Elders gesien: Literatuurgeskiedenis

  • 0

Jerzy Koch skryf op die Facebook-blad  van die Afrikaanse Taalkunde-en-Letterkunde-Vereniging (ATLV):

Uitgenooi deur die ATLV se bestuur wil ek op hierdie profiel ook iets plaas en julle attent maak op my publikasies wat al ’n klomp jare beskikbaar is, maar waarvan dalk nie almal kennis dra nie.

Dis  die twee dele van die literatuurgeskiedenis A history of South African literature. Die eerste fokus op die Nederlandse koloniale geskrifte en die begin van die Afrikaanse tradisie, die tweede daarteen op die eerste helfte van die 20ste eeu tot en met die Twintigers.

In beide dele probeer ek om nie net die literêrhistoriese prosesse te beskryf en analiseer nie, maar ook om die moontlikhede van die literatuurgeskiedenis as genre te verken.

Daar is ook planne vir die derde en laaste een wat die vervolg gaan wees en ’n verwerking van my ervaring as oorsese dosent van literatuurgeskiedenis en as leser van literatuur.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top