Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Die Lasarus-effek: AD Keet (1888–1972)
2025-12-23"Albertus Daniel Keet was ’n veelsydige figuur in die Afrikaanse kultuurgeskiedenis: ’n gerespekteerde geneesheer, ’n musikale digter en ’n belangrike kulturele skakel tussen Suid-Afrika en Europa."
Die gewig van ’n gedig: ’n close reading van Gaireyah Fredericks se gedig "Swaa dra"’
2025-12-22"Gaireyah Fredericks wennie 2024-Diana Ferrus-literatuurprys vi ha gedig 'Swaa dra'. Die bekroonde gedig is earlier die jaa gepublish innie anthology Ons kom van hier. In 29 lyne van vrye vers, nooi Fredericks die lieser in op ’n gesprek tussen ’n dogter en ha ooliede moeder. 'Swaa dra' doen mee as nettie expression vannie gevoel van rou. Dit is ’n indiepte exploration van rou self."
Wond deur Gerhard M Pietersen: ’n lesersindruk
2025-12-22"Hy slaag goed daarin om die leser te laat besef presies hoe wyd trauma uitkring. Selfs die hondjie wat tydens die aanval onder sy skoonouers se bed gelê het, was getraumatiseer en kon daarna nie blaf nie."
Tears before bedtime by Diane Awerbuck: excerpt
2025-12-22"This a joke book – except that all the dialogue is real, and from my family, over a period of fifteen years. I have been taking notes."
Elders gesien: Goeiedag, nuwe QR-wêreld
2025-12-19"Die boek se naam is Konstruktiewe joernalistiek vir vandag. Dis die eerste Afrikaanse handboek vir joernalistiek in 43 jaar."
Kinderboeke vir die Kerskous en die vakansie
2025-12-19"Met hierdie lysie boeke hoef daar geen vervelige dae in die vakansie te wees nie. Onthou, lees wat en wanneer jy wil."
Pasverskyn: Sprokie in ’n streepbaadjie deur Christien Neser
2025-12-18Heloise begin graad elf by Presidentpark. Daar ontmoet sy AB, die skool se "bad boy", wat ook in haar kunsklas is. Wanneer hulle kunsonderwyser bedank, stel AB vir Heloise aan sy ouma voor, beeldhouer Heike Leibig. Heike se middeleeuse heldin is Heloise, wat saam met haar geliefde Abelard (na wie AB vernoem is) in Parys se oudste begraafplaas lê.
Lesersindruk: Automaton(tik): in remembrance of the patients of the Fort England Psychiatric Hospital deur Rory du Plessis
2025-12-18"Du Plessis boots nie die argief na nie; hy skep eerder ’n poëtiese ruimte waarin die onbekende innerlike wêreld – drome, geheime vreugdes, herinneringe – kan opklink."
Skrikbeeld staar uit die toekomsspieël: ’n lesersindruk van Water deur Hein Griesel
2025-12-18"Water, wat grootliks in ’n 'nabye' toekoms” afspeel, lewer skerp sosiale kommentaar op lesers se huidige wêreld waar brutale sosiopolitieke skendings toeneem wat kan lei tot ’n woesteny waar die mees basiese lewensmiddele, soos kos en water, onbekombaar gaan wees."
50 jaar gelede: tydlyn van Breyten Breytenbach se traumatiese jaar
2025-12-18"Vanjaar het bepaalde brokkies oor Breyten in Die Burger se Uittreksels-rubriek '50 jaar gelede' my op ’n klein tydlynreis geneem. Die '50 jaar gelede'-brokkies is kort uittreksels uit prominente voorbladberigte; elders in die koerant kon daar ook aanvullende berigte wees."
Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2026: ’n onderhoud met SP Benjamin
2025-12-18"En lees was maar nog altyd in my gene. Enige ou koerant of papier wat ek in die veld kry, was vir my ’n bron van inligting. Terwyl die tjommies voëls en akkedisse gejag het, het ek na die naaste hoop vullis gegaan om ’n leesding te soek. Tot groot frustrasie van die ander. Dit was ek. Daardie was my gewoonte."
Die Lasarus-effek: Alba Bouwer (1920-2010)
2025-12-18"Alba Bouwer se literêre loopbaan het op ’n onverwagse manier begin toe Landbouweekblad haar in 1954 versoek het om stories vir hulle kinderrubriek te skryf. Sy het nostalgiese verhale geskep wat teruggryp na haar geliefde plaastyd. Dit het tot die geboorte van Stories van Rivierplaas gelei."
Jeugboeke, die unieke uitdaging
2025-12-18“Tieners lees nie meer nie!” sê hulle. “Bog!” sê Hannes Barnard en haal dan statistiek aan om die teendeel te bewys.
Eleksie op Erdvark deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
2025-12-18"Glip een in elke Kerskous wat jy vanjaar moet vul. Dis lekker lag, na binne kyk en klein dorpie op sy beste."
Die Lasarus-effek: RW (Roland) Schikkerling (1879–1944)
2025-12-17"Roly, soos hy deur vriende en familie genoem is, het as negentienjarige by die Boeremagte aangesluit. Hy was van die begin af baie realisties oor die Boere se kanse op ’n oorwinning. Op bladsy 2 van sy fantastiese dagboek sê hy: 'Ek moet erken dat ek bloedmin hoop gehad het op ’n suksesvolle einde vir ons. Maar hoekom moet daar hoop wees?'"
Goue lint, my storie begint: Kinderboeke en gotiese elemente – zombies, vampiere, weerwolwe, spoke en ander gruwelike dinge
2025-12-17"Dit was onlangs nog Oktober en ek dink terug aan hoe winkels oorgeloop het van groot pampoene, monstermaskers en uitverkopings op allerlei lekkers en partytjieversierings. Alles onder die vaandel van Halloween!"
Bundel wat huiwer tussen drama en poësie: ’n resensie van Klara du Plessis se Ek’t act
2025-12-17"Die bundel kan beskou word as ’n kruising tussen ’n digbundel en ’n drama, en dui Du Plessis se voorliefde vir interdissiplinêre werk aan."
Die drie weduwees deur Irma Venter: ’n resensie
2025-12-15"Irma is bekend vir haar vermoë om spanning met ’n karaktergedrewe storielyn te balanseer, en in hierdie roman bereik dit ’n nuwe hoogtepunt."
My jaar van vrees en vryheid deur Marita van der Vyver: ’n resensie
2025-12-15Marita van der Vyver se boek is veel meer as ’n reisboek – dis ’n besinning oor die lewe en oor hoe ons leef, skryf Ilse Salzwedel.
Lucky bastard
2025-12-11He grew up in a good household near Durban. At a delicate age, he learned that he was adopted. It shook his sense of identity, as he no longer was the boy he had been brought up to be. In his recently completed memoir, Lucky bastard, Anthony Akerman focuses primarily on how his life was shaped by the knowledge of his adoption.
