Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Leeskringnuusbrief: Augustus 2018

LitNet Leeskringkamer 2018-08-07

Welkom by LitNet se leeskringnetwerk! Lees die eerste leeskringnuusbrief hier.

Woordelys: Die derde spoel deur SJ Naudé

Adinda Vermaak Leeskringkamer 2018-08-06

Hier is ’n volledige woordelys vir Die derde spoel deur SJ Naudé wat veral nuttig kan wees vir leeskringbesprekings.

Brugbouers deur Rudi Buys: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-08-03

"Die boek is nie ’n geskiedenisboek oor die gebeure rondom die Reitz-video nie. Dit is eerder ’n boek wat probeer om die breë beginsels daar te stel van gemeenskappe wat verander. En verandering is iets wat nooit voltooi word nie. Dat daar konflik sal wees, is gegewe."

Jong lesers: Die tandeterroris deur David Walliams, vertaal deur Kobus Geldenhuys

Johannes Meyer Jong lesers 2018-08-02

"Ek hou baie van die verhaal, want dit gee vir mens gemengde/verskillende gevoelens. Dit laat mens emosioneel voel – partykeer hartseer, partykeer bly."

Jong lesers: Billionaire boy deur David Walliams

Canha Meyer Jong lesers 2018-08-02

"Maar nes alle goeie boeke hou die boek jou op jou tone. Mense is geneig om te dink dat geld jou gelukkig kan maak, maar die boek verskil heeltemal van daardie algemene visie."

Jong lesers: Die leeutemmer se assistent deur Solet Scheeres en Marjorie van Heerden

Kaylie Herbst Jong lesers 2018-08-02

"Kom beleef die sirkus soos nog jy dit nog nooit gesien het nie – jy sal voel of jy daar is!"

Jong lesers: Sarah Espinoza resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen

Sarah Espinoza Jong lesers 2018-08-02

"Die leser beveel hierdie boek aan, want dit het ’n interessante storielyn en dit is maklik om te lees, wat Engelssprekende tieners se woordeskat sal verbeter."

Jong lesers: Qailah Hannie resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen

Qailah Hannie Jong lesers 2018-08-02

"Ek sal die boek vir jong lesers aanbeveel vir die uitstekende storielyn en interessante hoofkarakters."

Polemieke: bekgevegte in Afrikaans deur Gabriël Bothma: ’n resensie

AJ Opperman Resensies 2018-08-02

"Ek meen, wie sal sonder nuuskierigheid en sonder gevoel ’n boek oor polemiek en Afrikaans toeslaan wat 'Boetman is die bliksem in', Piekniek by Dingaan en Voëlvry, Daisy de Melker, Joost van der Westhuizen, Bram Fischer, Adam Small en 'beskaafde' apartheid in dieselfde asem noem?"

Jong lesers: Nicholas Hanlon resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen

Nicholas Hanlon Jong lesers 2018-08-02

"Hierdie boek is vol geheime en plaas die leser op ’n emosionele wipplankrit."

Jong lesers: Kaitlyn Sookdhew resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen

Kaitlyn Sookdhew Jong lesers 2018-08-02

"Ek was hier is ’n roman wat ’n raaisel, ’n tragedie, ’n komedie, ’n drama, ’n aksie-storie en ’n romanse alles in een is."

Jong lesers: Nicole White resenseer Die legendariese Lua Verwey – Wilder as die wildtuin deur Dihanna Taute

Nicole White Jong lesers 2018-08-02

"Dis skreeusnaaks. Ek het so gelag, selfs my ma wou die boek saam met my lees!"

A feast from nature deur Renata Coetzee: ’n resensie

François Verster Resensies 2018-08-01

"A feast from nature is ’n fees om te lees, en ’n verrykende kenniservaring, maar daar is iets méér ... dalk ’n eggo uit ’n gedeelde verlede wat alle mense kan waardeer. Mag Renata Coetzee se bydrae tot ons geskiedenis ons help om ’n groter begrip van mekaar te ontwikkel en sodoende ’n beter toekoms te beding."

Die keer toe ek my naam vergeet het deur FA Venter: ’n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2018-07-31

"FA Venter se Die keer toe ek my naam vergeet het is ’n uitstekende outobiografiese vertelling oor sy ervarings ná hy ’n beroerte beleef het."

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal: bekendstelling

LitNet Boeke en skrywers 2018-07-31

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal, met Antjie Krog en Jolyn Phillips, op 22 Augustus in Kaapstad.

openbare domein deur Daniel Hugo: ’n resensie

Gunther Pakendorf Resensies 2018-07-30

"Dié balans tussen oop en toe, binne en buite, wat die leser na ’n plattelandse werf uitnooi en haar terselfdertyd ’n warm ontvangs in ’n gemoedelike binnekamer (en ’n proesel poësie) belowe, gee ’n visuele dimensie aan die bundel se beweging tussen naby en ver, die natuur en die mens, landskap en kuns ..."

Steinhoff en die Stellenbosse Boys deur James-Brent Styan: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-07-30

"Dit is kommerwekkend om te weet hoe maklik feite verskans kan word agter ’n gloeiende verslag, hoe maklik die mens inkoop op iets wat op die oog af in orde lyk, en hoe aangewese die gewone mens is op kenners vir finansiële raad."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: ’n Brief vir Reina deur Elsa Winckler

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2018-07-30

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit ’n Brief vir Reina deur Elsa Winckler, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Jong lesers: Jamie Johnson: Skills from Brazil deur Dan Freedman

Jodie Ramackers Jong lesers 2018-07-30

"Dit is vol humor en het hier en daar ’n paar sokkerfeite. Die tonele word pragtig beskryf, perfek om die leser se aandag te trek."

Jong lesers: Gerook deur Eldridge Jason

Cassidy Alexander Jong lesers 2018-07-30

"As sy ma by is, is ouma Anna die vriendelikheid self. As hy egter alleen in ouma Anna se geselskap is, kry hy partykeer die indruk sy verdra hom net-net."

Top