Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Gert en Joey: Nuwe lig op ’n raaisel van dertig jaar deur Pieter van Zyl: ’n lesersindruk
2018-11-15"Van Zyl se boek het my vir die eerste keer op omvattende wyse aan die tragiese gebeure van die verdwyning van die jong kinders blootgestel."
Die opkoms en val van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen: Bekendstelling in Wellington
2018-11-15Jy word vriendelik uitgenooi na die bekendstelling van Die opkoms en val van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen op 22 November by Die Bôrdinghuis in Wellington. Aangebied deur die Breytenbach Boekklub.
Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé: Bekendstelling in Stellenbosch
2018-11-15Jy word vriendelik uitgenooi na die bekendstelling van Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé op 1 Desember by Protea Boekwinkel in Stellenbosch. Louis Esterhuizen sal met hom gesels.
Video: Brugbouers deur Rudi Buys word bekendgestel
2018-11-14"Rudi Buys se Brugbouers: Die Reitz-video en die pad na versoening is onlangs by Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Willie Esterhuyse het met hom gesels."
Armand Aucamp en Du Toitskloof kook kaal
2018-11-14Op 9 November 2018 is Armand Aucamp se kookboek aan die pers bekendgestel. Armand het smuldisse gekook en Ed Beukes het van Du Toitskloof se pryswennerwyne saam met elke dis geskink. Dit was ’n smaaksensasie.
Bywoner dra by tot plaasromangenre
2018-11-14"Bywoner se vernaamste tema is familie en famileverwantskappe."
Sol Plaatje: A life of Solomon Tshekisho Plaatje, 1876‒1932 deur Brian Willan: ’n resensie
2018-11-14"Die boek is propvol anekdotes, soos die een oor die 23-jarige Plaatje wat sy deel bygedra het om die koloniale Kaapse owerheid sover te kry om ammunisie aan Mafeking se swartmense te verskaf om hulself te verdedig teen die komende beleg."
Jan De Kinder se kinderboeke in Afrikaans: ’n resensie
2018-11-14"Albei boeke kan in biblioterapie gebruik word en bydra tot bewusmaking van emosies waarmee baie jong kinders sukkel."
Huppelkind deur WO Kühne: ’n resensie
2018-11-14"Anders as die geval met moderne tekste waar nooit oorverduidelik word nie, skryf Kühne, 'sy pet is nat en sy baard is nat. Sy trui is nat en sy broek is nat.' Huppel en ander karakters se aksies word ook meestal drie keer herhaal."
Liefdegroete, Grootseun: Kronieke van ’n dominee deur Barend Vos: ’n lesersindruk
2018-11-14"Wat veral vir my waardevol is, is die feit dat Vos met hierdie briewe iets van die platteland, wat besig is om verby te gaan, dokumenteer ‒ die gemeenskap en ouer gemeentelede, en die sentrale rol wat die kerk in hulle lewens speel."
Die Afrikaans van die Kaapse Moslems deur Achmat Davids: boekbekendstelling
2018-11-09"Die boek bestaan nou uit 80 bladsye en sal gratis beskikbaar wees by die SBA."
Persverklaring: Die nuwe Afrikaanse prosaboek
2018-11-08Human & Rousseau, druknaam van NB-Uitgewers, beplan om Oktober 2019 ’n splinternuwe kortverhaalbloemlesing uit te gee, getiteld Die nuwe Afrikaanse prosaboek.
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Wit terroriste deur Albert Blake
2018-11-08LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Wit terroriste deur Albert Blake, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey: ’n onderhoud met Charl-Pierre Naudé
2018-11-08"En dís waaroor die boek in die eerste plek handel: die onwaarskynlike gebeurtenis wanneer die moontlikhede naas die aanvaarde werklikheid as alternatiewe werklikhede sigbaar begin word, en selfs by hulle oorneem."
Oor grense: ’n Lewe in die media in ’n tyd van verandering – ’n resensie
2018-11-07"Totdat hy nie net ’n goeie sportverslaggewer nie, maar ook ’n vertroude politieke joernalis, ’n leidinggewende redakteur en uiteindelik, heeltemal tot sy eie verbasing, die skakel tot die ontstaan van een van die wêreld se groot mediahuise (ja, dit is so!) sou word."
Frankfurtse Boekebeurs ’n barometer vir tendense in die boekbedryf
2018-11-07"Die Frankfurtse Boekebeurs, wat vanjaar sy 70ste bestaansjaar vier, is die grootste en oudste van sy soort, met ongeveer 7 500 tentoonstellers van oor ’n honderd lande wat daaraan deelneem."
Foto's: Bekendstelling van 50 blertse blou deur Blouwillem
2018-11-07"50 blertse blou is onlangs by Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Johan Bakkes het met Blouwillem gesels. Hier is 'n paar foto's van die geleentheid."
Boeke vir leeskringe: NB-Uitgewers se keuse vir 2019
2018-11-07Leeskringe is op die oomblik besig met hul jaarbeplanning vir 2019 en LitNet het by uitgewers gehoor watter van hul boeke hulle spesifiek aanbeveel vir leeskringbesprekings. Hier is NB-Uitgewers se voorstelle.
Prooi deur Deon Meyer: ’n lesersindruk
2018-11-07"Wat ’n vreugde was dit darem nie om weer ’n boek van Deon Meyer te lees nie!"
Fotostaatmasjien Oorgeklank: ’n onderhoud
2018-11-07"Die siftingsproses wat die gedigte aanbetref, het toe eintlik baie vinnig gebeur. Ons het binne die eerste paar maande ’n hele paar oorspronklike toonsettings gedoen en ook die liedjies waarna Bibi direk in haar gedigte verwys, op ons manier geïnterpreteer."
