Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Nuut by Queillerie: Die laaste leuen deur Anita du Preez

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-22

Sophia het weer een van die episodes gehad waar sy eenvoudig wegraak. Asof sy in die put is waarin sy as kind met haar troetelkuiken, Rebecca, geval het. Swart. Niks. Toe sy bykom, vind sy haar man, die popster Max Bladen, met ’n bloederige wond aan sy kop. Wie het Max reg hier in hul leefkamer aangeval? Dit kan tog nie wees dat sý ... ? Sy sal bitter vinnig ’n manier moet vind om haar onskuld te bewys – al kan sy niks onthou nie.

New from Tafelberg: Healing the mother wound by Moshitadi Lehlomela

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-22

A much-anticipated and requested follow-up from the author of The girl who survived her mother, this is a comprehensive guide for individuals healing from the mother wound – psychological trauma resulting from maternal neglect, abuse, or emotional unavailability. This is a must-have guide for the modern woman ready to soar. 

Short.Sharp.Stories anthology, Power: interview with Shanice Ndlovu, author of "When I think of my death"

Shanice Ndlovu, Joanne Hichens Books and writers 2025-10-22

"There is a freedom in speculative fiction that doesn’t exist in any other genre – anything can happen. That kind of freedom, once tasted, is addictive. And that is what fantasy has provided me – a place to articulate these stories fully. This particular story begins with a dream, possibly the oldest of all that is speculative."

Heil die Leser! Carpe diem! ’n Selfhelpboek en ’n romanse

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2025-10-22

Nini Bennett-Moll skryf oor ’n selfhelpboek, To health with it! deur Tebogo Thekisho: "As sy eerste boek ’n memoires van oorlewing was, is hiérdie een ’n manifes vir die soewereiniteit van persoonlike welsyn"; en oor ’n Romanza, Om Isla op te pas deur Elsa Winckler: "Uiteindelik is daar net twee tipes stories, om Chris Barnard aan te haal: goed geskrewe of swak geskrewe verhale. En Winckler se verhaal is ’n knapgeskrewe een."

Lesersindruk: Misdaad/Liefdaad deur Joanne Lombard is ’n vars debuut

Hetta Pieterse Lesersindrukke 2025-10-22

"Die storiewêreld is vol kontraste: ’n oënskynlik gemaklike voorstedelike lewe waar die gesin inderwaarheid al jare lank swaarkry weens die gevolge van dwelmverslawing; ’n restourasie-werkswinkel wat ’n hawe bied teen die harde werklikhede van misdaad en inbrake in ’n stad."

Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs 2026: ’n onderhoud met Donovan Lawrence

Naomi Meyer, Donovan Lawrence Onderhoude 2025-10-21

"[W]at my telkens bemoedig, is dat geen goeie idee ooit verlore gaan nie – baie van die skrywers wat nie die beurs ontvang het nie, gaan later tog voort om hul projekte te voltooi en te publiseer. Die beurs dra dus nie net by deur die wenner nie, maar deur die kultuur van moontlikheid, geloof en ondersteuning wat dit in die Afrikaanse letterkunde kweek."

Pasverskyn: Ten slotte deur Eben Etzebeth

LitNet Boeke en skrywers 2025-10-21

Eben Etzebeth is die speler wat al die meeste toetswedstryde in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis gespeel het. Op die veld word hierdie slot se intelligensie, energie en aggressie gerespekteer en bewonder. In hierdie eerlike en onderhoudende vertelling beskryf Eben van die vernaamste faktore van sy sukses, en hoe hy gefokus bly – op en van die veld af.

Persverklaring en uitnodiging: Voorleggings ingewag vir die 2026 Netwerk24 kykNET Rapport Boekpryse

LitNet Boeke en skrywers 2025-10-21

Uitgewers word hartlik uitgenooi om weer boeke voor te lê vir die 2026 Netwerk24 kykNET Rapport Boekpryse. Vanjaar se spertyd vir ontvangs van boeke is 12 November.

