Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Goue lint, my storie begint: Humor in kinderliteratuur
2025-10-21"Nou wat sou humor wees sonder ’n gepaste praktiese toepassing? Jy wil mos lag en nie jouself bekommer oor hoe die spykers en skroewe inmekaarsteek nie. En waar vra jy, liewe leser, sal humor die beste werksplek vind? Skole."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: verslag oor ’n Naledi-skrywersbyeenkoms
2025-10-20"Tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 waar boeke en boekgesprekke hoogty vier, is Naledi se 20ste verjaarsdag by die Leopard’s Leap Familie Wynlandgoed in Franschhoek gevier."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: ’n Visuele resensie van Albert Pretorius se Ek is nie Danie
2025-10-20"Wat ’n ongelooflike ervaring."
Hart onder arres deur Judy Troskie: ’n resensie
2025-10-20"Hart onder arres is veel meer as net ’n liefdesverhaal. Dit is ook ’n spanningsverhaal propvol intrige en gevaar."
Die (vreemde) einde van ’n koerant deur Barnard Beukman: ’n lesersindruk
2025-10-20"Dit is ’n waardevolle stukkie geskiedenis – nie net beskryf dit die heengaan van koerante nie, maar ook die waarde wat mense (lesers) aan daardie stukkie papier heg."
PenAfrican: Straddling borders, crafting nation: On Morafe by Khumisho Moguerane
2025-10-20"Morafe: Person, family and nation in colonial Bechuanaland, 1880s-1950s is a landmark achievement. Khumisho Moguerane has written a history that matters for our time by filling the lacunae in southern African historiography."
Die ATKV-Kinderboektoekennings: Reglement vir 2026
2025-10-20Die wenner ontvang R10 000 en ’n trofee. Die skrywer of illustreerder wen die prys.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: "Reaching readers", oor outeurs en skrywers – en die pad vorentoe
2025-10-20"’n Woord wat meer as een keer genoem is, was authenticity. Hoe uniek en oorspronklik is jy en jou werk? Én jou bemarking? Die publiek kom gou agter as jy nie opreg is in jou aanbieding nie en dit beteken jy moet weet wie jy is (jou persona) en wat jy doen (jou produk)."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Moordballades: en ander minder vrolike verse uit die Groot Vreseboek deur Chris du Plessis – ’n resensie
2025-10-17"Om hierdie verse op so ’n manier te laat herlewe is ’n totale punk-pothou en maak ons armes ryker."
Die storie van ’n storie: van roman tot draaiboek
2025-10-16"Die verhaal is uitgeknip vir ’n film: Dis ’n buitengewone avontuur; dis ’n liefdesverhaal; dit klop met die gees van ons tyd van klimaatskrisis; dit het emosionele en intellektuele diepte, en sterk visuele trefkrag."
Klein konings deur Theo Kemp "’n leeservaring uit die boonste rak"
2025-10-16"Kemp druk sy vinger in vele wonde. Die roman is ’n studie oor skuld. Hy laat die hoofkarakters se geskiedenis oopval soos die land s’n. ’n Land waar een se erfenis die ander se letsel is. Niks is eenvoudig nie. Antwoorde is daar nie. Dis die karakters wat jou bybly."
Wanneer die krieke stil word: ’n onderhoud met Petro Kotze-Odendaal
2025-10-16"Dit is ’n ware lewensverhaal oor om die wedstryd van die lewe met ’n laat wegspring te begin, weens ’n alkoholispa en ’n gebroke ma."
GA Watermeyer (1917–1972)
2025-10-16"Ek het nog altyd meer gemeenskap met die veld, die rante, die bome en die berge gehad as met mense." Lees meer oor die lewe en werk van GA Watermeyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche
Atrium – Gedigte 1970–2025 deur Marlise Joubert (samesteller: Karen de Wet): ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2025-10-16"Joubert se veelsydigheid verkry gestalte deur haar lewenservaringe en wederswerwinge. Atrium kan as ’n klein ark beskou word wat gevul is met allerlei kleinode waarin haar verse bewaar word."
Elders gesien: "I’d like to swim in the Afrikaans language"
2025-10-15JM Coetzee: "I am a lighter – a more light-hearted – and a better person in Afrikaans."
Super C: ’n onderhoud met Susan Coetzer
2025-10-15Susan Coetzer gesels met Louise Viljoen van Jeffreysbaai: "Ek is nie ’n predikant, onderwyseres of sielkundige nie, en ook nie ’n vreeslike beredeneerde persoon nie. As outeur van Super C wil ek eerder as ’n kreatiewe, onveroordelende omgeevriendin met die lesers probeer bind deur my teleurstellings en oorwinnings met erns (en soms speelsheid) met hulle te deel."
’n Jaar in my lewe deur Louis Pretorius, ’n resensie
2025-10-14"Beide tieners en volwassenes behoort dié jeugroman te lees. Dit is ’n prysenswaardige jeugroman."
"Oor monnemente gepraat": ’n resensie van Klein konings deur Theo Kemp
2025-10-14"Kemp is nie prekerig nie en dwing geen standpunt op sy leser af nie. Elke leser is in staat om sy of haar eie geleefde ervaring deur middel van een van die vele karakters te beleef."
Persverklaring: Wenner van die 2025 Woordfees-kortverhaalkompetisie bekend
2025-10-14Tarina Jordaan se verhaal "Splitsing" is aangewys as wenner van die hoofprys van R30 000 in die Stellenbosch Woordfees se jaarlikse kortverhaalkompetisie wat vanjaar ’n tiende keer gehou is.
