Verskeie boekbekendstellings word binnekort by NALN* aangebied
(Bywoning is gratis.)
Halley se komeet (Wenkbrou) deur Hannes Barnard op Woensdag, 4 September 2019, om 18:00 by NALN. Corneli van den Berg gesels met Hannes. RSVP by lochlogan@exclusivebooks.co.za òf 051 406 7560
Voorspraak (Naledi) deur Hendrik Botha (Ingrid Jonker-prys benoemde vir sy eerste digbundel, Atropos) op Donderdag, 12 September 2019, om 18:00 by NALN. Gilbert Gibson gesels met Hendrik. RSVP by lochlogan@exclusivebooks.co.za òf 051 406 7560
Zola (Penguin) deur Johan Jack Smith op Donderdag, 19 September 2019, 18:00 by NALN. Charles Smit gesels met Johan. RSVP by lochlogan@exclusivebooks.co.za òf 051 406 7560 
Tronkhond (Protea Boeke) deur China Mouton op Donderdag, 3 Oktober 2019, om 18:30 by NALN. RSVP by lochlogan@exclusivebooks.co.za òf 051 406 7560
Sushi en Shosholoza: Rugbyreise en pelgrimstogte in Japan (NB-Uitgewers) deur Erns Grundling, op Woensdag, 23 Oktober 2019, om 18:00 by NALN. RSVP by lochlogan@exclusivebooks.co.za òf 051 406 7560
Nuusmakers: Stories oor mense, nuus en gebeure oor 30 jaar deur Charles Smith, op Donderdag, 21 November 2019, om 18:00 by NALN. RSVP by Aiden.Meyer@media24.com òf 051 404 7875
.........
*Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum is geleë op die h/v Pres. Brand- en Miriam Makebastraat, Bloemfontein.
- Kontak NALN: tel. 051-405 4711 òf naln@sacr.fs.gov.za
- Facebook-blad: https://www.facebook.com/vriendevannaln?fref=ts
.........
Besoek gerus die Vriende van NALN-vereniging se Boekemark in die pragtige Ketelkelder op Maandagoggende of per afspraak, asook op Saterdagoggend, 14 September 2019, vanaf 8:30 – 12:30.
Nooi asseblief u vriende om aan te sluit by die Vriende van NALN-vereniging vir 2019 en lewer ’n aktiewe bydrae as gewone lid, student of instansie, of hernu gerus u lidmaatskap.
Die lidmaatskapvorm en grondwet is hier beskikbaar:
- NALN se webwerf: www.fssacr.gov.za/naln (punt 10)
- Of, stuur ’n boodskap aan vriendevannaln@gmail.com en ontvang dié twee dokumente.
Skakel gerus in by die Vriende van NALN se Facebook-blad.




