Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

2025-UJ-debuutprys vir Afrikaans vir Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks: aanvaardingsrede

Gaireyah Fredericks Boeke en skrywers 2025-09-22

"In 2015 sien ek virrie eeste kee Kaaps inne klomp bundels wat ek deelies virrie preparation virre play. Ek frons en sukkel ommit in my kop te formulate, ma verstaan, en kry et late reg na ekkit hardop begin lies. Die joelyt in my ore en my hart embrace ’ie moment met excitement. En ek realise, ek isse Kaapse skrywer. Dai’s my taal. Daisie taal wat ek op my ma se skoot gehoorit en vi ouma in performit as ek haa entertain oppie stoep innie agtemirrags. Om myself oppe stuk papie te gesien gepresent wod, was magical."

2025-UJ-debuutprys vir Afrikaans vir Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks: commendatio

Karen de Wet, Earl Basson Boeke en skrywers 2025-09-22

"As djyrie dood ennie dooie met soeveel respek moet handle, dan issit net logical dattie living even more so met dai en beyondit getreat moet wôd. Die tema 'dood' is actually nie ’n ytgesonderde eventie; is life en is in sy essence die living viewpoint van life."

Persverklaring: Boekbekendstelling van Merang, 1 Oktober 2025 by die SA Akademie in Pretoria

LitNet Boeke en skrywers 2025-09-22

Henning Pieterse sal in gesprek tree met die samestellers, Alwyn Roux en Neil Cochrane, terwyl digters van Pretoria van hul gedigte wat in die bundel opgeneem is, sal voorlees.

Wag-’n-bietjie deur Hennie van Deventer: ’n lesersindruk

Sarel Venter Lesersindrukke 2025-09-22

"Uit sy aantekeninge en verstommende geheue het ’n wesenlike, kenmerkende en onmisbare bydrae gevloei oor die politieke toneel en stryd in Suid-Afrika in soms veelbewoë en onstuimige oorgangstye."

Heil die Leser! Wanneer varke vlieg: Bakeliet deur Anri Botha

Nini Bennett-Moll, Anri Botha Boekrubrieke 2025-09-22

"Botha lewer, met ’n chemikus se oog vir besonderhede, met Bakeliet ’n verfrissende bydrae tot hedendaagse Afrikaanse poësie." Lees Nini Bennett-Moll se resensie van Bakeliet en onderhoud met Anri Botha.

2025-UJ-prys vir Afrikaans aan Ingrid Winterbach vir Onrus op Steynshoop: commendatio

Janien Linde Boeke en skrywers 2025-09-22

"Uiteindelik lê die 'antwoorde' op die eksistensiële vrae wat in die roman gevra word, nie in grootse ekonomiese, politieke of etiese bedrywighede, of in die selfregverdigende projekte van mense wat hulself belangrik ag nie, maar in die klein oomblikke van intimiteit en oplewing wat die karakters onverwags en toevallig raakleef tussen geliefdes, of wat ervaar word by die waarneem, of skep van ’n betekenisvolle kunswerk."

2025-UJ-prys vir Afrikaans aan Ingrid Winterbach vir Onrus op Steynshoop: aanvaardingsrede

Ingrid Winterbach Boeke en skrywers 2025-09-22

"Ek is nie ’n filosoof nie; ek is ’n skrywer. Romans is een van my diepste plesiere en die skryf van romans my grootste commitment. Dit is die aktiwiteit wat my soggens laat opstaan en wat my deur my moeilikste tye dra. Sophia Loren het gesê alles wat sy is, is te danke aan spaghetti. Alles wat ek is, is te danke aan Johannes Gutenberg."

Die uitvaart deur Carla van der Spuy: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2025-09-22

"Ek prys Carla vir hierdie boek, ’n noodsaaklike hulpmiddel vir elkeen wat deur rou gaan en elkeen wat nog moet besluit wat met die geliefde se oorskot moet gebeur nadat hy of sy gesterf het."