Goue lint, my storie begint: Humor in kinderliteratuur

Anke Theron Kinderboeke 2025-10-21

"Nou wat sou humor wees sonder ’n gepaste praktiese toepassing? Jy wil mos lag en nie jouself bekommer oor hoe die spykers en skroewe inmekaarsteek nie. En waar vra jy, liewe leser, sal humor die beste werksplek vind? Skole."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: verslag oor ’n Naledi-skrywersbyeenkoms

Annette Havenga Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-20

"Tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 waar boeke en boekgesprekke hoogty vier, is Naledi se 20ste verjaarsdag by die Leopard’s Leap Familie Wynlandgoed in Franschhoek gevier."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: ’n Visuele resensie van Albert Pretorius se Ek is nie Danie

Willem Mulder Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-20

"Wat ’n ongelooflike ervaring."

Hart onder arres deur Judy Troskie: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-10-20

"Hart onder arres is veel meer as net ’n liefdesverhaal. Dit is ook ’n spanningsverhaal propvol intrige en gevaar."

Die (vreemde) einde van ’n koerant deur Barnard Beukman: ’n lesersindruk

Salomé Kotze Lesersindrukke 2025-10-20

"Dit is ’n waardevolle stukkie geskiedenis – nie net beskryf dit die heengaan van koerante nie, maar ook die waarde wat mense (lesers) aan daardie stukkie papier heg."

PenAfrican: Straddling borders, crafting nation: On Morafe by Khumisho Moguerane

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2025-10-20

"Morafe: Person, family and nation in colonial Bechuanaland, 1880s-1950s is a landmark achievement. Khumisho Moguerane has written a history that matters for our time by filling the lacunae in southern African historiography."

Die ATKV-Kinderboektoekennings: Reglement vir 2026

LitNet ATKV-Portaal 2025-10-20

Die wenner ontvang R10 000 en ’n trofee. Die skrywer of illustreerder wen die prys.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: "Reaching readers", oor outeurs en skrywers – en die pad vorentoe

François Verster Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-20

"’n Woord wat meer as een keer genoem is, was authenticity. Hoe uniek en oorspronklik is jy en jou werk? Én jou bemarking? Die publiek kom gou agter as jy nie opreg is in jou aanbieding nie en dit beteken jy moet weet wie jy is (jou persona) en wat jy doen (jou produk)."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Moordballades: en ander minder vrolike verse uit die Groot Vreseboek deur Chris du Plessis – ’n resensie

Jannike Bergh Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-17

"Om hierdie verse op so ’n manier te laat herlewe is ’n totale punk-pothou en maak ons armes ryker."

Die storie van ’n storie: van roman tot draaiboek

Frederik de Jager LitNetKanaal op YouTube 2025-10-16

"Die verhaal is uitgeknip vir ’n film: Dis ’n buitengewone avontuur; dis ’n liefdesverhaal; dit klop met die gees van ons tyd van klimaatskrisis; dit het emosionele en intellektuele diepte, en sterk visuele trefkrag."

Klein konings deur Theo Kemp "’n leeservaring uit die boonste rak"

Deborah Steinmair Resensies 2025-10-16

"Kemp druk sy vinger in vele wonde. Die roman is ’n studie oor skuld. Hy laat die hoofkarakters se geskiedenis oopval soos die land s’n. ’n Land waar een se erfenis die ander se letsel is. Niks is eenvoudig nie. Antwoorde is daar nie. Dis die karakters wat jou bybly."

Wanneer die krieke stil word: ’n onderhoud met Petro Kotze-Odendaal

Louise Viljoen (JBay), Petro Kotze-Odendaal Skrywersonderhoude 2025-10-16

"Dit is ’n ware lewensverhaal oor om die wedstryd van die lewe met ’n laat wegspring te begin, weens ’n alkoholispa en ’n gebroke ma."

Top