Uitnodiging: Dave Pepler op Saterdag 18 April 2026 om 10:00 by NALN

  • 0

Die Werkgemeenskap Vrystaat van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Vriende van NALN Vereniging nooi álle belangstellendes uit na ’n besonderse gesprek (en ruikervaring) oor parfuum met voorlesings uit SMELT – Dave Pepler se nuutste boek.

Kom ervaar Die geur van herfs saam met Dave Pepler op Saterdag 18 April 2026 om 10:00 by NALN.

RSVP teen 15 April 2026 by HoffmanL@ufs.ac.za.

Kom kyk! Saterdagmark op 18 April 2026 om 11:3013:00: Vriende van NALN se Boekemark in die Ketelkelder bied ’n keuse van 8000+ tweedehandse boeke teen halfprys! Langspeelplate, kinder- en jeugboeke, biografieë – alles wat jou hart begeer vind jy hier, en nog meer! Kom kyk ook na die unieke skrywersmuur in dié geheimsinnige kelder.

Besoek die Vriende van NALN Vereniging se Boekemark in die pragtige ou Ketelkelder op Maandae en Donderdae 9:00–12:00. Inge Venter verwelkom u graag.

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum is geleë op die h/v Charlotte Maxeke- en Pres. Brandstraat, Bloemfontein.

Parkering is beskikbaar op die teerblad langs die Ou Goewermentsgebou vanuit Miriam Makebastraat (voorheen Elizabethstraat).

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top