
Baie dankie aan al die skrywers wat hulle hand aan ’n kortverhaal gewaag het.
Vyf-en-vyftig kortverhale is ontvang. Een is gediskwalifiseer omdat dit nie aan die woordtelling voldoen het nie.
Al die verhale is anoniem in een dokument geplaas en genommer. Daarna het drie beoordelaars gedurende Januarie en Februarie hul beste verhale gekies. Agtien verhale is gekies vir die volgende rondte.
In die volgende rondte het die beoordelaars (1) die wenverhaal gekies en (2) die verhale geïdentifiseer wat in ’n bundel gepubliseer gaan word. Die wenverhaal word op Goeie Vrydag aangekondig. Sterkte aan al die deelnemers.
Die gekeurde verhale is:
“13 Ek(ke)” – Karen Loots
“Algoritme van waarheid” – Eugené Pienaar
“Applous” – Madeleine Venter
“Blomme vir oom Eben” – Tersia Gouws
“Die enigste getuie” – Zelda Brits
“Die fluistertaal van blomme” – Nanette van Rooyen
“In die halwe lig” – Zelda Brits
“Magdalena” – Tienie Holtzhausen
“Main character energy” – Ronnie van Jaarsveld
“Ou wyn, nuwe wyn” – Ronnie van Jaarsveld
“Vonkkabel” – Elsabé Welman
Lees meer hier:
Persverklaring: Die Klerksdorp Boekefees kondig die Sandy Schoeman-kortverhaalprys aan


Kommentaar
Ek wil graag volgende keer deel wees van jul volgende kompetisie.