Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Huppelkind, gister en vandag: ’n onderhoud
2018-10-18"Huppel is die universele kind. Hy is sorgvry en nuuskierig oor die mense, diere en dinge om hom."
Die elfde gebod deur Gerhard Ras: ’n resensie
2018-10-18"Ras slaag beslis daarin om nie net wenkbroue te laat lig vir die voorblad nie, maar om die leser aan te gryp met ’n hartlike verhaal van iemand wat baie deurgemaak het en gespaar is om vandag self sy storie te vertel, op sy manier."
Stroomop deur Adeline Radloff: ’n resensie
2018-10-17"Die boek word nie toegelaat om op eie voete te staan nie, maar vorm bloot deel van die bemarking vir die film."
Glenstantia Leeskring: Geskiedenis en hoogtepunte
2018-10-17"Boeke, en die wêreld wat lees skep, word in hierdie klein leeskring na waarde geskat." Mariaan Ueckermann van Glenstantia Leeskring deel herinneringe en foto's van die leeskring se hoogtepunte die afgelope paar jaar.
Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse deur Herman Lategan: ’n resensie
2018-10-16"Om Lategan se 'prosa' te takseer is soos om ’n woer-woer te probeer stop. Satire, hartroerendheid, hartstog, spot, ironie en medemenslikheid dryf die leser van bladsy tot bladsy. Gaandeweg kom besinning. Lees stukkie vir stukkie, slukkie vir slukkie. Proe-proe."
The inside-out man by Fred Strydom: reader impression
2018-10-15"Through the author’s dexterity of storytelling and astute turn of phrase, each sentence becomes its own canvas, and yet the storylines blend effortlessly."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Kantelpunt deur Sophia Kapp
2018-10-12LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Kantelpunt deur Sophia Kapp, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Skadujagter deur Dihanna Taute: ’n resensie
2018-10-11"Skadujagter is ’n aangrypende verhaal wat die skrywer met intense deernis, maar ook met hope insae, deel. Sy skryf vernuftig en behendig, met ’n styl en aanslag wat by die jong volwassene aanklank sal vind."
Brugbouers deur Rudi Buys: bekendstelling
2018-10-11Jy word vriendelik uitgenooi na die bekendstelling van Brugbouers deur Rudi Buys op 25 Oktober in Stellenbosch. Buys sal met Willie Esterhuyse in gesprek wees.
Ankers vir vandag deur Nadine Blom: ’n resensie
2018-10-11"Ankers vir vandag laat die klem op twee soorte ankers val: dié wat ’n mens daarvan weerhou om geestelik te kan groei en ander wat jou stewig vashou wanneer die lewe se storms woed."
Nuwe boek oor Afrikaans se Afrika-komvandaan bekendgestel
2018-10-11Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands? Wat is die invloed van townships op Afrikaans? ’n Splinternuwe boek deur wyle Christo van Rensburg word op Saterdag 20 Oktober 2018 amptelik by die Ouditsaal, Moreletaparkgemeente in Pretoria-Oos bekendgestel.
You make me possible: An interview with Karina Sczcurek
2018-10-10"Sometimes, you can say something in a letter that is impossible to voice otherwise."
Skadujagter: 'n onderhoud met Dihanna Taute
2018-10-10"Ek probeer my werk lees uit die leser se perspektief."
Reza de Wet (1952–2012)
2018-10-10"Ek het ’n groot liefde vir my taal. Dit het ’n ryk tekstuur en baie kleurryke en verbeeldingryke idiome. Om in Engels te skryf, is nie so ’n intieme ondervinding nie." Lees oor Reza de Wet se lewe en werk in haar ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2018
2018-10-09Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Video: Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse word bekendgestel
2018-10-09Herman Lategan se Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse is op Saterdag 6 Oktober by Protea Boekwinkel in Stellenbosch bekendgestel. Martie Retief-Meiring het met Herman gesels.
Uitnodiging: Kom ontmoet die skrywer Jan De Kinder in Stellenbosch
2018-10-08Kom ontmoet die Belgiese skrywer Jan De Kinder op 13 Oktober in Stellenbosch. De Kinder gaan met Erna Ridge in gesprek wees.
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Stof deur Alettie van den Heever
2018-10-08LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Stof deur Alettie van den Heever, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Annie Klopper “sing soos sy gebek is”
2018-10-05"Die konstante interaksie tussen feit en fiksie plaas weer eens klem op die outentieke aard van die roman, iets wat Annie, met verwysing na hip-hop, beskryf as 'keeping it real'." Lees hier oor Ryan Pedro se gesprek met Annie Klopper en kyk ook na ’n video-opname van die gesprek.
Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: fotogalery (4/4)
2018-10-04Vanjaar se Etienne van Heerden Veldsoirée, wat onlangs in Cradock en Somerset-Oos aangebied is, het ’n Kelderkelkie vir die organiseerders en besoekende skrywers in die kelder van die Victoria Manor Hotel aangebied. Foto’s is deur Izak de Vries, Johan Kotzé en Etienne van Heerden verskaf.
