Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Persverklaring: Artscape en Suidoosterfees vier Pieter-Dirk Uys se tagtigste met twee toneelstukke in September

LitNet Teater 2025-08-19

Van 10 tot 20 September 2025 kan gehore No Space on Long Street, onder regie van Basil Appollis en met Terence Bridgett in die hoofrol, geniet, gevolg deur African Times, onder regie van Thoko Ntshinga en met Nosiphiwo Ndabeni, Olwethu Qavile, Busisiwe Mrubata en Sunny Yoon op die verhoog.

Persverklaring: kortlys vir die Ingrid Jonker-prys van 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-08-19

Die volgende digbundels is volgens die beoordelaars se aanbeveling vanjaar op die kortlys.

Wenke vir jongmense wat wil skryf of in die boekebedryf wil werk: ’n onderhoud met Jannes Erasmus

Naomi Meyer, Jannes Erasmus Onderhoude 2025-08-19

"Wat ek probeer sê, is dat nét jy self jou beste 'advertensie/bemarking' is. Niemand anders ken jou beter as jouself nie. So om jouself buite in die wêreld te kry is die enigste sleutel as jy eendag enigsins suksesvol wil wees. As jy artikels vir ’n tydskrif wil skryf, dan moet jy elke dag daaraan werk om artikels te skryf en dit vir tydskrifte te stuur."

Invitation: Book launch of The shadow state at Exclusive Books, V&A Waterfront, on 28 August 2025

LitNet Books and writers 2025-08-19

Adriaan Basson will be in conversation with Jeff Wicks at the book launch of The shadow state: Why Babita Deokaran had to die on 28 August at Exclusive Books, V&A Waterfront, Cape Town.

Shirley, goodness and mercy by Chris van Wyk: A reader’s reception

Nicol Gowar Books and writers 2025-08-18

"From Newclare to Coronationville to Riverlea, he takes our hand as we are guided on an Odysseus-like journey through the streets of his childhood, weaving vivid recollections of food, family and foes."

Persverklaring: 2025-UJ-prys vir vertaling – Naòmi Morgan vir Ons wag vir Godot

LitNet Boeke en skrywers 2025-08-18

Die UJ-prys vir vertaling is gerig op die bekroning van uitmuntende vertalings uit enige taal na Suid-Afrikaanse tale en wat die literatuurskat van die teikentaal verryk en aktueel is. Inskrywings vir publikasies uit 2024 is ontvang vir vertalings uit Nederlands, Grieks, Latyn, Italiaans en Frans.

Persverklaring: Tuin van Digters 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-08-16

Liefhebbers van die Afrikaanse digkuns kan uitsien na verskeie ander digtersgesprekke, musikante wat toonsettings van gedigte sing, voorlesings deur opkomende digters van hul gedigte en praguitstallings in die twee galerye. 

Press release: Postcolonial opera: William Kentridge and the unbounded work of art by Juliana M Pistorius

LitNet Books and writers 2025-08-16

Taking the multimedia operatic experiments of William Kentridge, South Africa’s most celebrated contemporary visual artist, as a starting point, author Juliana M. Pistorius investigates contemporary opera’s potential to process the troubled histories that haunt post- and decolonial societies.

Bybelblokraaie 1 en 2, saamgestel deur Heidri Mittendorf: ’n resensie

Estelle Kruger Resensies 2025-08-15

"Die belofte van die samesteller is dat hierdie blokraaie aan lesers die geleentheid bied om hulle in die lekkerte van ’n blokraai te verlustig en hulle Bybelkennis deur middel van woordspeletjies op die proef te stel."

"Wie (se fout) is ek?" Mymeringe (nee, stukkies) oor identiteit

Heindrich Wyngaard LitNetKanaal op YouTube 2025-08-14

"Paternoster, dan, waar ek my tweede identiteit gesement het; waar ek my (skrywers-) plek in die Afrikaanse leef- en denkwêreld leer ken het."

Heil die Leser! Oor verganklikheid en verlies: alles van waarde is weerloos

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2025-08-14

"Die bekende en nimlike digter Melanie Grobler se vyfde digbundel het onlangs by Naledi verskyn. Ek het by die digter gaan kers opsteek oor dié aangrypende nuwe bundel, en haar ’n paar vrae gevra wat my geprikkel het tydens die leesproses."

Persverklaring: Koop-’n-Afrikaanse-boekdag is mondig

LitNet ATKV-Portaal 2025-08-14

Die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die ATKV, vier op 14 Augustus die Afrikaanse geskrewe woord met sy 21ste Koop-’n-Afrikaanse-boekdag.

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies – 2025-finaliste bekend

LitNet Boeke en skrywers 2025-08-14

Die ATKV-Woordveertjies word aangebied om uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaanse woord te bekroon. Die 2025-finaliste is nou bekend.

Memoires van een hoofmeisie

Ingrid Glorie LitNet25-skrywersberaad 2025-08-14

"Het eerste jaar gebruikten we vooral het openbaar vervoer, en reden we verder rond in het geleende autootje van de moeder van een van onze vrijwilligers. Later zijn we, omwille van de veiligheid en het voortbestaan van de Afrikaanse literatuur, toch maar busjes mét chauffeur gaan inhuren."

Elders gesien: Dat almal nodig is om die Afrikaanse digitale kanon tot stand te bring

Sidney Gilroy Boeke en skrywers 2025-08-14

"Dit is belangrik, ja, om die kwaliteit en diversiteit van Afrikaanse letterkunde te verseker en te sorg dat dit steeds sigbaar en toeganklik bly. Om die mediums te benut wat duisende alreeds gebruik. Om die brug tussen die veld van beperkte produksie en die veld van grootskaalse kultuurproduksie te bou."

Cappuccino of flat white: Literêre waardes en die kanon tussen resensente en smaakmaker

Hein Viljoen LitNet25-skrywersberaad 2025-08-13

"Op die ou end is daar dalk nie so ’n groot verskil tussen kritici en smaakmakers nie. Albei is as’t ware koffie met melk. Daar is heelwat ooreenkomste tussen die kriteria wat hulle gebruik. Hulle maak eerder ’n spektrum uit as ’n teenstelling. Die verskil lê moontlik eerder in die medium wat gebruik word."

Web van leuens deur Marion Erskine: ’n resensie

Cliffordene Norton Resensies 2025-08-13

"258 bladsye van toeganklike, lekker lees. Die einde was ’n 'chef’s kiss' – daardie tikkie ironie wat wys dat, selfs al het die karakters baie geleer, selfs al groei hulle, bly die nuuskierigheid oor ander mense se geheime hardnekkig aan die lewe."

Boekevat met Deborah: Moord en mooi woorde

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2025-08-13

"My gevoel is: Solank mense lees, is daar hoop."

Cliff-hanger: Jy hóéf nie nou te lees wat almal lees nie

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-08-13

"Maar hier is die waarheid: Lees is nie ’n wedloop nie. En boeke leef baie langer as wat dit in die hande van jou gunsteling-influencer oor jou skerm dans."

Elders gesien: Ek self vind die hele storie nou al ’n bietjie opgeblaas

Marius Swart Boeke en skrywers 2025-08-12

"Kennis wat deur jare se studie opgebou is, word sonder meer afgemaak as snobisties."

Top