
Dit is vanjaar die derde agtereenvolgende jaar dat die kortlyste van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se literêre pryse vooraf bekendgemaak word. Die vier kortlyste vir die 2026-inskrywings is pas aangekondig en weerspieël die rykdom en diversiteit van kontemporêre Afrikaanse skryfwerk.
Die SA Akademie se literêre pryse dien as belangrike erkenning van uitnemendheid en as aansporing vir Afrikaanse skrywers om voort te gaan om gehaltewerk in hul moedertaal te lewer. Vanjaar is altesaam 75 inskrywings vir die vier pryse ontvang.
Kortlyste vir 2026
Eugène Maraisprys vir poësie/drama
- Kinderlê – Lynthia Julius (Queillerie)
- om my kastele in Spanje te sloop – Jaco Barnard-Naudé (Human & Rousseau)
- prins – Ryan Pedro (Kwela)
- weerskyn – Alwyn Roux (Protea Boekhuis)
SA Akademieprys vir vertaalde werk
- Faust – Johann Wolfgang von Goethe (vertaal deur Robert Schall) (Naledi)
- Max Havelaar – Multatuli (vertaal deur Ena Jansen) (Protea Boekhuis)
- Ons wag vir Godot – Samuel Beckett (vertaal deur Naòmi Morgan) (Naledi)
- Reinaard die vos – “Willem” (vertaal deur HJ Pieterse) (Protea Boekhuis)
LW Hiemstraprys vir niefiksie
- Bewegende denke: praktiese wyshede en kritiese hermeneutiek in onstuimige tye – Pieter Duvenage (Naledi)
- Boesman-invloed op Afrikaanse plekname – Peter E Raper (UJ Press)
- Troep: Die dinge wat hulle saamdra – Bun Booyens (Penguin Random House)
Hertzogprys vir poësie
- Asindeton – Joan Hambidge (Protea Boekhuis)
- Nou in infrarooi – Tom Dreyer (Kwela)
- Soekenjin – Bibi Slippers (Tafelberg)
- vloei/stof – Gilbert Gibson (Protea Boekhuis)
- waterman – Herman Wasserman (Queillerie)
Keurders
Die keurders is lede van die Letterkundekommissie van die SA Akademie: prof. Thys Human (voorsitter, Noordwes-Universiteit), dr. Marni Bonthuys (Universiteit van Wes-Kaapland), prof. Marius Crous (Nelson Mandela Universiteit), me. Valda Jansen (joernalis en vryskutskrywer), me. Bettina Wyngaard (regsgeleerde en skrywer), dr. Amanda Marais (Universiteit Stellenbosch), me. Teneal Apollis (Universiteit van Pretoria), prof. Sonja Loots (Universiteit van Kaapstad) en dr. Neil van Heerden (UNISA).
Aankondiging van wenners
Die wenners van die literêre pryse word saam met die wenners van die ander Akademiepryse op Donderdag 23 April 2026 bekendgemaak, en die pryse word tydens die SA Akademie se jaarlikse bekroningsplegtigheid op Vrydag 2 Oktober 2026 te Pretoria oorhandig.

