Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Bloed, dunner as water deur Charné Kemp: 'n resensie
2018-11-26"Kemp skryf feitlik, helder en nugter. Die boek is leersaam en insiggewend. Dit lees maklik soos wat ’n mens van ‘n ervare joernalis verwag en probeer nie onnodig wetenskaplik of akademies te wees nie."
Sielskos – Stories oor verlange en hoop deur Koos van der Merwe: ’n resensie
2018-11-24"Sielskos sluit verhale oor bekende mense in. Die pad wat die sanger Elvis Blue gestap het, inspireer, terwyl die rubriek oor die aktrise Wilna Snyman pleinweg mooi is."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die Generaal deur Hans Pienaar
2018-11-22LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Die Generaal deur Hans Pienaar, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Stof deur Alettie van den Heever: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2018-11-22"Vir dié wat mooi kophou en volhou, is die beloning wel groot. Stof is ‘n besonderse, vernuwende roman wat ingewikkelde temas rondom die mens en sy verhouding met die natuur ondersoek."
Chatsworth by Pravasan Pillay: a book review
2018-11-22"Set in the highly populated township of Chatsworth in KwaZulu-Natal, this collection of 11 short stories highlights working class life in a residential area that was allocated for South Africans of Indian descent during apartheid."
Stellenbosch-bekendstelling: Weerklink van ’n wanklank | The echo of a noise
2018-11-22Jy word vriendelik uitgenooi na die bekendstelling van Weerklink van ’n wanklank | The echo of a noise deur Pieter-Dirk Uys op 26 November by die Drosdy-teater op Stellenbosch, 20:15. Toegang: R50.
Toe-val-lig deur Amore Bekker: ’n lesersindruk
2018-11-21"Luisteraars stuur hulle stories van toeval in na Amore Bekker, en dan word die stories op die radio vertel. Uiteindelik was daar genoeg stories vir ’n boek, en so is hierdie keur van sowat 100 stories saamgestel ..."
Kantelpunt: ’n onderhoud met Sophia Kapp
2018-11-21"Sy wil nie, omdat sy met die patriargie ontevrede is, ’n mannehater wees nie. Sy wil nie haar bra verbrand nie en sy wil nie haar grimering weggooi nie. Sy wil met ander woorde al die liggame en mense en organisasies en konvensies wat vir haar voorgeskryf het hoe om ’n vrou te wees, stilmaak, ook die linkses en radikales en die woedendes wat oorlog wil verklaar."
Wit terroriste: Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwag deur Albert Blake: ’n lesersindruk
2018-11-20"Met Wit terroriste ondersoek Blake ’n onderwerp wat hy tereg beskryf as heelwat afgeskeep deur historici. Dit is die onderwerp van die Ossewabrandwag (OB), maar meer spesifiek die sabotasieveldtogte wat deur die OB en hulle verwante groepe uitgevoer is."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Van Afrikaans gepraat deur Christo van Rensburg
2018-11-15LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Van Afrikaans gepraat deur Christo van Rensburg, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
LitNet Akademies-resensie-essay: Il Paradiso deur Dante Alighieri (vertaal deur Cas Vos)
2018-11-15"Om Il Paradiso te verstaan, is dit belangrik om te weet hoe die middeleeuse mens die kosmos voorgestel het, en watter literêre werke, filosofie en teologie Dante beïnvloed het."
Boekbekendstelling: Die tronkgesprekke deur Willie Esterhuyse en Gerhard van Niekerk
2018-11-15Jy word hartlik uitgenooi na hierdie boekbekendstelling in Stellenbosch.
Gert en Joey: Nuwe lig op ’n raaisel van dertig jaar deur Pieter van Zyl: ’n lesersindruk
2018-11-15"Van Zyl se boek het my vir die eerste keer op omvattende wyse aan die tragiese gebeure van die verdwyning van die jong kinders blootgestel."
Die opkoms en val van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen: Bekendstelling in Wellington
2018-11-15Jy word vriendelik uitgenooi na die bekendstelling van Die opkoms en val van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen op 22 November by Die Bôrdinghuis in Wellington. Aangebied deur die Breytenbach Boekklub.
Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé: Bekendstelling in Stellenbosch
2018-11-15Jy word vriendelik uitgenooi na die bekendstelling van Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé op 1 Desember by Protea Boekwinkel in Stellenbosch. Louis Esterhuizen sal met hom gesels.
Video: Brugbouers deur Rudi Buys word bekendgestel
2018-11-14"Rudi Buys se Brugbouers: Die Reitz-video en die pad na versoening is onlangs by Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Willie Esterhuyse het met hom gesels."
Armand Aucamp en Du Toitskloof kook kaal
2018-11-14Op 9 November 2018 is Armand Aucamp se kookboek aan die pers bekendgestel. Armand het smuldisse gekook en Ed Beukes het van Du Toitskloof se pryswennerwyne saam met elke dis geskink. Dit was ’n smaaksensasie.
Bywoner dra by tot plaasromangenre
2018-11-14"Bywoner se vernaamste tema is familie en famileverwantskappe."
Sol Plaatje: A life of Solomon Tshekisho Plaatje, 1876‒1932 deur Brian Willan: ’n resensie
2018-11-14"Die boek is propvol anekdotes, soos die een oor die 23-jarige Plaatje wat sy deel bygedra het om die koloniale Kaapse owerheid sover te kry om ammunisie aan Mafeking se swartmense te verskaf om hulself te verdedig teen die komende beleg."
Jan De Kinder se kinderboeke in Afrikaans: ’n resensie
2018-11-14"Albei boeke kan in biblioterapie gebruik word en bydra tot bewusmaking van emosies waarmee baie jong kinders sukkel."
