Pasverskyn: Die weerligvoël deur Jaco Jacobs

  • 2

Titel: Die weerligvoël
Skrywer: Jaco Jacobs
Illustreerder: Iain Rennie
ISBN: 9781779991447
Uitgewer: Pan Macmillan

“Pundu is een van die heel laastes van sy soort,” sê Khaia. “En, Timo, jy is waarskynlik ons ​​enigste kans om hulle te red.”

Timo het ’n vreemde talent. Vandat hy klein was, kon hy met diere praat. Wel, soort van. Wanneer hy en sy troetelrot, Lucky, op ’n dag die koerant haal, is dit die begin van ’n wilde avontuur – die soort avontuur waarvan hy nog net in boeke gelees het.

Waarom is ’n wêreldbekende multimiljoenêr skielik agter hom aan? En watter asemrowende geheim steek sy weg op haar privaat eiland?

Die boeke is beskikbaar in Afrikaans en Engels. Daar is swart-en-wit illustrasies regdeur die teks.

  • 2

Kommentaar

  • Waarom prikkel die titel my nou - het Rona Rupert nie ook 'n jeugverhaal met dieselfde titel geskryf/gepubliseer nie?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top