Press release: Reimagining the archive in the post-truth era, first call for papers

LitNet Books and writers 2025-09-22

This conference invites historians, archivists, anthropologists, musicologists, artists, environmental scientists, natural scientists, information systems professionals, scholars and practitioners from a wide range of other disciplines, activists, and publishers, media practitioners and content creators to explore the evolving role of the archive in shaping collective memory, public trust, and historical knowledge in the post-truth era.

Invitation to the screening of In search of Olive Schreiner, a film by Lisba Vosloo

LitNet Books and writers 2025-09-22

Lisba Vosloo’s biopic In search of Olive Schreiner will be screened at the Amazwi Auditorium on Wednesday 24 September at 14:00.

Uitsonderlike viering van wynplaas, luiperdtrust en outeur

Maryke Roberts Boeke en skrywers 2025-09-19

"Vir 21 jaar is die CLT aan die voorpunt van luiperdbewaring in die Kaap. Die organisasie, wat in 2004 gestig is, fokus op die bewaring van luiperdbevolkings deur ’n kombinasie van wetenskaplike navorsing, omgewingsopvoeding en habitatbewaring."

Persverklaring: Lof vir woordmeesters

LitNet ATKV-Portaal 2025-09-19

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Hiermee die pryse vir spanningslektuur, niefiksie en die ATKV-Prosaprys.

Persverklaring: ATKV vereer woordkunstenaars (poësie, romanse, ’n dramateks en die Woordwystoekenning)

LitNet ATKV-Portaal 2025-09-18

Met die ATKV-Woordveertjies bekroon die ATKV outeurs wat deur hul woordkuns ’n lewende erfenis bou.

Laat die diere praat

Eben Venter Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025-09-18

"Ek moes my taal begin stroop van al die ou terme en gesegdes wat die dier hopeloos wanskat, kommodifiseer en beperk, die taal wat die dier as ’t ware op hok slaan."

Huldigingswoord: Hertzogprys vir prosa aan Eben Venter

Marius Crous Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025-09-18

"Decima vertel nie net die verhaal van die niemensdier Decima nie, maar bied ’n deernisvolle blik op die afsterwe van die moederfiguur as mensdier."

Die klei van ons binnekant

Christof Berg LitNet25-skrywersberaad 2025-09-18

"Vir my word melodie en woorde saam gebaar en saam gebore, baie keer per ongeluk of uit foute en chaos. Ook uit kinderlike, aardse belewenisse, mense en avonture. Uit vrye vreeslose denke, en uit die wals van goed en kwaad."

Winterwens deur Lizelle von Wielligh: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-09-18

"[Lizelle von Wielligh] skryf Winterwens uit beide die held, Paul, en die heldin, Lianca, se oogpunte. Sodoende kry haar lesers tot in hulle tone lekker, want hulle het voorste-ry-sitplekke om die ontvouing van die ontluikende verhouding waar te neem."

Persverklaring: ATKV vier krag van lees en boeke

LitNet ATKV-Portaal 2025-09-17

Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon. Die beoordelaars is jong lesers self, iets wat hierdie toekenning van ander onderskei.

Die spoegvanger deur Stefanus S Vivier: ’n lesersindruk

Trisa Hugo Lesersindrukke 2025-09-17

"As teks dra Die spoegvanger by tot die voortgesette gesprek oor die Afrikaanse roman se vermoë om verlede en geheue te herbesoek ... Dit is tegelyk ’n ontginning van ’n seun se psigiese en fisieke ontwaking en ’n kommentaar op die groter sosiale en politieke ideologieë van sy tyd."

Liefdesleuens deur Malene Breytenbach: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-09-17

"Net toe ek dink alles tussen hulle is verby, gebeur daar iets met Douw wat my weer laat dink die verhouding sal hervat word, of Maya sal haarself verder in ’n situasie dompel waaruit sy nie sal kan wegstap nie. Dis hierdie fluktuasies, heel geloofwaardig ook, wat my die bladsye laat omblaai het om te lees wat volgende gebeur."

Top