookproses betrek en hulle leer hoe om kos te maak, gaan hulle gesonder volwassenes word wat eendag vir hulleself kan kook. Kosmaak het sy eie taal."

Persverklaring: Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs 2026

LitNet Boeke en skrywers 2025-10-10

Die Universiteit van Wes-Kaapland kondig graag aan dat aansoeke ingewag word vir die negende toekenning van die Jan Rabie & Marjorie Wallace-beurs.

Om die sterflikheid van blomme en mense

Luna Paige LitNet25-skrywersberaad 2025-10-09

"Dit is hoekom ek leen by literatuur. Dit maak vir my sin. Hoe ek dit doen kan ek slegs verduidelik deur my liedjies te deel. Hiermee dan ’n paar voorbeelde."

Persverklaring: PEN Afrikaans kondig nuwe bestuur aan

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2025-10-09

PEN Afrikaans kondig graag aan dat ’n nuwe bestuur, insluitend ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter, op 8 Oktober tydens die organisasie se algemene jaarvergadering verkies is.

Nuut by Human & Rousseau: Sweetie: Stories deur Nataniël

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-09

Hierdie splinternuwe versameling van Nataniël bevat 31 stories – 5 in Engels, 26 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is uit Nataniël-produksies oor ’n periode van twee jaar: Ring van vuurNineveh songCake topper en Duif.

Nuut by Human & Rousseau: Al die swendelaars deur Chris Karsten

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-09

Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland ’n oënskynlik doodgewone inbraaksaak op sy lessenaar. En wanneer hy begin ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens Wildernis, besef hy daar skuil ’n slinkse slang in die gras. Waar begin die storie wat Arrie eindelik oorvertel? By die Turkse perdekopers? By Jooste se ponzi wat Bertie en vriend Diek se neseiers ingesluk het? Of begin als by die miljoene wat uit ’n rusbank op Jooste se stoetplaas verdwyn het?

Cliff-hanger: Life is ’n biets deur Faeed Amardien

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-10-09

"Ek dink elke leser moet hierdie boek lees. Ek wil nie oordeel uitspreek nie, maar ek dink die haweloses word steeds beoordeel – en hierdie boek laat jou in hul spore stap."

Koos du Plessis (1945–1984)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-10-09

"Ek is ’n doodgewone ou, ek het niks om oor myself te sê nie. My liedjies praat van my." Lees meer oor die lewe en werk van Koos du Plessis in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Boykie vir Afrika deur Pieter de Poortere: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2025-10-08

"Vir De Poortere is geen heilige objek veilig nie; links en regs word ewe hardhandig met karwatse getakel. Dis gruwelik genotvol om jou daarin te verkneukel."

Top