Titel: Parlementpraatjies
Skrywer: Pieter Mulder
ISBN: 9781997476078
Uitgewer: Naledi
Die parlement het eienaardige tradisies en unieke name vir ampsdraers – woorde soos speaker, swepe, ampstaf, ampswag, lesings, afpaar en verdelings.
Dit kan verwarrend wees.
Die parlement het ’n voorsitter wat min praat. Hoekom noem hulle die persoon steeds ’n “speaker”? Waarom stribbel ’n nuutverkose speaker teë en moet hy letterlik deur die swepe na die voorsitterstoel gesleep word?
Parlementslede kan sekerlik lees. So hoekom word ’n wetsontwerp ’n eerste en tweede keer aan hulle voorgelees? Ons hoor in die nuus van ’n hoofsweep. Kom die begrip “sweep” werklik van die Britse parlement soos kenners beweer? Dit klink meer soos iets uit die dae van die Groot Trek en ossewaens.
Waarom het die parlement twee kamers nodig om ’n besluit te neem, terwyl die meeste organisasies net een nodig het?
Hierdie boek beantwoord al hierdie vrae en nog meer op ’n boeiende – en dikwels vermaaklike – manier. Die hoofstukke is doelbewus lig en humoristies, gevul met ware staaltjies oor amusante situasies en unieke parlementêre persoonlikhede.
Die boek is gebaseer op ’n reeks praatjies wat die skrywer op RSG gelewer het.

