Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Fault lines by Joanne Macgregor: book review
2018-08-14"Macgregor seeds a fair amount of technological information throughout the novel. This locates the plot in substantial fact – the controversy around Karoo fracking has led to much publicity in the South African media – while Macgregor also presents these details in digestible pieces, mostly through Sam’s voice."
Grilgrypers deur De Wet Hugo: Grieselrige goeters wat leesgieriges sal gryp en laat gril
2018-08-13"Danksy grillers is plekke waar die onmoontlike en dikwels ondenkbare wel bestaan en gebeur, tydelik toeganklik. Boonop word monsters in stories oorwin en ervarings in donker woude hou nie vir ewig aan nie."
NB-Uitgewers betreur Koos Human se afsterwe
2018-08-10"Hy was veral bekend vir die besonderse manier waarop hy die uitgewer se verhouding met skrywers tot ’n fyn kuns vervolmaak het."
Pienk is nie vir sissies nie deur Christien Neser: ’n resensie
2018-08-10"Met bestanddele soos bergfietse, ’n manlike balletdanser, ’n flambojante skoolsielkundige, gewapende roof en ’n hele paar aanhalings uit alombekende boeke is dit duidelik dat hierdie storie oor meer gaan as wat in die titel voorspel word."
Ralph Haynes: Godfather van die Wes-Rand deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk
2018-08-10"Die sielkunde agter misdadigers kan ons soos legkaartstukke aanmekaar probeer pluis vanuit die veiligheid van ons eie huise. Hoekom is misdadigers soos hulle is? En in die geval van ene Ralph Haynes is die vraag: Wat het van hom geword?"
kykNET-Rapportpryse: 2018-kortlyste is hier!
2018-08-10"Die 2018-benoemdes vir die kykNET-Rapportpryse, wat die Jan Rabie-Rapportprys vir nuwe werk insluit, is pas bekend gemaak. Dit is die grootste en rykste jaarlikse boekpryse in Afrikaans."
Kringloop deur Bets Smith: ’n lesersindruk
2018-08-10"Bets Smith se roman was lekker om te lees. Dit neem onverwagse draaie en Smith hou die leser goed in die duister oor wie die ontvoerder is."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Wat het geword van Dinsdag? deur Tinus Horn
2018-08-10LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Wat het geword van Dinsdag? deur Tinus Horn, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Ystervuis uit die see deur Arnè Söderland en Douw Steyn: ’n resensie
2018-08-10"Baie boeke is al geskryf oor die Suid-Afrikaanse magte in die Grensoorlog, maar weinig is bekend oor die rol van ons seemagte. In hierdie boek word verslag gedoen van 50 uiters geheime see-operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot."
Ja, dit maak sin om dramas te lees, maar …
2018-08-08"’n Drama of verhoogteks ís moeilik om bloot te léés, soos ons gesien het – want dit vertel nie ’n storie of bespreek ’n saak in verstaanbare besonderhede soos ’n roman nie, of ontroer jou nie slegs deur die ritme en prag van die woorde (alleen) nie. Dit gee jou bloot ’n aantal rigtinggewende buitelyne daarvan, die geraamte van die storie."
Jongleserskompetisie: wenners aangekondig!
2018-08-08Hier is die wenners van hierdie resensiekompetisie vir skoolkinders.
Jong lesers: Middernagfees deur Jaco Jacobs
2018-08-08"Jaco se boeke lees altyd maklik en dit voel of ek in sy stories is en saam alles doen."
I wish I'd said: ’n onderhoud met Johann de Lange
2018-08-08"Daar word alreeds geruime tyd en deur ’n groot verskeidenheid organisasies en persone werk rondom meertaligheid gedoen. ... Dit is ... belangrik dat verskille gevier word, en dat daar nie probeer word om van alles ’n eenselwige grys brei te wil maak nie."
I wish I'd said: an interview with Mantoa Motinyane
2018-08-08"What was striking about the different poets was that each one had, at some point in their life, experienced some form of grief, love, birth and hope. These themes came through in all the languages."
Jong lesers: The Twits deur Roald Dahl
2018-08-08"Baie snaakse dinge gebeur met meneer en mevrou Twit. Dit is ’n baie interessante boek. Toe ek die boek begin lees het, wou ek dit glad nie neersit nie."
Jong lesers: The adventures of Captain Underpants deur Dav Pilkey
2018-08-08"Dit is so ’n pragtige storie. Ek sal dit beslis aanbeveel."
Be engaged, entertained and inspired – bookings now open for eighth Open Book Festival
2018-08-08"Open Book Festival is committed to creating a platform to celebrate South African writers, as well as hosting top international authors. The festival strives to instil a love of reading among young attendees, with the programme designed to create conversations among festivalgoers long after the event." The eighth Open Book Festival will take place from 5 to 9 September 2018.
Jong lesers: Dink hieraan as jy ’n boek resenseer
2018-08-08"Onthou, alhoewel ’n resensie ’n ernstige saak is, moet dit steeds lekker leesstof wees wat belangstelling in ’n boek sal prikkel. Dit behoort ’n potensiële leser te laat besluit of hy/sy die moeite wil doen om die boek te lees of nie. Geniet dit!"
Gesant van die mispels en In die stille agterkamer deur Marlene van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2018-08-08"Van Niekerk gooi met haar nuwe werk ’n Nietzscheaanse tou oor die afgrond na lesende kritici, kritiese lesers, gewoond om 'teen die grein' en vryblywend te beoordeel, te evalueer en te kategoriseer. Nie langer kan kritici afstandelik, veilig en vanaf die verte sonder emosionele betrokkenheid skryf nie."
Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag: Kry hier afslag en lees jou kind slim
2018-08-07"Op 14 Augustus vier ons weer Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag, ’n inisiatief van die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n divisie van die ATKV. Lesers kan dan by verskeie boekwinkels afslag op Afrikaanse boeke kry, wat vir jou as ouer die ideale geleentheid bied om solank jou kind aan die lees te kry."
