Titel: Neo se onsigbare kombers
Skrywer: Salamina Mosese
Illustreerder: Subi Bosa
Uitgewer: Pan MacMillan
ISBN: 9781779991089
Neo is lief vir avonture, maar soms voel hy ’n bietjie bang. Gelukkig is sy suster, Thandi, sterk en dapper en sy het ’n slim plan om Neo veilig te laat voel. Sy gee hom ’n spesiale kombers – ’n onsigbare kombers. En dit werk! Hy is nie eers meer bang vir die hoogste boom in die tuin nie. Maar sal die onsigbare kombers help wanneer Neo na ’n nuwe skool toe gaan en aan die swemgala moet deelneem?
Neo se onsigbare kombers is ’n inspirerende storie oor dapper wees en in jouself glo.
Die boek is ook beskikbaar in Zoeloe, Xhosa, Sepedi en Engels.

