Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Nagreisiger deur Leon van Nierop: ’n resensie
2018-10-19"Die boek lees maklik en Van Nierop se mooi taalgebruik en beskrywings is ’n pluspunt. Maar dit is veral die tema waarmee lesers sal identifiseer: die nagreisiger wat dikwels saam met elke leser op reis is."
The Echo of a Noise by Pieter-Dirk Uys: book launch
2018-10-19You are invited to the launch of The Echo of a Noise on 23 October in Melville. The author, Pieter-Dirk Uys, will be in conversation with Michelle Magwood.
Losprys deur Martin Steyn: ’n lesersindruk
2018-10-19"Martin Steyn se boeke word gekenmerk deur deeglike wetenskaplike en sielkundige navorsing en outentieke dialoë, en die uitstekende beskrywings van dinge, situasies en persone laat al dié goed voor die leser se oë verskyn. Steyn verskaf groot leesgenot."
Lam ter slagting deur Madelein Rust: ’n lesersindruk
2018-10-19"Ten spyte van my kritiek, was die roman ’n lekker tydverdryf gewees. Dit het die potensiaal om genot aan vele ander lesers te verskaf."
Kinnes deur Chase Rhys: bekendstelling in Kaapstad
2018-10-18Jy word vriendelik uitgenooi na die bekendstelling van Kinnes op 30 Oktober in Kaapstad. Die skrywer, Chase Rhys, sal met Anastasia de Vries gesels.
Die tale wat ons praat, saamgestel deur Danny Fourie: ’n lesersindruk
2018-10-18"Die tale wat ons praat is ’n radioprogram wat ten minste deels staatmaak op die publiek se vrae aan taalkenners, en die boek wat daaruit voortgevloei het, is dan ook saamgestel uit ’n keur van hierdie navrae."
Shaka rising deur Luke W Molver en Mason O’Connor: ’n lesersindruk
2018-10-18"Die roman is met ander woorde nie net ’n poging om die publiek en jeug oor die Afrika-geskiedenis te onderrig nie, maar dit wil hulle ook oor die Zoeloe-kultuur inlig."
’n Skerfie glas deur Erika Murray-Theron: ’n resensie
2018-10-18"’n Skerfie glas is die verhaal van Issie Malherbe, maar ook die verhaal van haar uitgebreide familie, van die skrywer self en uiteindelik van die Afrikanervolk."
Huppelkind, gister en vandag: ’n onderhoud
2018-10-18"Huppel is die universele kind. Hy is sorgvry en nuuskierig oor die mense, diere en dinge om hom."
Die elfde gebod deur Gerhard Ras: ’n resensie
2018-10-18"Ras slaag beslis daarin om nie net wenkbroue te laat lig vir die voorblad nie, maar om die leser aan te gryp met ’n hartlike verhaal van iemand wat baie deurgemaak het en gespaar is om vandag self sy storie te vertel, op sy manier."
Stroomop deur Adeline Radloff: ’n resensie
2018-10-17"Die boek word nie toegelaat om op eie voete te staan nie, maar vorm bloot deel van die bemarking vir die film."
Glenstantia Leeskring: Geskiedenis en hoogtepunte
2018-10-17"Boeke, en die wêreld wat lees skep, word in hierdie klein leeskring na waarde geskat." Mariaan Ueckermann van Glenstantia Leeskring deel herinneringe en foto's van die leeskring se hoogtepunte die afgelope paar jaar.
Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse deur Herman Lategan: ’n resensie
2018-10-16"Om Lategan se 'prosa' te takseer is soos om ’n woer-woer te probeer stop. Satire, hartroerendheid, hartstog, spot, ironie en medemenslikheid dryf die leser van bladsy tot bladsy. Gaandeweg kom besinning. Lees stukkie vir stukkie, slukkie vir slukkie. Proe-proe."
The inside-out man by Fred Strydom: reader impression
2018-10-15"Through the author’s dexterity of storytelling and astute turn of phrase, each sentence becomes its own canvas, and yet the storylines blend effortlessly."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Kantelpunt deur Sophia Kapp
2018-10-12LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Kantelpunt deur Sophia Kapp, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Skadujagter deur Dihanna Taute: ’n resensie
2018-10-11"Skadujagter is ’n aangrypende verhaal wat die skrywer met intense deernis, maar ook met hope insae, deel. Sy skryf vernuftig en behendig, met ’n styl en aanslag wat by die jong volwassene aanklank sal vind."
Brugbouers deur Rudi Buys: bekendstelling
2018-10-11Jy word vriendelik uitgenooi na die bekendstelling van Brugbouers deur Rudi Buys op 25 Oktober in Stellenbosch. Buys sal met Willie Esterhuyse in gesprek wees.
Ankers vir vandag deur Nadine Blom: ’n resensie
2018-10-11"Ankers vir vandag laat die klem op twee soorte ankers val: dié wat ’n mens daarvan weerhou om geestelik te kan groei en ander wat jou stewig vashou wanneer die lewe se storms woed."
Nuwe boek oor Afrikaans se Afrika-komvandaan bekendgestel
2018-10-11Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands? Wat is die invloed van townships op Afrikaans? ’n Splinternuwe boek deur wyle Christo van Rensburg word op Saterdag 20 Oktober 2018 amptelik by die Ouditsaal, Moreletaparkgemeente in Pretoria-Oos bekendgestel.
