
Elna van der Merwe praat met Naomi Meyer oor vanjaar se Stilbaai-boekefees, wat op die 27ste en 28ste Februarie 2026 aangebied word.
Elna, die Stilbaai-boekefees is om die draai. Vertel asseblief vir ons lesers van die fees.
Dit is die vyfde jaar wat die fees aangebied word en dis asof dit teen hierdie tyd sy eie momentum kry. Daar is reeds ’n gevestigde groep feesgangers wat maande vooraf die laaste naweek in Februarie in hul dagboek aanteken en hul verblyf bespreek.

Gerda Taljaard en Johannes de Villiers (foto: verskaf)
Waarna sien jy in die besonder op vanjaar se feesprogram uit?
Nuut op die program vanjaar is ’n jeugfees by Melkhoutfontein Primêr waar Jaco Jacobs en Fanie Viljoen, twee van Afrikaans se gewildste kinder- en jeugboekskrywers, gaan optree. Saam met hulle is Sisca Julius, ’n onderwyseres van die Noord-Kaap wat met leerders en onderwysers kom praat oor lees. Sy is ’n gepubliseerde, maar slapende skrywer – sy verseker my egter sy gaan ’n slag weer die muse gehoorsaam!
Die plan is om dié jeugfees ’n jaarlikse instelling te maak.

Graeme Cuttings, hoof van Melkhoutfontein Primêr
Wat is nog alles op die program vanjaar?
Die hoofprogram vind in die gemeenskapsaal plaas. Hier is die volledige program. Bespreek by quicket.co.za.
Hoekom in Stilbaai?
Hier woon baie boekliefhebbers in Stilbaai, maar vanaf die eerste fees reis lesers van heinde en ver spesiaal hierheen vir die feesnaweek. Behalwe die attraksie van ’n uitgesoekte groep sprekers, help dit natuurlik dat Stilbaai met sy blou see en breë, skoon Goukou-rivier glad nie ’n te vrot bestemming is nie!
Lees ook:
Op pad na ’n klooster in die sneeu deur Johannes Bertus de Villiers: ’n persoonlike bespreking


Kommentaar
Ek kan beaam, die fees het daai Stammtisch-gevoel. As jy kan, gaan geniet gerus die uitgelese geselskap en ‘n glas of wat wyn. (Op NW24 lees ek vanoggend Simon van der Stel het destyds die wyn beskryf as ‘van een bijsonder affkeerige wreetheid.’ Dinge gaan beter.)
Ek ly aan jaloespyt.