Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Deur vuur en water deur Karin Combrinck: ’n resensie
2019-01-07"Karin Combrinck se taalgebruik is verfrissend en soos genoem, gee sy baie aandag aan besonderhede. Sy het ook ’n wye verwysingsraamwerk en het deeglik navorsing gedoen."
50 blertse blou deur Blouwillem: ’n FMR-resensie
2019-01-04"In 127 bladsye is 50 koerantrubrieke van Blouwillem versamel. Op elkeen is daar iets waaroor jy spontaan glimlag, grinnik of hardop lag. Gewoonlik vir meer as een situasie of sêding op een bladsy."
Losprys deur Martin Steyn: ’n resensie
2019-01-04"Steyn se boeke getuig van deeglike navorsing en bevat interessante karakters."
Prooi deur Deon Meyer: ’n resensie
2019-01-03"Prooi is klassieke Meyer op sy heel beste – deels Murder on the Orient Express, deels “buddy cop”-verhaal, met genoeg aksie, kwinkslae en intriges om te verseker dat jy die boek in een sitting sal wil verslind."
Video: Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé word bekendgestel
2018-12-20"Charl-Pierre Naudé se Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey is onlangs by Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Louis Esterhuizen het met hom gesels."
Irma Joubert (1947–)
2018-12-20“Ek skryf oor gewone mense wat in moeilike tye liefde vind.” Lees oor Irma Joubert se lewe en werk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die Edik van Nantes-kookboek deur Nataniël en Erik le Roux
2018-12-20LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.
Die daggaboer deur Jean-Pierre de Kock: ’n resensie
2018-12-19"Lennet het intense herinneringe aan sy voormalige geliefde in die stad, Cecilia. Dit verryk die storie en werp lig op Lennet se verliese en hunkeringe. Ander geheueflitse en staaltjies uit sy jeug word ook vernuftig ingeweef."
The African Library: Forbidden Fruit by Stanley Gazemba
2018-12-19"Gazemba beautifully interweaves the rhythms of rural life with the impulses of individuals’ emotions. The lives he evokes are rich in feeling and the narrative voice, however compassionate, describes the poor without condescension or pity."
Wat het geword van Dinsdag? deur Tinus Horn: ’n resensie
2018-12-18"Alles in ag genome, is die roman ’n aangename leeservaring – soms kompleks, maar nie ontoeganklik nie; deurgaans met die tong stewig in die kies, maar met enkele donker skaduwees."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé
2018-12-18LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.
Die Afrikaans van die Kaapse Moslems (Achmat Davids): Bekendstellingstoespraak
2018-12-18Op Saterdag 15 Desember 2018 het die bekendstelling van die Afrikaanse verwerking van Achmat Davids se boek, The Afrikaans of the Cape Muslims by die Historium Trust funksie- en konferensiesentrum in Paarl plaasgevind. Die boekbekendstelling is deur Die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), tesame met die Afrikaanse Taalmuseum se slawedagviering, aangebied. Lees hier Hein Willemse se bekendstellingstoespraak van die boek.
Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2018-12-14"Die troebel tyd van Ingrid Winterbach is ’n meesterlike roman."
Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN): ’n onderhoud met Wyno Simes
2018-12-13Wyno Simes is onlangs as die nuwe kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) aangewys. Menán van Heerden het met Wyno gesels om meer oor die geskiedenis, literêre erfenis, dienste en oogmerke van NALN uit te vind.
Namibiese verhale: Die keiservoël oor Namaland en Die vertes in
2018-12-12"Wat tyd- en ruimte-aanbieding sowel as tema betref, gaan die verhaalgebeure in albei werke oor die lot van die inwoners van Duits-Suidwes-Afrika gedurende 1905."
Poacher by Shuhood Abader and Kimon de Greef: a book review
2018-12-12"The book exposes the inner workings of the poaching industry, laying bare the social structures that support the communities and people who participate."
Die generaal deur Hans Pienaar: ’n resensie
2018-12-12"Johan oorleef, nerfaf en ontnugter, maar met sy humorsin en sensitiwiteit intak. Dit speel op die grens, in kuierplekke, slaapkamers en sitkamers af, maar dis in werklikheid ’n reis na binne en stel pertinente vrae oor mag, individualiteit, kreatiwiteit en identiteit."
Die braambos bly brand, saamgestel deur Pieter Malan en Chris Jones: vars uitkyk van nie-teoloë
2018-12-11"Wat vir my opvallend met die lees van Braambos is, is hoe min 'aggressiewe ateïsme' daar tussen die blaaie van hierdie boek te vinde is. Die samestellers Pieter Malan en Chris Jones verdien ’n pluimpie vir die produk wat hul aanbied: dis kraakvars en propvol."
Weerklink van ’n wanklank: ’n onderhoud met Pieter-Dirk Uys
2018-12-11"‘Moenie dat hulle jou bangmaak nie, maak hulle belaglik.’ Daardie woorde het my lewe verander. Lag vir jou vrees en maak dit minder vreeslik. En dít is wat humor vir my beteken."
Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis deur Gustaf Pienaar: ’n resensie
2018-12-06"Pienaar het die wysgeer oor die reg vir die sg volk daar buite geword. Hy skryf met ’n liefde vir Afrikaans en die wye belangstelling van die weetgierige joernalis wat hy net sowel kon geword het as hy nie die regsberoep as loopbaan gekies het nie."
