Netwerk24 se Smaakmaker van die Jaar 2026: ’n onderhoud met Anro Schutte

  • 0

Anro Schutte by die onlangse toekenningsfunksie (foto: verskaf)

........
Integriteit is vir my alles. Ek sal nooit doelbewus ’n boek afbreek nie, maar ek glo eerlikheid bou vertroue.
........

Anro Schutte is verlede week as Netwerk24 se Smaakmaker van die Jaar 2026 bekroon. Hy vertel vir Naomi Meyer wie hy is.

Anro, wie is jy, die mens agter die smaakmaker?

Ek is eerstens net Anro, ’n mens wat lief is vir woorde, vir mense en vir betekenis. Ek is ’n digter nog lank voor ek ’n smaakmaker is. Iemand wat glo stories red mense. Ek kom uit ’n plek waar eerlike gesprekke saak maak, waar geloof my dra, en waar ek regtig net wil hê mense moet weer voel en weer kan droom.

Waarom het jy besluit om ’n beïnvloeder te wees?

Ek was nog altyd geïnspireer deur ander digters en skrywers. Ek het gewonder hoe iemand presies kan skryf wat ek voel, maar nie hardop kan sê nie. Hoe woorde ’n hart kan vang sonder dat jy dit self kon verduidelik.

In ’n wêreld wat vinnig beweeg en nie altyd stop vir ’n mens se seer of stilte nie, het ek besluit ek wil hard werk om een rede: Om ook ’n stem vir mense se seer of stilte te wees. Om ’n lig in die donker te wees vir mense wat sukkel of deur moeilike tye gaan. As iemand hoop kan kry deur woorde van ’n vreemdeling af, dan weet ek hoekom ek dit doen.

Jessica Viljoen en Anro Schutte (foto: verskaf)

Wat beteken dit vir jou om ’n smaakmaker te wees – hoe verstaan jy die begrip?

Vir my is ’n smaakmaker nie net iemand wat sê "koop hierdie boek" nie. Dis iemand wat konteks gee. Wat gesprek begin. Wat ’n brug bou tussen skrywer en leser. Dis nie oor hype nie, dis oor eerlike aanbeveling en betekenisvolle gesprek.

Waarom moet die boekbedryf beïnvloeders hê?

........
Ons leef in ’n tyd waar aandag skaars is. Daar verskyn ongelooflik baie boeke, maar nie almal kry altyd die blootstelling wat hulle verdien nie. Smaakmakers help om stories sigbaar te maak. Ons help om lees weer cool te maak. Ons help om die gesprek rondom literatuur lewend te hou, veral in Afrikaans.

As jy bemarking vir ’n boek doen, sal jy bereid wees om eerlik te wees en positiewe sowel as negatiewe terugvoer oor ’n boek te gee?

Absoluut. Integriteit is vir my alles. Ek sal nooit doelbewus ’n boek afbreek nie, maar ek glo eerlikheid bou vertroue. As mense weet ek is opreg, dat ek nie net praat omdat ek moet nie, dan beteken my aanbevelings iets. En uiteindelik dien eerlike terugvoer ook die skrywer en die bedryf.

Lees ook:

Smaakmakers 2026: Dit smaak my ons ken nie altyd die kriteria nie

Elders gesien: Tafelpote saag

Elders gesien: Smaakmaker van die jaar

LitNet: Smaak jy dit?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top