Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Nuut by Human & Rousseau: Kleinkat 1: Kleinkat se strokiesklub deur Dav Pilkey
2025-09-17Kleinkat leer vir ’n skool paddavissies hoe om hul eie strokiesprente te skep. Terwyl die paddavissies se wilde verbeeldings hulle na verskillende vertelgenres lei – van ’n tandeborsel wat ’n prokureur wil word tot ’n kaastoebroodjie-monster – sal lesers leer oor samewerking, empatie en vreeslose selfuitdrukking.
Nuut by Human & Rousseau: Weg is nie ’n plek nie deur Santie van der Merwe
2025-09-17Natasja bevind haar vroegoggend op die snelweg, tien ure noord van Kaapstad. Al haar besittings is agter in die kar en sy sweer sy sit haar voete nooit weer naby Johnny nie. Eers nadat sy op die N18 afgedraai het, onthou Natasja: George, haar pa se boesemvriend, woon nog op Lelievlei. Miskien moet sy gaan aanklop?
Roulette deur Sidney Gilroy: ’n lesersindruk
2025-09-17"Roulette is plattelandse noir op sy beste, waar Gilroy sosiale kommentaar lewer deur in die Afrikaner se erfstukkas te loer na daar waar die familiegeheime en die donker kant van die mens verberg word. Hy kyk na veral die manlike psige, en dis juis dít wat die boek so interessant maak."
Tuin van Digters 2025 deur Willem Mulder se lens
2025-09-17Tuin van Digters 2025 het op 12 en 13 September by die Breytenbach Sentrum op Wellington plaasgevind. Willem Mulder was met sy kamera daar.
PenAfrican: Sir Herbert Baker: a biography by John Stewart – a book review
2025-09-17"What bugged me most about the book was Stewart’s interpretive framework. It is shaped by an uncritical acceptance of imperial ideology, even as he softly mocks it sometimes."
Pasverskyn: Atrium. Gedigte 1970–2025 deur Marlise Joubert
2025-09-17Dit is vanjaar die bekroonde digter Marlise Joubert se 80ste verjaarsdag. Om die geleentheid te herdenk, het Karen de Wet ’n keur uit Joubert se digbundels saamgestel. Atrium is ’n versamelaarsitem wat op elke poësieliefhebber se boekrak hoort.
Cliff-hanger: Die 13de dag in Chengdu deur De Wet Hugo
2025-09-16"Vir my as iemand wat ’n bietjie – oukei, baie – bygelowig is oor Vrydag die 13de, was hierdie boek heerlik om te lees."
Stories vir die siel – inspirerende kortverhale, saamgestel deur LAPA Uitgewers: ’n resensie
2025-09-15"Stories vir die siel is ’n bundel wat jou laat lag, huil en nadink – en bowenal, jou laat vóél."
The importance of oral history in southern African historiography
2025-09-11"Today, oral history is no longer a mere preliminary to written records; it is a paradigmatic epistemology capable of conveying grief, contradiction, cosmology and lived memory. It preserves what empire seeks to forget, affirming that memory and voice remain more enduring than ink."
Karina Szczurek talks to Naomi Meyer about a recent prize-winning book published by Karavan Press.
2025-09-11"When I phoned Thobeka after the ceremony, I could feel her joy radiating across the entire continent, and I cannot wait until we can meet again and celebrate together. I hope that it can happen at Woman Zone Cape Town, because that is where our journey began."
Patmos deur Willem Anker: ’n resensie
2025-09-11"Hoe verstommend is Willem Anker se besige kop. Met oneindige heelalle en moontlikhede bevolk hy ’n novelle."
Nasionale Boekweek 2025: Nadine Petrick se kinderboekkeuses
2025-09-11"Ek het die boek in een go deurgelees, want ek kon nie my nuuskierigheid beteuel nie. (En ook: Ek was ’n bietjie bang.)"
In conversation with Darryl David regarding Wordfest 2025
2025-09-11"I have to admit it was really easy. The name Wordfest is such an iconic brand, and there exists so much goodwill towards the festival."
Press release: Karavan Press bags Creative Africa Nexus (CANEX) Book Factory Prize for Publishing in Africa 2025
2025-09-11Karavan Press was recognised for its book In silence my heart speaks by Thobeka Yose, winning the $20,000 top prize. The Prize was presented by Algeria’s Minister of Culture and Arts Azzedine Mihoubi.
Marius Crous (1965–)
2025-09-11"Die vreugde van poësie is juis daarin geleë – die waarneem, die opteken, die vlugtige deel met ander." Lees meer oor die lewe en werk van Marius Crous in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Roslynne Toerien in Gqebera
2025-09-10"’n Saal vol kinders jok nie. Selfs die klein outjies wat ek dopgehou het, sou rondskuif, maar hulle het beslis die storie gevolg en wou baie graag die vrae beantwoord wat sy elke nou en dan gevra het."
Hier is die deelnemers aan vanjaar se Kommadagga-slypskool en -residensie
2025-09-10Die skrywers sal onder leiding van ons bekwame mentor, Fourie Botha, digter, ervare uitgewer van gerekende skrywers en literêre agent, tydens die residensie skaaf aan kortverhale.
Nuut by Tafelberg: Donkermaan deur Jaco Wolmarans
2025-09-101991. Israel is in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind – en ’n geskikte rekruut vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir Siriese missiele.
Nuut by Tafelberg: Sekelmaan deur Jaco Wolmarans
2025-09-10’n Groep jong Suid-Afrikaanse Jode, die teiken van ’n terreuraanval in Kaïro, is die vlam in ’n kruitvat vir grootskaalse oorlog in die Midde-Ooste. In die middel daarvan is die joernalis Ruby Heyns in besit van verdoemende inligting wat die skaal in dié konflik kan swaai.
