Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Nuut by Tafelberg: Life is ’n biets deur Faeed Amardien
2025-09-10Leonardo word groot in ’n arm, maar liefdevolle gesin. Wanneer sy pa en kleinboetie in ’n ongeluk sterf, verander alles. Leonardo loop weg en beland by ’n groep straatbewoners. Rodger, ’n ou Engelsman, word vir hom soos ’n vaderfiguur. Wanneer Rodger siek word en Leonardo hom in die hospitaal besoek, ontdek hy iets onverwags.
Pasverskyn: Valskermbataljon-verhale saamgestel deur Mike Bolhuis
2025-09-10Valskermbataljon-verhale is stories van moed, deursettingsvermoë, gevaar, humor, vasbyt en verlies wat die leser by tye laat regop sit, glimlag en ook diep laat nadink. Hierdie is eerlike, rou en op-die-man-af stories geskryf deur manne van dié elite-eenheid oor oomblikke wat hulle nooit sal vergeet nie.
Nasionale Boekweek 2025: Simone Hough se kinderboekkeuses
2025-09-10"As ek jy was deur De Wet Hugo. Jy gaan hardop lag en huil oor dié lieflike storie. Jong tieners skryf reeds vir De Wet Hugo briewe oor hoe hierdie boek hulle geraak het."
Nasionale Boekweek 2025: Miemie du Plessis se kinderboekkeuses
2025-09-10"Ek wil Jaco Jacobs se prenteboek My stem kan vreemde dinge doen uitlig. Dit het ontstaan as ’n liriek vir ’n laerskoolkoor van Bloemfontein en ek het toe vir Jaco gevra of ek ’n prenteboek daarvan kan maak. ... Al is ek so bekend met die boek se teks, raak ek steeds bewoë wanneer ek dit lees. Die boek gaan egter oor baie meer as koorsang. Koorsang is slegs een van die wyses waarop kinders hul stemme kan laat hoor."
Nasionale Boekweek 2025: Michelle Cooper se kinderboekkeuses
2025-09-10Die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (UVSA) moedig Suid-Afrikaners aan om Nasionale Boekweek 2025 te vier. Naomi Meyer het ’n paar kinderboekuitgewers om hul boekkeuses gevra. Hier is Michelle Cooper van NB-Uitgewers se kinder- en jeugboekhoogtepunte van die week.
Die bekendstelling van Sam-Annique Lowry se Forever yours
2025-09-09"Nagenoeg 70 mense het haar boekbekendstelling by From Shack to Sanctuary in Klerksdorp bygewoon. Oud en jonk. Lowry het 60 boeke op die aand verkoop!"
Weersiens verby Emmaus deur Kobie Lötter: ’n lesersindruk
2025-09-09"Dis nie ’n kille, intellektuele uitdruk van wat werklik in die lewe saak maak nie, maar ’n persoonlik deurleefde reis wat beskryf word."
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Klein konings deur Theo Kemp – 27 September 2025, Oude Leeskamer, Stellenbosch
2025-09-09Sluit aan by Fourie Botha wanneer hy met Theo Kemp oor sy nuutste roman, Klein konings, in gesprek tree op Saterdag 27 September, om 10:30 vir 11:00 by Oude Leeskamer in Stellenbosch. Toegang is gratis.
Persverklaring: Kortlyste vir die Netwerk24-kykNET-Rapport-resensiepryse 2025 bekend
2025-09-09Die kortlyste vir die Netwerk24-kykNET-Rapport-boekresensiepryse is nou bekend.
Gladly trespass: a reader’s impression of Karoozing by Darryl Earl David
2025-09-08"The reader as medereisiger, as fellow traveller, is encouraged to page on and on to fulfil the almost breathless expectation created by the thematically arranged geographical sections."
Press release: Wordfest 2025
2025-09-08Wordfest 2025 will take place in Makhanda from 19 to 20 September 2025.
Life is ’n biets: ’n onderhoud met Faeed Amardien
2025-09-08"Dalk was Leo net created om mense te wys dat enige iets possible is. Is soes ieman wat jy onmoet in jou liewe – is sometimes net vi ’n kot tydjie, but die engagement is impactful. Maybe it was the case with Leonardo."
Press release: PASA Calls on South Africans to celebrate and champion the joy of reading for National Book Week and International Literacy Day
2025-09-04In an increasingly digital world, the simple, tactile experience of reading and sharing a book remains a powerful tool for personal development, entertainment and connection. Reading for pleasure is a cornerstone of lifelong learning and a key to unlocking a child’s potential.
Die Waterplek – Gabriëllië deur Carina Stander: ’n resensie
2025-09-04"Die hele reeks, en spesifiek ook Die Waterplek: Gabriëllië, is ’n kragtoer in terme van skryf. Om volgehoue van 2017 tot 2024 aan so ’n samehangende reeks te werk en binne dieselfde fiksionele wêreld steeds verhalend en talig oortuigend te bly, wil gedoen wees."
Die migrerende liggaam: geheue, beweging en betekenis in die postkoloniale verbeelding
2025-09-03"Die migrerende liggaam staan as ’n grens – onthou en vergeet, van self en ander, van hier en daar. Maar dit is ook ’n brug: van taal, van genesing, van gemeenskap."
Kortliks met Stefaans: Iets werkbaars om na te streef
2025-09-03"Die galg het soveel nuwe krygers gewerf. Dit was ’n magneet vir nuwe opnames."
Die prys wat jy moet betaal
2025-09-03"Terwyl ek nou so aan die wroeg is, kan ek net so goed ’n bietjie skindernuus met julle pennestoters van die wit ink deel."
One small step deur Paul Sinton-Hewitt: ’n lesersindruk
2025-09-03"Die impak van Parkrun kan nie onderskat word nie. Getuienis op getuienis spreek daarvan. In sy pogings om finansiering te bekom, het Sinton-Hewitt Parkrun bemark as die ekwivalent van ’n kleuterskool, maar vir hardlopers."
Toyota Innibos Kaapsche Hoop poësiewerkswinkel en boekenaweek
2025-09-03"Die skilderagtige dorpie Kaapsche Hoop, geleë in Mpumalanga, het tussen 29 en 31 Augustus gewemel van boekgeesdriftiges wat die Innibos Boekenaweek bygewoon het." Hier is Mimi de Vries se indrukke en foto’s van die fees.
Pirow Bekker (1935–2025)
2025-09-03"Skryf is ’n voortdurende onvrede met die tevredenheid. Daarom is dit half jammer ’n skrywer is net een maal in hierdie wêreld. Ek sê altyd ’n mens moet drie lewens hê: om te lewe, om te lees, om te skryf." Lees oor Pirow Bekker se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
